Hallo almal
Ons het twee jaar terug vir ons 'n jack russel reuntjie gekry, toe 'n jaar daarna 'n tefie. Die reun is gekoop by 'n vriend van my en is 'n pragtige hond, die tefie by 'n plaaslike boer. Nouja, ek gaan nou 'n ding se wat dalk baie verskillende opinies gaan ontlok, maar ek dog ek vra maar op die forum, dis waar ek deesdae elke liewe antwoord op al my vrae kry...
Die reuntjie ry van kleins af saam my veld toe en is soos enige jack russel mal oor jag. Vele muise het al in die veld onder sy slagtande deurgeloop en 'n haas moet sommer pak om voor te bly as hy saam my in die veld stap. Ek hou nie daarvan as hy 'n haas vang nie, so roep hom terug sodra hy so bietjie gehol het. Deesdae het hy 'n baie gevaarlike nuk gekry. . . . . Hy het al meer as 3 lammers om die huis gevang. . . Ja meeste van ons is boere en weet wat die skade van veeverliese is en Pa se eerste reaksie was ook "Ek gaan die $%%# hond vrek skiet!!!" maar is daar nie 'n manier wat ek dit kan probeer stopsit nie, of waar het ek verkeerd gegaan met my hond se opleiding??? Hier is mos baie mense wat jackrussels gebruik as jaghonde, kan hulle my nie asb help nie?
Ek sal enige bydraes waardeer voor dit te laat is.
Ponkie
Jack russel probleme
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Jack russel probleme
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
tafjak
Re: Jack russel probleme
Ponkie
Laai hom agter op die bakie met 2 bokramme. Sorg dat hy nie kan ontsnap nie en ry so draai.
Hulle(russels) het gewoonlik 'n wil van hul eie en dit is moeilik om die nuk uit hom te kry. As die draai op die bakkie nie help nie, gaan niks help nie. Die draai moet so wees dat jy amper die hond moet veearts toe vat.

- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Jack russel probleme
Ponkie
Soos Taffie se..................
Hulle leer maklik n verkeerde gewoonte aan, ma om hom af te leer, sukkel maar.
Krummel het ook die gewoonte gehad om skaap te jaag, nog nooit doodgebyt nie, maar te jaag en aan die voorbeen te byt so in die handloop, dan help raas en skree niks, het hom ook dan omper vrek geslaan, maar as hy weer afspring, jaag hy ma net weer.
Toe kry ek van die amerikaanse shock collars, dis soos n protter wat aan n halsband om sy nek kom, en jy het n remote inni hand. Die ding het baie settings maar hy choke n moerse hou op sy sterkse verstelling.........die dag inni kraal, toe hy die eerste skaap bevlieg en byt, choke ek hom dat hy skree, hy vlieg da om en kom sit tussen my voete, heel verbaas, was nog nodig om dit so 2-3 keer te doen, nu werk Krummel saam skaap sonder om hulle te byt, in die kraal, agterop die cruiser, orals, as ek sien hy wil weer geniepsig raak, is n vermaning nu genoeg om hom terug te roep.
Die goete is ma duur, so amper R 3000, ma ek dink uit en uit die moeite werd, myne werk tot 800 yards, en jy kan twee halsbande van dieselle remote af werk. Paar tips, moet nooit dat jou hond die halsband met die seerkry bymekaarsit nie, dan is hy gehoorsaam net as hy hom aan het. Sit die halsband aan vir n paar uur, sommer sonder om die protter aan te sit, speel met hom terwyl hy die halsband aan het. Moet ook nie dat hy jou met die seerkry bymekaarsit nie, dan raak hy vi jou bang, en dit wil ons nie he nie, ek hou die remote sommer net in my broek of baadjie sak, moet hom ook nie onnodig shock nie, hy moet die shock met die verkeerde handeling assosieer.
Ek het gekyk na modelle wat plaaslik beskikbaar was, maar het myne by Cabelas bestel, plaaslike modelle het kort reik afstand gehad, ook net een coller per remote en het steeds R2000 gekos.
Hier is klomp honde manne oppi forum, hulle moet ook raad gee. Mens raak sooo geheg aan die kortbeen mannetjies en hulle groot harte dat jy hom nie net sommer kan totniet maak nie.
Mooi loop
Francois

Oom Taffie en Francois
Baie dankie vir die raad. Ek dink die naweek sal ek vir Rassie bietjie agterop laai saam 2 boerbokramme, my pa het ongelukkig wraak gesweer teenoor 'n angora nadat hulle hom amper bankrot gehad het met 98/99 se koue! Ja ek wil ook nie graag vir ou rassie tot niet maak nie. Die braakie het nou my in die huis as sy baas gevat en hulle klim gou in 'n man se hart in.
Ps. Oom Taffie, ek sien dis 11h15 en Oom is online, skram oom bietjie vir die koue? Pa het laatweet dat die karoo weer vandag op sy beste koud is!
Dankie vir die raad en ek hoop Ooms's soos Greyhound en ander manne met honde gee ook 'n inset.
Ponkie
Baie dankie vir die raad. Ek dink die naweek sal ek vir Rassie bietjie agterop laai saam 2 boerbokramme, my pa het ongelukkig wraak gesweer teenoor 'n angora nadat hulle hom amper bankrot gehad het met 98/99 se koue! Ja ek wil ook nie graag vir ou rassie tot niet maak nie. Die braakie het nou my in die huis as sy baas gevat en hulle klim gou in 'n man se hart in.
Ps. Oom Taffie, ek sien dis 11h15 en Oom is online, skram oom bietjie vir die koue? Pa het laatweet dat die karoo weer vandag op sy beste koud is!
Dankie vir die raad en ek hoop Ooms's soos Greyhound en ander manne met honde gee ook 'n inset.
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Jack russel probleme
Ponkie het jy toe al met die jack russel n draai gaan ry? Groetnis
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Jack russel probleme
SJ
Nee ek kon ngog nie, was die week nog te besig met draad maak en sulke dinge! Sal hom bietjie laat les opse sodra ek tyd kry!
Nee ek kon ngog nie, was die week nog te besig met draad maak en sulke dinge! Sal hom bietjie laat les opse sodra ek tyd kry!
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Jack russel probleme
Hallo Ponkie!
Jy toe vir ou Rassie uitgesort gekry?? Weet dis nou al lank ma eks nuuskierig man! Of het oom Ponkie hom n loodpilletjie ingegee? (n Blerrie hond wat skaapvang kry mos nie ent nie)
Groete
Stefan

.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Jack russel probleme
Stefan
Ou Rassie het toe so maand terug maar by die DBV opgeeindig. Ma wou nie toelaat dat hy 'n loodpil kry nie, so heel moontlik le die ou nou erens in George in 'n backyard in die son! haha! Hy het egter die tefie gedek gehad voordat hy weg is, sy het verlede week 'n werpsel van 5 gekry. Gaan dalk een van die tefies hou sodat ons weer 2 honde het.