Ek weet nie hoe gereeld julle die versoek kry nie en of julle al moeg is vir so iets nie maar ek wil tog probeer.
Ek het my 2 seuns die laaste jaar en 'n half geleer van wapen veiligheid/verantwoordelikke gebruik en ook om darrem raak te skiet.
A.g.v. die alombekende lisensie nagm?rie het ek 2X .50cal swartkruit rookpale gekoop.Wag vir die .303 en 30-30
Aangesien dit nie jagseisoen is nie het ek gewonder of daar nie dalk iemand op die forum is wat hulp nodig het met pesdiere/varke in die gesaaides nie
Ja die jagseisoen wat voorl? sal ek hulle wel vat om te jag maar as hulle dan al reeds 'n varkie op die lys het kan dit die winter dalk 'n Rooibok wees.
Laat weet asb. as daar so 'n geleentheid nie te v?r vanaf Pretotia is.
Dankie.
Peet

