Ralph Badenhorst wrote:Johan van Wyk wrote:Ekonomies-gesproke verstaan ek heeltemal waar julle vandaan kom om monoblocks te gebruik in plaas van chopper lumps. Ek kan egter net noem dat enigiemand wat vandag dubbel gewere met monoblocks in Engeland probeer vervaardig en verkoop, uit besigheid sal wees nog voor hy begin het. Die mark vir top-kwaliteit dubbel gewere laat dit net nie toe nie en dit word beskou as iets wat in die haelgeweer mark behoort te bly.
Korrek! Soos jy self se , niemand in SA het die geld om R250 000 tot R 600 000 vir n Dubbel te betaal nie. Kom loer die dubbels gerus by HUNTEX, ek verseker jou hulle ons werk is "Top-Kwaliteit" en nie sommer n gemodifiede haelgeweer nie.
Groete
Ralph
Ralph, dis nie heeltemal wat ek bedoel het nie maar net soos jy het ek nie tyd of krag vir hare kloof nie. Ek kan jou die absolute versekering gee dat die handel in duur tweedehandse vuurwapens tans in hierdie land meer lewendig is as ooit vantevore. Die handjievol handelaars wat in daardie tipe van wapens spesialiseer het nie websites nie en adverteer nerens nie maar die aanvraag na iets soos goeie Engelse gewere en haelgewere en ongemolesteerde Mausers is tans groter as ooit en oorskry die aanbod met `n paar duisend present.
Die hoofrede hiervoor is dat die prysverskil tussen nuut en tweedehands nog nooit groter was as nou nie en iets soos `n best-quality Britse dubbel (tipies iets soos `n sidelock met mooi gravering, mooi hout, chopper lump lope van die korrekte lengte wat nie te veel "cordite burn" het nie, regte gewig vir die kaliber, Southgate ejectors, en dalk selfs `n kas) is `n warmer item op die oomblik as onwettige dwelms en ook `n AANSIENLIKE beter belegging in ons land as geld in die bank.
Heelwat van my pelle jag gereeld die groot goed met hulle ou dubbels en ek moes al `n hele paar keer uithelp om die ou roere aan die skiet te kry. In die proses leer mens nogal baie van hoe hulle werk en waarvan hulle hou, aldan nie. In die opsig is ek nogal bevoorreg want baie min mense kry die kans om gereeld met goeie Britse gewere te skiet en vir hulle te herlaai.
Vir julle, net soos vir enigiemand anders wat in die bedryf van gewere bou is, sal die mark oor die langtermyn die gemene deeler wees. Dis harde woorde maar dis ongelukkig net hoe dit is en mens kan dit sien deur na die veilingsuitslae van Holt's en Bohams te loer. Sekere goed verkoop en sekere goed glad nie.
Dis prysingswaardig om dubbel gewere teen (relatief) bekostigbare pryse te bemark. Ek hoop julle ster hou aan skyn in die verband.