Help asb, ek wil net weet of ek die konsep reg verstaan.
Sê nou my geweer se maks druk is 60000psi en volgens Somchem
se boekie is my maks spoed met 'n 140gr koeel 2800fps.
Beteken dit as ek met 'n 140gr koeel (behalwe ou Barnes X) 2800fps kry
dan is ek nog veilig? Ek gaan miskien minder kruit in die een en meer
kruit is die ander gebruik, meer jump in die een en minder in die ander. En
as jy die koeel gaan jam in die loop gaan jy natuurlik meer druk kry.
Spoed en druk?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Spoed en druk?
Jy het nou die vrae omtrent aanmekaar geryg. Kom ek probeer.
1.) Spoed is 'n beter riglyn vir druk as plat slagdoppies of slot wat moeilik oopmaak. As jy onder Somchem se maks spoed bly behoort jy veilig te wees. Let net op die looplengtes.
2.) Verskillende kombinasies van TPL en ladings sal verskillende drukke gee met ander komponente - koeëls, gewig en dop.
3.) Koeël in die lande moet jy voor kompenseer - nie eers weg van die lande wees en dan die TPL verleng nie.
4.) Akkurate nodes is nie noodwendig by maks druk nie. Dit is die uitsondering, so jou spoed moet dan laer wees met gepaardgaande laer druk.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Spoed en druk?
Baie dankie - die was die belangrikste een vir my. Ek is maar bang gat - ek hang gewoonliktripodmvr wrote: 1.) Spoed is 'n beter riglyn vir druk as plat slagdoppies of slot wat moeilik oopmaak. As jy onder Somchem se maks spoed bly behoort jy veilig te wees. Let net op die looplengtes.
maar by die stadiger node rond. Maar na die groepe wat ek met met die Speer koeels
geskiet het sou dit net hartseer gewees het om aan dit te moet verander.