270gr. Barnes TSX .375H&H

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

270gr. Barnes TSX .375H&H

Post by Hartskoot Hennie »

Goeiedag manne!

Sal iemand my groot asb. kan help met raad of 'n QL aangesien ek baie min ondervinding het wat herlaai aanbetref!

Ek was vandag skietbaan toe met my 1ste paar self gelaaide patrone en hier is my resultate met die volgende gegewens:

Geweer: CZ 550 Magnum Lux
Kaliber: .375H&H
Afstand: 100m
Kruit: S355
TPL: Ongeveer 90.2mm of 3" 9/16
Primer: Federal 215 Large Magnum Rifle
Koeël: 270gr Barnes TSX

http://i996.photobucket.com/albums/af81/HartskootHennie/IMG1362311070289.jpg

Die groeperings in die foto werk as volg:

Links bo 65gr - 47mm
Regs bo 66gr - 37mm
Links onder 67gr - 37.5mm
Regs onder 68gr - 48mm

Dis vir my vreemd dat daar by elke groep 2 skote naby aan mekaar is en dan een "flyer" is, dalk het iemand 'n antwoord hiervoor?

Enige raad of advies is meer as welkom. Ek sal graag die groepe wil kleiner kry!

Baie dankie vir al die raad tot dusver!

Groete,

Hennie
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 270gr. Barnes TSX .375H&H

Post by Wouter Roets »

Hallo Hennie

Eerstens wil ek jou gelukwens met die groot stap om te begin herlaai. Dit help ontsaglik as jy dit met iemand kan doen wat al so bietjie die pad gestap het. Kyk of jy nie so iemand kan opspoor nie.

Vir ons om jou te kan help met QL het ons spoedlesings nodig. Daarsonder kan ons jou ongelukkig nie help nie. Chrony's is nie duur nie en hou n leeftyd en is eintlik die eerste dink wat n mens moet aanskaf indien jy wil herlaai. Kyk of jy nie dalk een kan leen of steel vir n begin nie.

Sodra jy die spoedlesings kan gee help ons graag.

Groetnis
Wouter
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: 270gr. Barnes TSX .375H&H

Post by Giepie »

Het ook begin om te herlaai, sover nog net 303, maar veral omdat ek binnekort die lisensie gaan haal ook vir 'n 375 h&h.

Ek verstaan dat 'n vinniger koeel platter gaan loop, waar ek oor onkundig is, is hoekom 'n chrony so belangrik is vir herlaai. Gaan dit om seker te maak dat jy nie te groot ladings laai en dan kamerdruk te hoog maak nie? Help my asb hierin.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: 270gr. Barnes TSX .375H&H

Post by BRNO (Pierre) »

Spoed = druk, dus is dit vir jou eie veiligheid dat jy seker maak dat jy nie oormatige druk op jou geweer sit nie, en dan later spyt wees as die geweer in jou gesig ontplof.

Die ander rede is dat die OBT ladings ontwikkeling metode absoluut staat maak op spoed van vorige ladings om vir jou oordeelkundige, en akurate voorspellings te maak. Gaan lees gerus die skrywes onder die herlaai afdeling, en jy sal self agterkom hoe balangrik dit is.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: 270gr. Barnes TSX .375H&H

Post by Giepie »

Baie dankie. Nog nuwe speelgoed. ;D
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: 270gr. Barnes TSX .375H&H

Post by BRNO (Pierre) »

Giepie wrote:Baie dankie. Nog nuwe speelgoed. ;D
Dis die lekker van herlaai! Ek twyfel of dit ooit ophou!
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 270gr. Barnes TSX .375H&H

Post by Gerhard »

Wouter Roets wrote:Hallo Hennie

Eerstens wil ek jou gelukwens met die groot stap om te begin herlaai. Dit help ontsaglik as jy dit met iemand kan doen wat al so bietjie die pad gestap het. Kyk of jy nie so iemand kan opspoor nie.

Vir ons om jou te kan help met QL het ons spoedlesings nodig. Daarsonder kan ons jou ongelukkig nie help nie. Chrony's is nie duur nie en hou n leeftyd en is eintlik die eerste dink wat n mens moet aanskaf indien jy wil herlaai. Kyk of jy nie dalk een kan leen of steel vir n begin nie.

Sodra jy die spoedlesings kan gee help ons graag.

Groetnis
Wouter
Ek en Hennie moet maar een Saterdag by Swartkops skietbaan n draai gaan maak...

Sal seker nie vinnig wees nie.

Die man staan op,trou... ++>:
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: 270gr. Barnes TSX .375H&H

Post by Hartskoot Hennie »

Ek sal graag wil hoor wat stel julle manne voor...

My CZ 550 Magnum Lux se TPL met die 270gr TSX werk uit op 96.2mm volgens die mates wat ek geneem het.

Ek het voorheen die koeel in die eerste groef van die TSX geseat op 90.2mm.

As ek so na die TSX kyk gaan ek hom in die 2de groef van die TSX sal kan seat wat my dan 'n TPL van 93mm gaan gee, wat nader aan 96.2mm is en wat dan sodoende die jump verminder.

Sal dit my akkuraatheid bevorder?

Ek vra omverskoning vir die "dom" vrae, ek sal die help baie waardeer!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 270gr. Barnes TSX .375H&H

Post by tripodmvr »

Hennie, lyk my die trouery het jou 'n hele jaar van jou geweer af weggevat. Lekker heuningmaan wat jy gehad het. ;D

Probeer aanvanklik jou TPL so lank as moontlik maak en verseker dat dit nog in die magasyn pas en ook dat omtrent 9mm van die koeël se skag in die nek is. Nou hoef jy slegs die koeël korter te maak as jy will verstellings maak. Met die Barnes verseker ek ook dat dit minimum 2mm vanaf die lande is.

Het jy al 'n chrony gekry om te gebruik?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: 270gr. Barnes TSX .375H&H

Post by Hartskoot Hennie »

Ja nee, die getroude lewe is nie jou maat nie hahaha... Ek het na die oorsronlike post die volgende dag 'n nood blinderderm operasie gehad, toe infeskie in die wond gekry (alles 2 weke voor ons troue), toe moes ek weer geopereer word en toe daarna moes ek met 'n wondvog pompie masjien ding vir 6 weke rondloop, toe het ek my werk verloor oor ek so lank af siek was en toe moes ons nog ons heuningmaan asgv. van al die prettige dinge gekanselleer het hahahaha... Daarna het hulle my Hilux probeer steel en my hond is dood. So 2013 was so bietjie van 'n challenge vir my gewees hahahaha...

Maar ja, ek wil nou ernstig met die laai besigheid begin.

Ek het ongelukkig nog nie 'n chrony nie, ek sal kyk om een aanteskaf!

Sal dit help as ek dalk vir my Norma doppe aanskaf inplaas van die PMP's wat ek tans gebruik?
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 270gr. Barnes TSX .375H&H

Post by DWB »

Welkom terug Hennie!

Bly jy kon opstaan na al die vreeslike gebeure!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: 270gr. Barnes TSX .375H&H

Post by Hartskoot Hennie »

Dankie tog! Hopelik sien ek weer 'n paar van julle manne by die DGS shoot die 15de Maart... :)
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: 270gr. Barnes TSX .375H&H

Post by Flip Nel »

Hartskoot Hennie wrote:Ja nee, die getroude lewe is nie jou maat nie hahaha... Ek het na die oorsronlike post die volgende dag 'n nood blinderderm operasie gehad, toe infeskie in die wond gekry (alles 2 weke voor ons troue), toe moes ek weer geopereer word en toe daarna moes ek met 'n wondvog pompie masjien ding vir 6 weke rondloop, toe het ek my werk verloor oor ek so lank af siek was en toe moes ons nog ons heuningmaan asgv. van al die prettige dinge gekanselleer het hahahaha... Daarna het hulle my Hilux probeer steel en my hond is dood. So 2013 was so bietjie van 'n challenge vir my gewees hahahaha...

Maar ja, ek wil nou ernstig met die laai besigheid begin.

Ek het ongelukkig nog nie 'n chrony nie, ek sal kyk om een aanteskaf!

Sal dit help as ek dalk vir my Norma doppe aanskaf inplaas van die PMP's wat ek tans gebruik?
Welkom terug, shoe ek hoop jou 2014 gaan bietjie beter sterkte
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: 270gr. Barnes TSX .375H&H

Post by Piet Pille »

Hallo Hennie,

Jammer van al die terugslae te hoor in 2013- hoop 2014 behandel jou beter!
Ek kan jou die eerste goeie nuus gee- daai kombinasie van 270TSX met 'n .375H&H is kookwater! Ek weet want ek gebruik presies dieselfde, en die bokke val gedienstig voor hierdie medisyne. Wouter het my aanbeveel om S365 te probeer en dit werk soos 'n bom- dopvulling en ontbranding is ook beide omtrend 100%. Ek kry baie goeie resultate met die combo in my geweer (Voere aksie) met 15-25mm groepe op 100m die norm. Omdat my aksie/magasyn aangepas moes word vir .375 toe die geweer gebou is, is my magasynkaslengte beperk tot 91mm TPL en dit gee 'n 3mm jump op my koeels. Hier is my resep:

doppe: PMP
kruit: S365- 71gr
TPL: 91mm
Slagdoppie : RWS 5333
koeel : barnes TSX 270gr.

Dis regtig die moeite werd om paar proefladings oor 'n chrony te gaan skiet sodat Wout-hulle jou kan help met 'n nodespoed. Miskien is daar een van die manne hier in jou omgewing wat jou kan bystaan met 'n chrony. Ek stem saam met die manne dat dit wel 'n groot aanwins is om een self aan te skaf, nie net vir ladingontwikkeling nie, maar ook as maatstaf om te verseker dat jou ladings elke keer konstand optree, veral deesdae met die kruite wat so van lot tot lot verskil.

Sterkte, hoop jy kom reg.

Laat weet asb. waar ek nog kan help.

Groete

Pieter
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 270gr. Barnes TSX .375H&H

Post by tripodmvr »

Hennie, my ligte trant was toe nie gepas na wat jy alles deurgemaak het. Sterkte vorentoe.

Vir die herlaai van die 375 het ek nog PMP verkies - ek het begin met Winchester wat baie sag is en die doppe het nie die swaar koele lekker vasgehou nie. PMP doen baie goed in hierdie opsig en krimp is nie nodig nie. Dopvolume is ook nie met S335 'n probleem nie. S355 en S365 kan moontlik probleme gee, maar saamgeperste ladings keer juis dat koeëls terugset as gevolg van terugslag.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: 270gr. Barnes TSX .375H&H

Post by Hartskoot Hennie »

Dankie kerels!

Nee man ou Driepoot wees rustig! Skies ek wou nie moan nie, ek dog net ek maak verskoning vir my awesigheid hahaha...

Wat nie doodmaak nie maak groot... :) En kom ek se vir julle dat die ou Kerel daar bo alles vir 'n rede laat gebeur! Geloof is alles!

Ek lag nou eintlik lekker oor al die dinge hahaha.

Terug by die onderwerp, ek sal 'n chrony aanskaf en terugkom met meer informasie! Dankie vir al die raad!
User avatar
Andrew Leigh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Sat Jun 30, 2012 4:29 am

Re: 270gr. Barnes TSX .375H&H

Post by Andrew Leigh »

S355 het nie vir my gewerk nie maar S335 wel.
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 619
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: 270gr. Barnes TSX .375H&H

Post by Johan van Wyk »

Hartskoot Hennie wrote:Dankie kerels!

Nee man ou Driepoot wees rustig! Skies ek wou nie moan nie, ek dog net ek maak verskoning vir my awesigheid hahaha...

Wat nie doodmaak nie maak groot... :) En kom ek se vir julle dat die ou Kerel daar bo alles vir 'n rede laat gebeur! Geloof is alles!

Ek lag nou eintlik lekker oor al die dinge hahaha.

Terug by die onderwerp, ek sal 'n chrony aanskaf en terugkom met meer informasie! Dankie vir al die raad!
Klink of ons 2013's redelik soortgelyk afgespeel het...gelukkig leef my hond nog, hy bly my beste vriend!

Ek reken `n chronograaf is `n uitstekende belegging. Mens kan eintlik nie sonder een nie - weet ek kan nie! `n Goeie press, die betroubaarste skaal wat jy kan bekostig, en bietjie common sense en jy is reg vir dinge met `n drie-en-`n-driekwart.

Sien jou die 15de?
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: 270gr. Barnes TSX .375H&H

Post by Hartskoot Hennie »

Ek was Saterdag gou skietbaan toe om my nuwe ladings te gaan toets.

Ek het al die patrone gelaai met 'n TPL van 93mm, van 65gr tot 69gr.

Ek het ongelukkig nie 'n chrony tot my beskikking gehad nie maar ek het wel met 67gr S355 en die 93mm TPL die volgende 3 skoot groepering op 100m gekry...

http://i897.photobucket.com/albums/ac180/Hennie_Viljoen/IMG_20140308_080331_zpsc52c177d.jpg

Ek glo nie ek gaan verder lol nie hahaha... Ek sal wel dalk in die toekoms wil kyk of ek nie die selle resultaat met bietjie meer spoed kan kry nie.

Dankie vir almal se raad!
User avatar
Carel Kolesky
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 373
Joined: Fri Feb 21, 2014 3:44 pm

Re: 270gr. Barnes TSX .375H&H

Post by Carel Kolesky »

jy hoef nie meer rond te speel nie-daai is beter as goed-geluk!
Gooi kole!
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: 270gr. Barnes TSX .375H&H

Post by Dwight375 »

Baie mooi Hennie

Daii 270 TSX werk mooi in die 375.

Groete
Dwight
Post Reply