Oppad na my plaas die naweek, tel ons 'n "vars hasie" op wat doodgery is.
EK slag dit toe af, plaas die binnegoed in kuikensif en trek die vel met kop weer oor die sif, en gebruik dit vir LOK AAS, en stel slagyster onder die boompie waar ek dit ophang.
Ek sit dan ook bietjie CANINE CALL ook by. Dit werk definitief, MAAR..........
Die probleem wat ek optel is dat die bees nou vir die 2de keer al kom rondsnuffel by die manier van lok aas stel, en dan die slagyster uit trap.
Ek het al by proefdraad ook slagyster gestel met lok aas, en dan kom die bees ook daar en snuffel.
Al opsie nou is om nie in beeskampe my slagysters te stel, maar wat nou as jakkalse daar is en roep is moeilik agv digte bos.
Raven

