Springbokjag met Chopper

Enige stories/navrae ens ivm nag oes/skiet
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Springbokjag met Chopper

Post by Stefan764 »

Middag maats

Wil bietjie hoor of weet julle van die groepie manne, Vasvat Skietspan, wat Springbok met n Chopper skiet?

Die ouens se hulle skiet so 50 000 bokke n seisoen vir n abbatoir en hulle voer alles uit. Skiet met n haelgeweer en hulle se (en jy kan dit op die video sien) hulle probeer net kopskote skiet. Ek neem aan so nou en dan glip een, maar nou ja...

Hier is die link, laat weet wat julle manne dink!

http://www.youtube.com/watch?v=4mZcaKGUTPc&feature=related

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 866
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Wielie Waps »

Vasvat is 'n forum lid - sy naam is Jeff
Geroer-nie geskud nie
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Yalair »

Dink daai vleis is biekie taaaai as hulle so galop  ;D
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Springbokjag met Chopper

Post by BLOK »

Yalair

Ek stem dink as jy in daai vleis byt byt jy net adrenalien, sal maar daai slaghuis vermy. Wonder ook as hulle nou daai bokke geskiet het hoe merk hulle waar die bokke le, want ek dink met so ge rond vlieg kan dit n beslommernis wees om weer die bokke te kry, en dan wonder ek oor hoe lank die bok so in die son le voor hy gekry en afgeslag word. Newat ek verkies liewer die op die aarde manier.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Springbokjag met Chopper

Post by JACQUES BOTHA »

BLOK
Daar is gewoonlik ten minste 3 bakeis wat slegs optel.
Die pilot doen n rondte, en hy het dan net soveel gps'e soos wat daar optel bakkies is.
Elke bok wat val merk die pilot met die  gps, as hy sy getal geskiet het kom die pilot terug gee die eerste gps vir die bakkie, jy tel;net die bokke op wat gemerk is op jou gps anders is daar woefie poefie. al moet jy om n b ok ry wat voor jou le , jy tel hom nie op as hy nie gemerk is op jou gps nie.
terwyl jy optel skiet hulle die volgende rondte en die volgende bakkie gaat tel op.  Gewoonlik so 14  blesbokke op n slag en so 20 to 30 springbokke op n slag.
Hoop jy kry die prentjie ek verduidelik nie goed
Groete
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Raven »

Persoonlik sou ek maar die normale manier verkies, dit is bietjie te erg vir my.  :-\

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Yalair »

Blok
Jy kook die vleis saam met skoensool as klaar gekook het gooi jy die vleis weg en eet die skoensool  :D
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Ponkie »

Hallo almal

My Pa gaan help elke jaar uit as daar ge-oes word by Oom Antoinne Hayward daar naby Sir Taffie. Die wild wat ge-oes word is gewoonlik koedoes, duikers, springbok en rooibok. Hulle is gewoonlik so 3-4 bakkies wat snags skiet met die spotlight en bedags skiet die chopper. Die rede vir die chopper is dat alles in maksimum 4dae moet gebeur. Die koeltrokke staan op die werf en soos wat die wild met die bakkies inkom so word hulle in die koeltrok gelaai en weg gestuur. Meeste van die wild is vir die uitvoer mark na Europa so gelukkig eet niemand van ons die taai vleisies nie. Daai Brit in Europa dink dis die lekkerste wildsvleis ooit!

Dit word gewoonlik in September of Oktober gedoen en dan is die dae al lekker warem so dinge moet gou gebeur. Verder is die proses min of meer ook soos wat Oom JB beskryf het. 
Dink die laaste keer wat hulle ge-oes het was die getalle min of meer: 180 koedoes, 75 duikers, 160 rooibokke en net so 80 springbokke. 

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
tafjak

Re: Springbokjag met Chopper

Post by tafjak »

Ponks

Moenie die elande en willebeeste vergeet nie. Maar ou Antoine raak lekker trigger happy as die goed so h?l en skiet sommer op alles. Hy het 'n DVD van gebeure daar my pa-hulle gelos en kan nogal agterkom die vaalbeeste se dae is goed getel as die chopper in lug is.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Springbokjag met Chopper

Post by BLOK »

Die tipe jag maak sin maar voel ook maar soos Raven en Yalair te dankbaar die vleis word uitgevoer, sal tog as ek weer stuk taai vleis het daai tip probeer, sal my brak dalk lank kan besig hoy met so skoensool.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Springbokjag met Chopper

Post by JACQUES BOTHA »

Taffie
Sal graag wil hoor wat is die effek van tjopper oes op veral koedoes daar in julle omgewing.
Ek het eenkeer gehoor die koedoes is maar skugter met die kalf tyd vir so jaar of wat na die chopper hulle so bietjie kort gevat het.
Dalk is daar ander redes. Ek weet die springbokke en blesbokke wat onder die chopper deurloop lekker fiks word en swak aanteel die volgende seisoen, dalk is daar ander redes.
Selfs na bokke van met chopper of bakkie , kan jy maande na die tyd net n voertuig in daai kamp sit en dan is daai springbokke kla aand ie wei @ so minimum van 8o km per uur.
Hoe voel die ander manne ..?
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
tafjak

Re: Springbokjag met Chopper

Post by tafjak »

Jakes

Ag, die ouens skiet so elke 2de jaar of meer.
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Ponkie »

Oom Taf

Dis nes Oom se. Dis mos gelukkig sy eie grond, so as hy lekker gatvol raak en bietjie sakgeld kort gooi hy sommer nog 'n paar vaalbeeste. ;D Oom JB, hulle het die afgelope 3 jaar elke jaar met die chopper op hierdie wildsplaas ge-oes, dink Oom Antoinne het gese hy gaan hierdie jaar skip omdat die wild te maer is, maar daar is wragtig so baie koedoes op daai plaas dat hy kan doen met 'n paar koeie wat die volgende jaar nie kalf nie.
En nog 'n ding wat Oom Antoinne altyd doen is dat hy net op sekere gedeeltes van die plaas met die chopper skiet, gewoonlik daar waar die bakkie nie kan bykom nie. Ek weet daar is gedeeltes van die plaas waar daar meestal nie gekiet word nie, juis vir die kalf redes.

Nee Oom Antoinne MAG maar gooi met daai ou Beretta van hom. Oom Taf, ekt verlede jaar ook 'n video gekyk van die Jagtery, weet nou nie of dit diesele slag s'n is nie, maar daar is van daai Elandbulle wat maar swaar val, selfs 3 skote hier agter die kop voordat die ou grote neerslaan.

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Christo »

Lank lank gelede

Ek dink die skietstoel se ding sal my nogals aanstaan.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Springbokjag met Chopper

Post by James Wilson »

Stefan764 wrote: Die ouens se hulle skiet so 50 000 bokke n seisoen vir n abbatoir en hulle voer alles uit. Skiet met n haelgeweer en hulle se (en jy kan dit op die video sien) hulle probeer net kopskote skiet. http://www.youtube.com/watch?v=4mZcaKGUTPc&feature=related

Groete
Stefan

50 000 n jaar? 50 000!!!   ek glo nie. teen 365 dae is dit 134 bokke n dag. daai kannie weesie. as jy sou kyk na die winter wat die europese mark by ons koop is dit maar so 3 maande , maar kom ons se dit is 4 maande, dan is dit 417 bokke per dag. en in 3 maande is dit dan 556 bokke per dag. oooh la  la!!!  maar wie is ek, ek oes self, maar nie so nie!!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Monrique (SJ) »

Manne

Daai bokke loop oop ketels as die chopper so vlieg!  Net n vragie, hoeveel word gekwes?

Groetnis

SJ
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Springbokjag met Chopper

Post by jaracal »

Die manne van Vasvat het hier by ons gejag met die chopper.
Die volgende was geskiet:
266 Blou wildebeeste
103 swart wildebeeste
271 springbokke
259 blesbokke
118 volstruise
Totaal  1017 stuks wild en dit in ongeveer 5-6 dae. Die groot wild het langer geneem om opgetel en afgeslag te word. Die voordele vir die wildboer is legio. Dit neem nie lank om die totale oes af te handel nie. Die ontwrigting vir die bokke is minimum. Die bokke raak nie voertuig sku nie. Kwesbokke, ek moet eerlik se dat ons geen kwesbokke gekry het nie. Die meeste van die bokke wat wel gekwes word, word deur die bakkies platgeskiet of weer deur die skut uit die helikopter geskiet. Ek sal nie weer op 'n ander manier laat jag nie. Ons het voor dit van bakkies (oesspan) gebruik gemaak om blou wildebeeste uit te skiet en kon geen mens later naby die blou wildebeeste kom nie.
Voorwaar van die mees profesionele persone wat ek gesien "operate" het.
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Springbokjag met Chopper

Post by James Wilson »

Heinrich, dit is merkwaardig. oor die 1000 bokke vir 6 dae!!!  hoeveel keer kan dit in n winter gebeur?  ek probeer niemand se naam toffie maak nie , maar 50 000 wild in n jaar, klink nie reg nie.
Last edited by James Wilson on Mon Oct 25, 2010 10:48 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Springbokjag met Chopper

Post by BLOK »

Per toeval is die volgende op n Amerikaanse forum vandag geplaas. Wys net dat dit nie net plaaslik is wat so uitgedin word nie maar oorsee wel ook en dat dit wel effektief resultate lewer oor n baie kort tyd.

Blok.

spent the last 2 days doing pasture survey on our north ranch, riding in an r-44 chopper with pilot,counting deer and quail coveys, before hunting season starts nov.6,my butt, is sore from those little hard seats, and my ears are sore from the head phones,got a case of the ass ears, we counted 359 bucks 569 does,322 fawns, 370 coveys of quail, but we were feuling on a road where another r-22 was cleaning up a 4000 acre ranch about 10 west of us and shooting pigs for the new owners,they started monday at 7:30 am and as of this afternoon at 3:00 pm they had killed 483 pigs, in a little over a day and a half.and had shot up 700 rds. of 3" #2 buck, the guy shooting was black&blue, thats to damn much shooting for one guy,but he was young and tough,hows that for a pig story? rio7
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Biltongjagter

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Biltongjagter »

As die grootste gros wildboere werklik op hierdie wilde weste metode van wild oes begin konsentreer, is daar een van die dae nie meer jaggeleenthede vir 'n biltongjagter soos ek en andere beskikbaar nie.

My vooruitsiening van die gevolge van chopper-oes:

Die eind resultaat sal wees dat wild wat deur biltongjagters gejag wil word en beskikbaar gaan wees, so duur gaan word dat dit net nie meer ekonomies haalbaar sal wees vir biltongjagters om te jag nie.

Daarop volg dan die volgende logiese stap:
Talle wildplase gaan tot niet gaan en wildgetalle in Suid-Afrika daal drasties.

Meneer die wildboer, hierdie is nie 'n volhoubare aksie oor die langer termyn nie. Teen daardie ho? tempo van wild afhaal, gaan julle die gans wat die goue eiers l?, se nek binne dekades omdraai.

Maak wildspryse meer bekostigbaar, dit sluit nou verblyf veral ook in, en biltongjagters sal vir eeue wat kom, sorg dat julle 'n meer as leefbare inkomste op gereelde basis verdien.
Biltongjagters was tot nou toe die wildbedryf se beste kli?nt!

Soos die Engelsman sal s?: 'Mark my words.'
Last edited by Biltongjagter on Wed Oct 27, 2010 4:14 pm, edited 1 time in total.
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm

Re: Springbokjag met Chopper

Post by whisper »

@Jaracal, as jy nie omgee nie, sal jy nie gou vir my n' paar vra antwoord nie, net vir interesantheid?
Hoe groot is die grond/land?
Hoe lyk die land daar by julle? (bergagtig, vlaktes ens)
Het die chopper ouens spesefike bokke uitgeskiet tussen die groter wild (het hulle net bulle en ou koeie geskiet)
Het die laaste span wat met bakkies geskiet het dag of/en nag geskiet?
Moes hulle die selfde hoeveelheid/spesies bokke oes?
Het hulle met knaldempers geskiet?

Ek sal dit baie waardeur as jy vir my die antwoorde kan gee.

Manne, laat ek vir julle se, dit is moontlik om so baie bokke te skiet in n' jaar afhangende hoe groot jou span is, en hoeveel bokke jy in die hande kan kry, moeilik, maar moontlik.

My 30 000 000 zim $
Praise the Lord, and let the bullets fly!
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Re: Springbokjag met Chopper

Post by frinam »

Menere, soos dit maar met alles gaan is elke ou geregtig op sy/haar eie opinie. Moet asb net nooit wildoes as die enigste vorm van wildbenutting sien nie. Daar is 5 erkende benuttingsmetodes nl. vang, oes, biltongjag, trofeejag en skiet en verkoop. Dit word algemeen aanvaar dat elke wild eienaar plus minus 35% van die gegewe wildpopulasie op sy/ haar wildwerendomheinde plaas elke jaar moet benut deur 'n kombinasie van bge benuttingsmetodes as hy/sy getalle konstant wil hou. Dit word algemeen aanvaar dat slegs 3% van enige wildpopulasie trofee kwaliteit is, so die balans van die 35%(32%) moet deur 'n kombinasie van die res van die benuttings metodes afgehaal word. Om dus te insunieer dat die benutting van 50 000 stuks wild vir die RSA uitvoermark ongesond is/ en of die biltongjag mark gaan vernietig, is volgens my beskeie mening nie wetenskaplik gefundeer nie. Kom ons praat beskikbare getalle, bepaal dan die 35% en probeer dan konsensus bereik of die spesifieke metode (oes vanuit 'n helikopter) werklik die grootste sondaar is. Die feite mbt getalle wild hier in Namibia se kommersiele boerdery areas is, dat daar tans baie meer wild, getalle en spesies, voorkom as wat daar 30 jaar gelede voorgekom het. Dit plaas baie druk op die wildeienaars om deur kombinasie van bge metodes meer wild te benut as in die verlede. Hein, dankie vir terugvoer oor die helikopter oes metode, as iemand met jou integriteit en liefde vir die natuur sulke geluide maak, dink ek die metode het verseker 'n plek as een van die benuttings bene. Soos my ou mater FM altyd afsluit, my 2c. Duitswes groete-Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
tafjak

Re: Springbokjag met Chopper

Post by tafjak »

Frinam

Ja, uiteengesit soos 'n kenner betaam. Stem 200% saam met alles wat jy genoem het.

Mooiloop

My trippie boontoe sal by jou verbyloop as alles nog OK is.
Biltongjagter

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Biltongjagter »

frinam, as jy skryf:
"Om dus te insunieer dat die benutting van 50 000 stuks wild vir die RSA uitvoermark ongesond is/ en of die biltongjag mark gaan vernietig, is volgens my beskeie mening nie wetenskaplik gefundeer nie"
lees jy die volgende mis:
As die grootste gros wildboere werklik op hierdie wilde weste metode van wild oes begin konsentreer,
maw die oorgrote meerderheid wildboere, nie net die 50 000 stuks wild waarna jy verwys nie, veel meer dus.
Eers dan raak my vooruitsiening van toepassing.

Verder het 'n onlangse studie van die Noord-Wes Universiteit bewys dat biltongjag in die RSA 4.4 biljoen rand die wildboer in die sak gebring het in 2007, teenoor 410 miljoen rand van trofeejag in 2005 - sedertdien het die trofeejag syfer gedaal met die w?reldwye ekonomiese krisis - terwyl verdienste uit biltongjag eerder toegeneem het.

Wat jy hier s?:
"Die feite mbt getalle wild hier in Namibia se kommersiele boerdery areas is, dat daar tans baie meer wild, getalle en spesies, voorkom as wat daar 30 jaar gelede voorgekom het"
geld ook in die RSA en dit bloot omdat biltongjag oor die jare steeds die wildbedryf se beste kli?nt gebly het deur al die moeilike tye.

My vooruitsiening is dus dat die wildboere betyds moet besef wie is hul mees betroubare kli?nt en di? vir niks in die w?reld die koue skouer gee nie.

Oes wild soos dit nodig mag blyk te wees, maar moenie blindelings die Amerikaanse metodes navolg asof dit die alter metode van doen is nie.
Hulle maak baie foute, soos die 2 November 2010 VSA tussentydse verkiesing gaan probeer regstel - mosie van wantroue in Obama-regering.

Groete.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Louis102 »

Biltongjagter wrote: .... dat daar tans baie meer wild, getalle en spesies, voorkom as wat daar 30 jaar gelede voorgekom het....geld ook in die RSA en dit bloot omdat biltongjag oor die jare steeds die wildbedryf se beste kli?nt gebly ...
Frinam / Biltongjagter

As die biltongjagters net kan leer skiet sal die getalle nie soveel en so vinnig meer raak nie.  Dit lyk my egter hoe gr?nder die gewere raak , hoe treuriger raak die skuts.  Aangesien julle twee so lekker veralgemeen, laat ek dit ook maar doen.  Die gemiddelde biltongjagter sukkel sy agterw?reld af om 'n springbok verder as 180m dood te kry, veral as die bok nie doodstil staan vir ten minste 5 minute nie!  Dan moet dit nog boonop windstil wees ook.  En as die springbok plat is met een of ander vloekskoot, word daar eers 'n half uur lank foto's geneem.  So word die bokke op die plaas nie minder nie. 

As die biltongjagters kon skiet soos hulle suip, sou dit 'n ander saak gewees het.  Noord Wes Universiteit moet 'n slag navorsing doen om te sien hoeveel hierdie biltong jagters uitsuip.  Dit mag dalk meer as die 4,4 biljoen wees wat vir wild betaal word.

Dog ek s? maar net.

Louis

Ns. Miskien oordryf ek moedswillig so effe ;)
Goeie dade oortref goeie woorde.
Post Reply