Verskillende "selected cartridge" vir 300 win mag

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
User avatar
hennievs
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Thu Oct 03, 2013 12:29 pm

Verskillende "selected cartridge" vir 300 win mag

Post by hennievs »

Hi Manne,
Ek sit en speel met QL - en droom oor verskillende ladings wat ek gaan bou vir my 300 Win Mag (eendag as die liksensie kom ).
Kies toe a Hornandy 180 gr punt ........................
Waaragtig .... dit kan nie waar wees nie .... Onder die selected cartridge is daar ewe skielik 4 (Vier) verskillende 300 Win Mag's
1. 300 Win Mag (@)
2. 300 Win Mag (f)
3. 300 Win Mag (N)
4. 300 Win Mag (W)

Die beste van als is hulle gee met presies dieselfde ladings groot verskille in druk en OBT.

Help asb watter een moet n mens nou gebruik ???
??? ??? ???
Hennie Van Staden
243 Howa Varmiter Met Rudolph Scope
.22 Remington Matchmaster
9mm Short Beretta
375 Ruger Howa met Lynx 2-15x 50 SAH
User avatar
Braamgr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sun Oct 30, 2011 11:54 am

Re: Verskillende "selected cartridge" vir 300 win mag

Post by Braamgr »

Hennie ek dink dit is die tipe dop
@ - generies
F - federal
W - winchester
N - norma

Die slim manne moet maar reghelp
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Verskillende "selected cartridge" vir 300 win mag

Post by Wouter Roets »

Hennie

Braam is absoluut reg die verskillende 300 Win Mag kalibers wat jy daar sien verteenwoordig verskillende dop vervaardigers. Jy sal sien alles is presies dieselfde met hulle behalwe vir die dopkapasiteit wat veskil. Hierdie syfers is nogal heel akuraad soos ek dit al ondervind het. Jy kan enige een kies en net jou regte gevuurvormde dopkapasiteit inlees of soos jy wat nog nie jou wapen het nie jou maak dop kies en so bietjie speel. Indien jy PMP doppe gaan gebruik kan jy die Remington dop kies aangesien hulle dopkapasiteite baie ooreenstem.

Ek weet nie hoekom die QL vervaardigers hierdie ingesit het nie, maar ek sal dink dit is om te wys hoe verskillende dopvervaardigers se doppe kan verskil. Deur hier te speel soos jy gedoen het wys jou net hoe een lading heeltemal veilig is in n groot kapasiteit dop en dan ewe skielik hoe druk kan gee in n klein kapasiteit dop. Nodespoed word ook natuurlik aangeraal agv die wisseling.

Groetnis
Wouter
User avatar
hennievs
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Thu Oct 03, 2013 12:29 pm

Re: Verskillende "selected cartridge" vir 300 win mag

Post by hennievs »

Dankie manne
Het verder gesien dat (@) en (W) baie naby aan dieselfde resultate lewer
Dis darem lekker om aan n forum te behoort waar n mens sulke goed kan uitvind,
Weereens dankie manne
Hennie Van Staden
243 Howa Varmiter Met Rudolph Scope
.22 Remington Matchmaster
9mm Short Beretta
375 Ruger Howa met Lynx 2-15x 50 SAH
Post Reply