Spons Siekte te NW
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Spons Siekte te NW
More manne
Dit het saterdag onder my aandag gekom dat Spons siekte in die Rustenburg/Swartruggens/Koster area doenig is onder Kameelperde.
Ons spuit vandag al die kameelperde op die plaas, so as jy in die omgewing is of iemand ken in die omgewing, gee hom die heads up, dis nie duur nie, maar as hy vrek is dit duur.
Ek is nie seker watse ander wild of vee vatbaar is vir dit nie.
Groete.

- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Spons Siekte te NW
Hugo, kom vertel bietjie vir n stadsjapie presies wat is spons siekte asb.Hugo wrote:More manne
Dit het saterdag onder my aandag gekom dat Spons siekte in die Rustenburg/Swartruggens/Koster area doenig is onder Kameelperde.
Ons spuit vandag al die kameelperde op die plaas, so as jy in die omgewing is of iemand ken in die omgewing, gee hom die heads up, dis nie duur nie, maar as hy vrek is dit duur.
Ek is nie seker watse ander wild of vee vatbaar is vir dit nie.
Groete.
Veiligheid eerste manne!
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Spons Siekte te NW
Sponssiekte kan baie goed sien. Net die grootste en vetste diere vrek gewoonlik daarvan. Die karkasse van diere wat aan sponssiekte gevrek het moet nie oopgesny word nie maar begrawe word want die spore kan versprei en vir jare aktief in die grond bly. Gewoonlik na n reen bui waneer van die spore oopgewas word sien mens hier en daar n vrekte van sponssiekte. Covexin is een van die beter entowwe daarteen want hy gee dekking teen 10 stamme van die clostridia bakterie wat dit veroorsaak. Meer spesifiek clostridium chuavoei. Basies almal in die selfde familie van moeilikheid makers soos bloednier en rooiderm ens. Die vrektes sal gewoonlik net tot n plaas of meer spesifiek n kamp beperk wees en nie sommer omliggende plase affekteer nie. Wees net baie bly dit was nie miltsiekte nie....
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Spons Siekte te NW
Dankie Savage,
Feit dat die goed i die area is gee my genoeg rede om n veearts uit te kry.
Dis meestal kneus plekke en n oop wond wat dit trigger, dit val die organe aan en die dier vrek binne n dag of 2. As hy hom het vrek hy, jy stop dit nie.
http://www.ekowild.co.za/documents/Sponssiekte.pdf
Pierre lees daar.

savage wrote:Sponssiekte kan baie goed sien. Net die grootste en vetste diere vrek gewoonlik daarvan. Die karkasse van diere wat aan sponssiekte gevrek het moet nie oopgesny word nie maar begrawe word want die spore kan versprei en vir jare aktief in die grond bly. Gewoonlik na n reen bui waneer van die spore oopgewas word sien mens hier en daar n vrekte van sponssiekte. Covexin is een van die beter entowwe daarteen want hy gee dekking teen 10 stamme van die clostridia bakterie wat dit veroorsaak. Meer spesifiek clostridium chuavoei. Basies almal in die selfde familie van moeilikheid makers soos bloednier en rooiderm ens. Die vrektes sal gewoonlik net tot n plaas of meer spesifiek n kamp beperk wees en nie sommer omliggende plase affekteer nie. Wees net baie bly dit was nie miltsiekte nie....
Ons het al n kameelperd verloor weens sponssiekte, so ek wil nie die kans vat dat n spoor wakker word of n ystervark n ou been opgrawe en rond dra van een plaas na die ander nie.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Spons Siekte te NW
Dankie Hugo en Savage. Baie interresand. Ek kan verstaan hoekom jy dadelik aan die werk moet spring as dit gemerk word.
Veiligheid eerste manne!
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Spons Siekte te NW
Hugo,Hugo wrote:savage wrote:Sponssiekte kan baie goed sien. Net die grootste en vetste diere vrek gewoonlik daarvan. Die karkasse van diere wat aan sponssiekte gevrek het moet nie oopgesny word nie maar begrawe word want die spore kan versprei en vir jare aktief in die grond bly. Gewoonlik na n reen bui waneer van die spore oopgewas word sien mens hier en daar n vrekte van sponssiekte. Covexin is een van die beter entowwe daarteen want hy gee dekking teen 10 stamme van die clostridia bakterie wat dit veroorsaak. Meer spesifiek clostridium chuavoei. Basies almal in die selfde familie van moeilikheid makers soos bloednier en rooiderm ens. Die vrektes sal gewoonlik net tot n plaas of meer spesifiek n kamp beperk wees en nie sommer omliggende plase affekteer nie. Wees net baie bly dit was nie miltsiekte nie....
Ons het al n kameelperd verloor weens sponssiekte, so ek wil nie die kans vat dat n spoor wakker word of n ystervark n ou been opgrawe en rond dra van een plaas na die ander nie.
Hoe hanteer julle dan 'n karkas, verbrand julle dit?
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Spons Siekte te NW
Goeie vraag Johan, want in die aangehegte skrywe se hulle dat daar n outopsie gedoen moet word op die gevrekte dier.Johan Nel wrote:Hugo,Hugo wrote:savage wrote:Sponssiekte kan baie goed sien. Net die grootste en vetste diere vrek gewoonlik daarvan. Die karkasse van diere wat aan sponssiekte gevrek het moet nie oopgesny word nie maar begrawe word want die spore kan versprei en vir jare aktief in die grond bly. Gewoonlik na n reen bui waneer van die spore oopgewas word sien mens hier en daar n vrekte van sponssiekte. Covexin is een van die beter entowwe daarteen want hy gee dekking teen 10 stamme van die clostridia bakterie wat dit veroorsaak. Meer spesifiek clostridium chuavoei. Basies almal in die selfde familie van moeilikheid makers soos bloednier en rooiderm ens. Die vrektes sal gewoonlik net tot n plaas of meer spesifiek n kamp beperk wees en nie sommer omliggende plase affekteer nie. Wees net baie bly dit was nie miltsiekte nie....
Ons het al n kameelperd verloor weens sponssiekte, so ek wil nie die kans vat dat n spoor wakker word of n ystervark n ou been opgrawe en rond dra van een plaas na die ander nie.
Hoe hanteer julle dan 'n karkas, verbrand julle dit?
Veiligheid eerste manne!
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Spons Siekte te NW
Ek verkies om n diep gat met die backhoe te grawe en hom daarin toe te gooi. Het al stories gehoor dat die spore lekker versprei waneer die karkas verbrand word. Met beeste is dit relatief maklik om sponssiekte te identifiseer aangesien die hele bees opgeblaas is in n kort tyd. Veral die blaaie blaas goed op asof die weerlig hom gepiets het. As mens aan die spiere druk voel mens n sponserigheid en net die vermoede dat dit sponssiekte is is vir my genoeg om nie eers n kans te vat om oop te sny nie.
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Spons Siekte te NW
Ons het n taxidermie gekry wat die vel en kop gevat het, en die vleis is van die plaas verwyder, geen deel van die dier het agte rgebly nie,
-
Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: Spons Siekte te NW
More
Het een jaar 26 verse verloor aan Sponssiekte ( nadat ek geent het)
Onderstepoort se Gasgangreen is die enigste entstof wat werk
Hy bevat Clos Novei Tipe 2 wat in SA voorkom
Spuit die area waar die dier gevrek het met sterk ontsmetmiddel
Strkete

FE
- Hero Member

- Posts: 566
- Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm
Re: Spons Siekte te NW
Ons het dit ook nou by ons en het 'n maand terug vir die eerste keer geent. Hoe belangrik is dit om na 'n maand weer te ent? En kan die dragtige koeie aborteer na enting? Meeste van ons koeie is dragtig so wil nou nie my oes verloor nie.
-
Polla1983
- Sr. Member

- Posts: 273
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:06 pm
Re: Spons Siekte te NW
FE...
Dit is altyd raadsaam om n opvolg dosis tegee na 1e ent.. gewoonlik 4 na 6 weke, afhangende van wat/ waarvoor ge-ent word. Onthou dat nie alle diere in die kudde positief gaan reageer op die 1e enting nie weens verskeie redes en daarom n opvolg dosis! N dubbele dosis kan geen skade maak nie!
Oor jou vraag ivm aborteering van die koeie... geen dooie / droee enstof sal jou vroulike diere laat aborteer nie, en is veilig om tegegruik op dragtige diere! Lees gerus die vou biljet of instruksies op die verpakking, dit MOET daarop geskrewe wees! Die risiko dat jou koeie gaan aborteer weens stress of koors agv n vuil naald ens is groter.
Moet nooit, maar nooit dragtige diere ent met lewende enstof, o.a slenkdal koors is n lewende enstof. Enige entstof wat eenmalig toegedien word is "lewende entstof". Hul sal defenitief aborteer dan! . As jy nie seker is nie, skakel jou veearts of die vervaardiger vd onderskeie entstof..
Hoop dit help...
Polla

Baie dankie Polla,
Nou voel ek meer gerus.
Nou voel ek meer gerus.