Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek soek nou 'n woef om te loop fetch wat geskiet is, hy moet die skoot kan plaas en gaan loop soek.
Ek skiet jakkals 3-4 keer 'n maand, sal dit genoegsame tyd in die veld vir hom wees??Gaan hy dit wat jy hom leer onthou as hy dit nie elke dag doen nie??
Ek het maar gedag ek sal die hond eers moet gewoond maak aan die skoot knal, dan maar saam met my loop soek en as hy vind, hom belonings gee..
Dan ook sommer daai jakkals later in die aand weer en weer wegsteek en hom so leer.
Is ek mal? Saal ek 'n wille perd op??
Nou die vraag, watse hond??
Kan by my swaer wakker Jack Russels kry, sit nou self met 'n trop 3 dae oue Border Collies.
Ek luister graag na julle etiese, positiewe insette...
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Cobus. Ek sal se n JR. Verkieslik n tefie. Meer gehoorsaam as n reun. Ry haar saam in die aand van 10 weke af. Vat haar bersie saam dat sy op hom le in die bakkie. As jy die jakkie geskiet het, laat sy eers net saam loop. Se dan soek as jy daar naby kom. Hulle leer gou en sal later op haar eie soek as jy geskiet het en haar die opdrag gee. Voorspoed. Katjak
Cobus, ek het so n bietjie ondervinding met "gundogs" wat voels vir jou gaan haal, so ek sal vir jou n paar idees los waaraan jy kan dink.
Ek is seker daar is manne op die forum wat vir jou meer kan vertel.
Die tipe hond is natuurlik belangrik afhangende wat jy verwag van die hond.
Jy het gese jy wil he dat, die hond die jakkals moet gaan haal, ek is nie seker of jy bedoel fisies gaan haal, wat beteken optel en vir jou bring, of net die jakkals opspoor.
Net sekere tipe honde sal aan die geweer se knal gewoond raak, meeste nie.
Om die hond op te lei om vir jakkals te soek is die makliker gedeelte.
Wat vir ons baie goed gewerk het, is om die voel se vlerk, of in jou geval, n jakkals se stert te vat en met die hond begin speel.
Gooi die stert en laat die hond "fetch" en vir jou bring. So begin hy nou assosieer met die jakkals reuk.
Natuurlik, die baie belangrike deel soos jy genoem het, is om ten alle tye die hond te beloon.
Wees bedag daarop om nooit die hond uit te skel as hy dit nie reg doen nie, jy kan hom baie maklik lewenslank n geestelike letsel gee, veral met slim honde.
Gebruik baie geduld en dink aan n manier hoe om vir die hond te verduidelik wat jy wil he.
Gebruik die woord jakkals, wanneer jy met die jak se stert werk, dan kan die hond 2 en 2 bymekaar sit. Ek bedoel, die woord jakkals en die jakkals stert se reuk.
Sodra die hond lekker gewoont geraak het aan die jakkals reuk en die "fetch" speletjie, dan kan jy begin die stert weg steek sodat hy dit moet soek. Aan die begin sal jy saam met die hond moet soek om hom sodoende te lei na die plek waar jy die stert weg gesteek het, sodoende sal hy die idee begin kry wat soek jakkals beteken.
As die hond begin suksesvol raak met die soek van die jakkals stert, moet jy die stert stadigaan begin verder weg steek, sodat hy harder moet werk om dit te kry.
Nog n tip is om met jou hand in die rigting te wys waar die hond moet soek. Jy sal verbaas wees hoe gou n hond die soek rigting kan bepaal as hy gewoont geraak het aan jou hand syne. Jy moet onthou dat n dier lees jou "body language" net soos die woorde wat jy gebruik.
Ek voel die meeste honde se probleem le by die eienaar as hulle nie perform nie.
Ek vermoed die hond gaan sukkel om die rigting te bepaal waarin jy skiet in die nag omdat daar nie baie visueele stimilasie in die nag is nie.
Ek dink die bogenoemde sal jou op die regte pad kry.
Cobb
Die manne gee jou goeie raad. Geduld is die antwoord. Asook die regte honde ras wat nie gun shy is nie. Maar as jy dit reg doen is die belonong groot.
Beretta
JR en tuinslang pantoffels en enige iets wat rondle eish maar jy het nie 'n kat nodig nie geen muis of rot probleem nie ek dink hulle is slimmer as baie van ons landgenote
Dankie manne, goeie tips..Ek het vergeet van die jakkals stert as speelding..
Sal Border Collie die ding kan doen??Hier by ons is hulle wild en wakker tov bal soek en vang..weet nie of jy dit kan deurtrek veld toe nie??
Hulle is egter bietjie pissig as dit kom by selfs windbuks se knal.
Ps, dit sal wees vir opspoor, nie terugsleep nie.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Cobus, met die tiepe hond kan ek nie eintlik vir jou raad gee nie.
As "gundogs" het ons Golden retriever, Labrador en Spaniels gebruik.
Ek reken as jy n Border collie of jack russel kan gewoont kry aan die geweer, sal hulle baie goed vir jou werk, omdat hulle het baie uithou vermoe, en sal nie gou moeg raak van soek nie.
Gaan 'n hond fisies in staat wees om 'n jakkals op te tel en in te bring? Dit gaan proporsioneel 'n hond moet wees wat heelwat groter is as die gemiddelde jakkals, om effektief die jakkals op te tel en terug te bring, vermoed ek. Ek voorsien geen probleem om 'n jakkals op te spoor en uit te wys nie. Ek hoor graag ander se mening ook.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Cobus, dit sal afhang van hond tot hond! Ek het 'n BC by die huis wat amper 'n hartaanval kry as ek met 'n pcp skiet en my pa se BC, uit dieselfde werpsel, loop saam met my as ek duiwe skiet met haelgeweer en is glad nie gepla met die knal van die skoot nie.....
Ek skiet kd, en woef sal in bakkie wees,dalk sal dit bietjie help...lang hare in die veld sal dalk 'n probleem wees met Border Collie.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Ek gebruik nou al 'n hele paar jaar 'n hond om my soekwerk te doen, en dit werk. Jy moet net onthou dat op een of ander stadium gaan jy 'n kat of groot jakals wond, en jou hond sal hom moet kan baas raak, sonder om jou geld te kos, of begrafnis te hou nie. Maak wat jy wil, jy sal in elkgeval moet saam met hom loop, so die soek rigting is nie 'n kwessie nie. Wat die opleiding betref, solank jy dit altyd vir hom pret maak, lei hy homself op, en onthou om nooit te slaan nie, as hy fout maak, is hy nog besig om te leer, of die fout is eintlik joune.
As ek jou een tip kan gee, kry 'n harnas vir die hond, en plak hom vol "reflective tape" sodat jy hom kan volg met 'n flits. Moennie vra hoekom nie, maar as hy begin werk sal jy kom dankie sê.
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Grootraam langbeen foxterrier. Meer gehoorsaam as JR, beweeg beter oor bossies, spoed, en kan n stewige kat moer gee! As jy sou belang stel, vriend van my het nou weer n jongspan. Sal jou nou foto stuur van hoe hulle lyk. Gebruik my foxie saam met 1 RedTick vir varke ook- daai goedjies is hard en werk n kliphou!
Hier is my wirehair terriers wat ek gebruik vir spoorsny.Hul is klip harregat as dit kom by jakkalse.My reun is bietjie te hoog op die been om effektief in n gat te werk maar my tefie gaan haal hul in die gate uit.Sy het ook weer kleintjies en ek gaan wou weer een terughou vir n spoorhond maar ek is te besig nou met n 4maande oue English pointer
idiaal is om hul saam n ander geleerde hond te laat werk.hul tel baie vinnig op wat van hul verwag word.N spoorhond werk eers werklik goed vanaf 2 jaar as sy spelerigheid bedaar het.Leer hom net dissipline vir die eerste jaar en maak gewoond aan die veldreuke.Die spoorsny kom vanself as jy n goeie bloedlyn gekies het.
N friend van my het honde opgelei vie die Amerikaners om drugs en plofstof uit te ruik.Hy het my vertel dat n hond wat van kleins af met n bal of iets speel as jy dit vir hom gooi kan geleer word en dit is hoe hulle weet of n hond geleer kan word of nie.
Ek stem saam met henning dat die hond van kleins af saam met jou moet gaan sodat hy gewoond kan raak aan die jakkals se reuk en sal dan agterkom wat jy wil he moet hy doen.
Die plaas waar ek gaan jag gebruik JR om spoor te vat en hulle kry daai bokke baie vinnig.Daai hond kan nie wag dat sy baas vir hom se hy kan nou gaan soek nie.Die hond word vergoed deur die bok n bietjie te kan byt en die PH prys dan ook die hond.
RUPERT wrote:N friend van my het honde opgelei vie die Amerikaners om drugs en plofstof uit te ruik. Hy het my vertel dat n hond wat van kleins af met n bal of iets speel as jy dit vir hom gooi kan geleer word en dit is hoe hulle weet of n hond geleer kan word of nie.
Ek stem saam met henning dat die hond van kleins af saam met jou moet gaan sodat hy gewoond kan raak aan die jakkals se reuk en sal dan agterkom wat jy wil he moet hy doen.
Die plaas waar ek gaan jag gebruik JR om spoor te vat en hulle kry daai bokke baie vinnig.Daai hond kan nie wag dat sy baas vir hom se hy kan nou gaan soek nie.Die hond word vergoed deur die bok n bietjie te kan byt en die PH prys dan ook die hond.
Daai is een van die waardevolste hulpmiddels om honde op te lei wat betref die gebruik van hulle reuksintuie. Dit word genoem apportering en maak gebruik van spel en positiewe insette op hul prestasie. Word gebruik vir Spoorsny, opspoor en uitwys van enige van die volgende: dwelms, springstof, diere produkte, landmyne.... so gaan die lys aan.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Ek mag verkeerd wees maar n border collie is n herding dog. Ek ken n ou wie se gsp n jakkie gaan haal wat geskiet is. Maar n voel maak hulle koppe dom. Ball drive help baie met die opleiding van honde.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Nee maar ek weet sy honde is ook baie goed.My tefie het ek by Heinrich(Jaracal) gekry en die reun kom van Aliwal Noord af.Ek dink ek is maar baie bevooroordeeld oor hul maar ek het nog nie n dom Whire hair gesien nie.Hul is ook baie oulik as hul saam kinders grootword.
Naand Almal
Ek geniet dit baie om die raat oor opleiding van jaghonde op die forum te volg. Ek wil graag met julle n probleem deel wat ek n tydjie gelede ondervind het en reken by die gesprek pas. Soos heelwat ander manne het ek ook die idee gekry om n hond saam te vat om die jakkalse te gaan haal en terug te bring bakkie toe na ek hom geskiet het. Ek het besluit om n windhond reun (Crunchie) wat heelwat ondervinding het met nagjag vir die doel in te span. Na so ongeveer die derde jakkals wat ek geskiet het het hy begin snap wat van hom verwag word en het na die skoot geklap het sonder enige aanmoediging van sy le plek af opgespring en na die skietlig se kol toe gehardloop om die jakkals te gaan haal. Wanneer hy hom kry gryp hy die jakkie en byt en skud hom so bietjie net om dood seker te maak sy laaste asem is uit waarna hy hom bring en op die bakkie laai. Ek was heel beindruk met my nuwe jagmaat en het ons vir n paar maande lekker saam gejag. Maar soos die spreekwoord se alle goeie dinge kom tot n einde. Die eerste probleem het opgeduik toe n jakkalspaar besluit om saam ondersoek te kom instel na die hasie wat so benoud skree.Toe die skoot klap en die teef val spring Crunchie ouder gewoonte van die bakkie af om sy deel te doen .Van n tweede skoot was daar dus nie sprake nie en het ek die lig wat op my teleskoop gemonteer is op die reun wat kortom geswaai en windaf begin hardloop het probeer hou . Gelukkig het Crunchie hom platgeloop en na n kort skermutseling op die bakkie gelaai. Die teef moes ek maar self gaan haal . Daarna het dit weer n tydjie goed gegaan tot die volgende probleem begin kop uitsteek het. So nou en dan gebeur dit dat n jakkie op n galop inkom en eers so n paar tree voor die voeruig handrem trek na jy hom herhaaldelik sonder sukses met n Nja Nja geluid probeer briek het en al wat werk is om die skiet lig se dimmer op vol sterkte te draai. Dit was tydens so n geval wat Crunchie besluit het om op te kyk van waar hy kop tussen die bene gele het en die jakkals gewaar. Hy is met n groot vaart van die bakkie af op die jakkals afpeil . Met die beweging wat hy met die opvlie slag verooraak het is my kruishare van die jakkie af en toe ek hulle weer opgelyn kry is ek net betyds om te sien hoe die jakkals probeer kromrug maak en tanne wys vir die gevaarte wat so onverhoeds op hom afpeil.Alhoewel die episode goed geeindig het was die nagevolge minder lekker.Soos dit n intelligente hond betaam was die een keer genoeg om Crunchie te laat besef as ek na n lang ruk se stil in die rondte draai op die skiet stoel n geluid maak of die lig begin helder stel is daar n jakkals naby en is hy reeds uit die blokke uit voor ek n skoot kan inkry. Dis soos die engelse se n catch 22 situasie . Raas ek met hom as hy die "gun jump" is dit die laaste sien van die jakkals. Probeer ek n skoot inkry op die jakkals na hy afgespring het is daar n goeie kans dat die koeel en hond mekaar oppad na die jakkie toe gaan ontmoet. Ek het daarom besluit om my en Crunchie se venootskap met die roep -en skiet sessies te beeindig en gaan haal ek deesdae maar weer self die jakkalse en droom oor die goeie lui lekker aande waar ek nie nodig het om rond te loop en soek na n dooie jakkals in die lang gras of die moeite gespaar word om n groot vet jakkie al die pad bakkie toe te dra nie.
Al wat ek kan dink is dat jy Chrunchie slegs op bevel laat retrieve, maw nadat die skoot geklap het moet hy wag totdat jy die bevel gee. Dit is moontlik maar verg baie dissipline en soms leer dmv negatiewe impuls. Laasgenoemde beveel ek nie aan nie. Wat ek doen met my GSP is die volgende: Vir n tyd laat ek n ander persoon die skietwerk doen en ek hanteer net die hond, hy skiet en ek beheer die hond wat die skoot en vallende voël/dier wil opvolg. Ek reageer vinnig en beslissend en stop hom in sy spore. Jy moet sy intensie stop voor hy dit kan uitvoer en hom leer om dit slegs op jou bevel te doen want jy is die baas, hy jag/retrieve vir jou en nie vir homself nie. Beheer daardie deel van sy jaginstink. Dit is hier waar die sit bevel(dissipline) n kritiese rol speel. Jou vermoede is ook reg dat op n dag hardloop hy voor n skoot in wat jy telaat is om te beheer en dis onnodig. Dit gebeur egter.
Die metode werk met n GSP en ek is oortuig dat dit met jou hond ook sal werk. Ek hoop jy verstaan wat ek probeer sê in die kort boodskap. Ek sal nie die jagvennootskap beeindig agv die situasie nie maar dit herstel, die besluit lê by jou en wat jy daaromtrent gaan doen, julle kan op die voorgestelde manier baie jare saam jag.
Sterkte met die opleiding van Chrunchie en geniet dit.
Turfjakkals, soos bo genoem het jou probleem begin toe jy jou hond toegelaat het om te reageer sonder jou bevel. Van die hond kan ons nooit verwag om te kan onderskei wat en wanneer reg of verkeerd is nie. Ons moet dit vir hulle leer.
Ek vermoed daar is nou net een raad en dit sal wees om die hond aan n leiriem vas te maak op die bakkie en hom net los laat wanneer jy dit nodig vind. Wanneer jy hom loslaat moet jy vir die hond n spesefieke bevel gee soos bv, "soek jakkals".
Hopelik sal die hond nie te lank vat om aan te leer dat hy net moet reageer waanneer jy hom so beveel.
Ek is seker julle sal binnekort weer lekker saamwerk.
Rommel wrote:Grootraam langbeen foxterrier. Meer gehoorsaam as JR, beweeg beter oor bossies, spoed, en kan n stewige kat moer gee! As jy sou belang stel, vriend van my het nou weer n jongspan. Sal jou nou foto stuur van hoe hulle lyk. Gebruik my foxie saam met 1 RedTick vir varke ook- daai goedjies is hard en werk n kliphou!
hallo
Het jou pel nog jonges??foto asb...waars jou pal in die land??
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)