NIKON SPOT ON program

JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

NIKON SPOT ON program

Post by JohanvB »

Gebruik enige van julle die program...

Hoe akkuraat is dit?

Dankie
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: NIKON SPOT ON program

Post by BRNO (Pierre) »

Johan, ek het die program al probeer aflaai, maar sonder sukses. Tans gebruik ek IStreloc, wat baie suksesvol is vir verskeie persone met verskeie kalibers en teleskope.
Veiligheid eerste manne!
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: NIKON SPOT ON program

Post by JohanvB »

Hi...maar jy hoef nie die program af te laai nie...jy doen dit sommer aanlyn by...http://spoton.nikonsportoptics.com/spot ... ml#Index:4
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: NIKON SPOT ON program

Post by BRNO (Pierre) »

Johan, dis alles goed en wel, maar hoegemaak as jy nou in die veld is? Jy kan tog nie met n tas vol print-outs daar rondloop en elke afstand goe jou papier soek nie.
Die voordeel van n program soos IStreloc of Bullet Flight is dat hy op jou foon is. Onmiddelik byderhand.
Veiligheid eerste manne!
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: NIKON SPOT ON program

Post by JohanvB »

Ook waar..
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: NIKON SPOT ON program

Post by BRNO (Pierre) »

JohanvB wrote:Ook waar..
Ek sal baie daarvan hou om die spot on te gebruik, en het al verskeie navrae gedoen, aangesien hy kruishaar spesifiek is, maar sonder sukses. IStreloc kan op dieselfde manier geprogrameer word volgens jou eie data, en het ook feitlik elke denkbare kruishaar op die mark in sy data basis.
Veiligheid eerste manne!
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: NIKON SPOT ON program

Post by JohanvB »

Ek het actually my data in gelees...en kan jy 'n klein printout maak van waar jy gezero is en wat die BDC distansies dan op scope voorstel..so ja, het so klein "cheatchart" in my hempsak...range die bok...kyk die "cheat chart" en gooi lood..
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: NIKON SPOT ON program

Post by BRNO (Pierre) »

JohanvB wrote:Ek het actually my data in gelees...en kan jy 'n klein printout maak van waar jy gezero is en wat die BDC distansies dan op scope voorstel..so ja, het so klein "cheatchart" in my hempsak...range die bok...kyk die "cheat chart" en gooi lood..
Dit kan perfek werk. Selfs beter as die foon. Ek het al een wat op silent gestel was in die veld verloor.
Veiligheid eerste manne!
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: NIKON SPOT ON program

Post by JohanvB »

Juis...nou wonner ek ma net of iemand dit al gebruik het...ek ga dit toets op die baan Saterdag..
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: NIKON SPOT ON program

Post by BRNO (Pierre) »

JohanvB wrote:Juis...nou wonner ek ma net of iemand dit al gebruik het...ek ga dit toets op die baan Saterdag..
Kom laat weet asb.
Veiligheid eerste manne!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: NIKON SPOT ON program

Post by PWV »

Probeer JBM Ballistics.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: NIKON SPOT ON program

Post by JohanvB »

Nee Oom Pieter...daai JBM moet jy nog uitwerk en al daai goete...die Nikon program is so maklik...
atplay
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sun Mar 18, 2012 12:19 am

Re: NIKON SPOT ON program

Post by atplay »

JohanvB wrote:Ek het actually my data in gelees...en kan jy 'n klein printout maak van waar jy gezero is en wat die BDC distansies dan op scope voorstel..so ja, het so klein "cheatchart" in my hempsak...range die bok...kyk die "cheat chart" en gooi lood..
Dieselfde gedoen, werk lekker vinnig en die batterye raak nie pap nie :):
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: NIKON SPOT ON program

Post by cassie_calvinia »

BRNO (Pierre) wrote:
JohanvB wrote:Ek het actually my data in gelees...en kan jy 'n klein printout maak van waar jy gezero is en wat die BDC distansies dan op scope voorstel..so ja, het so klein "cheatchart" in my hempsak...range die bok...kyk die "cheat chart" en gooi lood..
Dit kan perfek werk. Selfs beter as die foon. Ek het al een wat op silent gestel was in die veld verloor.
sal jou leer om nie ooi bokke dop te hou nie
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: NIKON SPOT ON program

Post by 375fanatic »

ek gebruik hom vir my bdc scope en hy werk ek print net die cheat sheats
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: NIKON SPOT ON program

Post by BRNO (Pierre) »

cassie_calvinia wrote:
BRNO (Pierre) wrote:
JohanvB wrote:Ek het actually my data in gelees...en kan jy 'n klein printout maak van waar jy gezero is en wat die BDC distansies dan op scope voorstel..so ja, het so klein "cheatchart" in my hempsak...range die bok...kyk die "cheat chart" en gooi lood..
Dit kan perfek werk. Selfs beter as die foon. Ek het al een wat op silent gestel was in die veld verloor.
sal jou leer om nie ooi bokke dop te hou nie
Ou laai van my daai :-[
Nou is die telefoon maar aan n toutjie vas in die broeksak. Ek moet net nie die broek verloor nie :angel:
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: NIKON SPOT ON program

Post by Geno »

BRNO (Pierre) wrote:Ek moet net nie die broek verloor nie :angel:
Daai gebeur slegs op korporatiewe jag(s)te...
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: NIKON SPOT ON program

Post by BRNO (Pierre) »

Geno wrote:
BRNO (Pierre) wrote:Ek moet net nie die broek verloor nie :angel:
Daai gebeur slegs op korporatiewe jag(s)te...
Ek probeer maar vir myself bat hierso. Lyk my sommige mense vertel uit. ;)
Veiligheid eerste manne!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: NIKON SPOT ON program

Post by PWV »

JohanvB wrote:Nee Oom Pieter...daai JBM moet jy nog uitwerk en al daai goete...die Nikon program is so maklik...
Johan
Sit asseblief die draad op sodat mens na die Nikon-program kan gaan.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: NIKON SPOT ON program

Post by JohanvB »

Oom Pieter...kyk my post #3...die link is daar...dat ek so moet sukkel met 'n onnie vandag...
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: NIKON SPOT ON program

Post by JohanvB »

Nou ja...ek het die 375 Ruger vandag gezero op 150 meter...en toe die teiken aangeskuif na 200meter...en die Nikon Field chart uitgehaal...die 1ste BDC lees 208 meter...en ja slaan die teiken dead centre..ja daar was een of twee flyers..maar andersins dink ek dit is baie akkuraat..

en het nou my "Cheat Charts" virri bos..
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: NIKON SPOT ON program

Post by PWV »

Omdat ek te onnosel is om Johan se Nikon-program te verstaan, gebruik ek JBM Trajectory calculator.

Het die .308 vandag getoets op 100, 200, 300 en 400 meter deur gebruik te maak van die tabel hieronder.

Hornady Match HP
BC .450 168 gr
2660 vt/s
45.8 gr S355
Range----MOA

100------0
150------1.1
200------2.4
250------4
300------5.7
350------7.6
400------9.7
450------11.8
500------14.2

Ek het elke keer die skyf op die verskillende afstande met vyf skote raakgeskiet - 'n groot prestasie! Langer afstande kort oefening. Ek (en ek glo ander ook) is te geneig om op 100 meter vas te haak.

Groetnis
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: NIKON SPOT ON program

Post by Heinz Petersen »

Pieter Willem Vorster wrote:Omdat ek te onnosel is om Johan se Nikon-program te verstaan, gebruik ek JBM Trajectory calculator.

Het die .308 vandag getoets op 100, 200, 300 en 400 meter deur gebruik te maak van die tabel hieronder.

Ek het elke keer die skyf op die verskillende afstande met vyf skote raakgeskiet - 'n groot prestasie! Langer afstande kort oefening. Ek (en ek glo ander ook) is te geneig om op 100 meter vas te haak.

Groetnis
Het Oom Pieter darm n bietjie vinniger vorentoe gery om betyds saam met die ander manne op die skietpunt te wees.
Ek reken dat ons daai baan offisier wat aandiens was moet aanvat oor sy arrogante gedrag. As Oom dit nie gaan doen nie gaan ek dit doen en ek reken die ander manne sal my(ons) bystaan met dit.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: NIKON SPOT ON program

Post by JohanvB »

Wie was dit Heinz?
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: NIKON SPOT ON program

Post by Jean Marais »

JohanvB wrote:Ek het actually my data in gelees...en kan jy 'n klein printout maak van waar jy gezero is en wat die BDC distansies dan op scope voorstel..so ja, het so klein "cheatchart" in my hempsak...range die bok...kyk die "cheat chart" en gooi lood..
Johan, Ek gebruik hom presies soos jy. Laasjaar springbokkies anderkant die heilige afstand in die kop en nek geskiet. Ek gaan nie ver skote aanpak sonder dit nie, en vind hom baie akkuraat. Ek gaan miskien 'n stappie verder. Ek gaan kyk op Google earth wat die hoogte bo seespieel is waar ek gaan jag, kyk die weervoorspelling en kry barometriese druk ens. Jy sal nie glo watse invloed al die bykomende dinge het nie. Maak hom volgens my net akkurater. Jy kan dit gerus self so toets en sien hoe spoed oor afstand verskil.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Post Reply