Jakkalse op hitte

Post Reply
User avatar
Abrie Smit
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 90
Joined: Tue Oct 08, 2013 8:34 am

Jakkalse op hitte

Post by Abrie Smit »

Ons het gisteraand 'n snaakse ding opgemerk. Ons jakkalse gaan roep.'n Groot reun en teef kom toe in. Ek kon eer skietkans kry op sowat 30-35 meter. Die jakkalse het teen 'n moerse spoed ingekom, maar toe ek die lig op hulle oopdraai op 30 meter het die teef vasgesteek. Die reun was glad nie met ons gepla nie, hy het net ogies gehad vir die teef. Hy het geflikfooi soos net 'n reun kan. Hy het ook met sy rug na my gestaan toe ek hom afstof. Die teef het in 'n ruigte ingegaan maar kon haar darem later onder skoot kry. Kon egter nie die lyk opspoor nie. Vanmore met een van die ander jagters hier na Koës, Namibia se kant toe gepraat. Hy sê dat hy dieselfde opgemerk het. Ook 'n groot teef en reun gisteraand geskiet. Toe hy die teef oopsny, kon jy duidelik sien dat sy op hitte is. Het nog van julle dit dalk al opgemerk? Sal dit toevallig wees of skuif die siklusse dalk. Laat weet wat julle dink.

Mooi dag
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Jakkalse op hitte

Post by pieter h »

Hallo Abrie.Dinsdagaand reun en teef geskiet by bure.My eerste reaksie toe ek haar sien was dat sy dragtig lyk.Het haar egter nie oopgesny om te kyk nie.
User avatar
hebron
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm

Re: Jakkalse op hitte

Post by hebron »

Niks is onmoontlik nie, het laasjaar 26 Februarie n 2 jaar oue teef geskiet wat reeds klein dragtig was.
Ek sal reken die goed wat so vroeg op hitte kom is die jakke wat laasjaar nog te jonk was om te paar.
User avatar
roux cf
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm

Re: Jakkalse op hitte

Post by roux cf »

Daar is beslis jakkalstewe wat vroeër op hitte kom.

Ek weet van 2-3 weke oue kleintjies wat in middel Junie 2013 en 2012 gekry is.

Groete,
CF
Post Reply