Hoe ver kan kudu loop na skoot?
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Hoe ver kan kudu loop na skoot?
Dit is elke ou wat die bok skiet se plig om maar te soek en hom uit moontlike leiding te verlos.
J1
J1
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Hoe ver kan kudu loop na skoot?
Stem saam. Dit moet natuurlik ook so gou moontlik plaasvind.
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Hoe ver kan kudu loop na skoot?
Jake met premium punte weet jy dis net skootplasing maak net die raaiskote minder
Spoed is nice maar spoed is n blink56m
Spoed is nice maar spoed is n blink56m
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Hoe ver kan kudu loop na skoot?
Stem saam 375, meeste ouens het nie 'n idee eers wat beteken premium, bonded ens. nie. Ek is ook nie meer baie lus om ouens te verduidelik nie, want hulle sal iets sê soos hy en sy pa skiet nog altyd met............ bruin pak kafee pmp ens.
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Hoe ver kan kudu loop na skoot?
Onthou maar altyd net dat helder bloed nie veel beteken nie. Enige arteriële (geoksigineerde) bloed is helder. Indien jy maw n klein arterie tref, wat baie gebeur, in die been, skouer of rug area sal hy, agv die hoër bloeddruk in die arteriële sisteem, meer bloed gooi in n pulserende wyse, as wanneer dit uit 'n vene bloei.
Vaskulêre skade is op sy eie 'n stimulus vir vasokonstriksie, en met ander woorde trek die stukkende arterie mettertyd toe, bloei minder, stol toe, ek hou op bloei. Lugbloodstelling laat alle bloed stol. Daar kan nogtans veneuse bloed in die wond in "ooze", en saam met die stolsels later uitval as die donker bloed. ( die eerste fase van haemoglobien afbraak na die boublokke daarvan laat dit verdonker) dit is by the wat hoekom 'n blou kol die volgende dag donkerder is.
As jy sien hoe lyk die volume bloed wat 'n mens se sirkulasie met 10% verlaag- maar ongeveer 500-650ml-wat lê op n laken of vloer lyk dit of daar liters gevloei het.
Daai kudu loop heel moontlik nog.

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Hoe ver kan kudu loop na skoot?
Jake, gelyk asof jy die fassiliteerder was met die jag?
Veiligheid eerste manne!
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Hoe ver kan kudu loop na skoot?
Wat bedoel jy Brno? verstaan nie mooi nie?BRNO (Pierre) wrote:Jake, gelyk asof jy die fassiliteerder was met die jag?
J1
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Hoe ver kan kudu loop na skoot?
Pappabeer dankie vir daai mooi verduideliking. Ek dink jy maak sin dat die bloed na meer lyk as wat dit regtig is. Wat is die persentasie bloed volgens jou kennis wat 'n bok moet verloor wat sal lei tot sy dood (net bloedverlies nie skade aan ander organe soos hart ens nie)? As laasgenoemde persentasie bereik word, hoe lank sal dit ongeveer vat voor hy dood is? Het al baie oor die bloedverlies situasie opsigself gewonder.
J1
J1
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Hoe ver kan kudu loop na skoot?
Jô. Nou vra jy Jake. Mens kan sy Haemoglobien akuut drop van +_ 16 na 7-8 en nog redelik by wees. Wanneer bloeddruk val gaan vitale organe (brein, hart) se bloedvoorsiening laaste en dit gebeur by seker so 40% van jou normale bloeddruk gehandhaaf oor 'n paar minute.
Die berekeninge en invloede raak woelig hier, want bv. Volume val agv bloei, maar bloeddruk styg agv adrenalien. Ek kan eerlik nie daai andwoord nie, maar sal met 'n veearts gesêls.
By n mens is jy redelik in jou moer as jy 2,5L verloor het en nie baie gou ten minste intraveneuse vog inkry en later ook rooibloedselle oorgetap kry nie.
Daars ook die konsep van Tamponade. As bv n ding in sy pensholte bloei stop dit later want dit is n geslote spasie teenoor uitbloei na buite.
Ek dink die kruks van die saak by die fatale wond van n dier is om hom te laat aanhou bloei deur die hart, groot vate, lewer, ens te tref sodat dit nie spontaan ophou nie en hy wel, binne n tud/afstand uitbloei waar jy hom kan kry. ( maar dies makliker gesê as gedaan)
Die berekeninge en invloede raak woelig hier, want bv. Volume val agv bloei, maar bloeddruk styg agv adrenalien. Ek kan eerlik nie daai andwoord nie, maar sal met 'n veearts gesêls.
By n mens is jy redelik in jou moer as jy 2,5L verloor het en nie baie gou ten minste intraveneuse vog inkry en later ook rooibloedselle oorgetap kry nie.
Daars ook die konsep van Tamponade. As bv n ding in sy pensholte bloei stop dit later want dit is n geslote spasie teenoor uitbloei na buite.
Ek dink die kruks van die saak by die fatale wond van n dier is om hom te laat aanhou bloei deur die hart, groot vate, lewer, ens te tref sodat dit nie spontaan ophou nie en hy wel, binne n tud/afstand uitbloei waar jy hom kan kry. ( maar dies makliker gesê as gedaan)
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Hoe ver kan kudu loop na skoot?
Dankie pappabeer, na jou verduideliking besef ek boedverlies is baie meer ingewikkeld as wat mens dink. Dan moet 'n kudu seker ten minste 2-3L en meer bloed verloor voor hy in die moeilikheid is, wat verskriklik baie bloed is, of redeneer ek nou om my alie?
J1
J1
-
Dimitri
- Hero Member

- Posts: 1015
- Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Re: Hoe ver kan kudu loop na skoot?
Hoe ver kan kudu loop na skoot?
Dit hang af.
1. Waar op die lyf is hy getref. Om te se "hy het n' blad skoot gevat" help nie baie nie. Waar jy mik en waar jy raakskiet is nie altyd dieselfde plek nie. Jake1 dit klink as of dit nie moontlik is dat julle met sekerheid kan se waar op die lyf die bok getref is. Hy kon die skoot getrek het, die punt kon eers n' tak geraak het, sy teleskoop kon uit gewees het, hy kon bokkoors gehad het ens ens ens. Daar is baie goed wat kan gebeur wat n' skoot nie laat tref waar jy gemik het. So, alhoewel n' kudu nie n' baie taai dier is nie, hy kan baie ver bly loop na skoot. Dit hang af waar hy raakgesiet is.
2. Wat se "tools" is gebruik? In my opinie is n' .243 nie die regte kalieber om kudus mee te skiet. Veral nie vir lyf skote op kort afstande nie. As jy groot bene gaan tref - veral die van n' koedoe bul, gaan jy n' probleem he met n' .243 - veral op kort aftstand. Jy kan nie vetrou dat die Game Kings elke keer die been gaan breek en by die vitals uitkom nie. Dit is natuurlik moontlik om kudus te skiet met n' .243 en dit word baie gedoen maar, en moet nie my woord op dit vat nie, dit is teen die wet op oop plaase in n' paar provinsies, baie wildsboere sal dit nie toelaat op kudu-groote diere op hulle plaase en die meeste kenners wie se opienie ek respekteer stel nie n 243 voor vir kudu nie. Jake1, as jou vriend wel die groot been in die skouer getref het met sy .243 dan, om jou vraag te beantwoord - n' kudu kan baie ver loop. As hy dieselfde skoot soos bo beskryf met n' grooter kaliber met premium punte gevat het, dan het hy sy kudu binne 100m gekry.
Ek het ook n' 243 en is lief vir hom. Niks teen die kalieber nie.
Ek het so 13 jaare terug ook n' kudu bul verloor toe ek hom in die kuiltjie (wel dis waar ek gemik het) van voor geskiet het met n' 30-06 patroon uit n' bruin pakkie. Dit kon dalk bullet failure gewees het of dit kon net n' slegte skoot van my kant af gewees het maar, nadat hy eers BAIE gebloei het, en na ons vir twee dae en weer die volgende naweek gesoek het - het ons daardie bul nie gekry nie. I still carry a scar on my heart. Ek het na daardie jag oorgegaan na premium punte toe en gebruik die laaste 10 jaar net Swift A-frames.

mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Hoe ver kan kudu loop na skoot?
Stem heel saam met Dimitri sal ook nie my 243 gebruik op koedoe as ek nie premuim punte soos Rhino ens gelaai het nie. Die kans vir kwes is net te groot met die ligte kalibers en nog meer nog sonder premuim punte!
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Hoe ver kan kudu loop na skoot?
Was jy saam toe die bok geskiet was? In die begin van jou skrywe lyk dit amper so, maar later weer nie. Ek wonder sommer net.Jake1 wrote:Wat bedoel jy Brno? verstaan nie mooi nie?BRNO (Pierre) wrote:Jake, gelyk asof jy die fassiliteerder was met die jag?
J1
Ek was onlangs op n zebra jag waar n man sy zebra met die slegte bruin boks ammo geskiet het, en sy zebra het min of meer dieselfde tree gegee na die eindbestemming as die ander gelaaide ammo.
Ook het ek n vriend wat nou al jare saam my jag, wat net die bruin boks ammo gebruik, en dan skiet hy net vyf skote per jaar waarvan drie op bokke is, en drie bokke per jaar gaan huis toe. My punt is net dat die bruin boks ammo nie altyd alleen uitgesonder moet word nie. Ja dit is nie premium nie, en ja dit is nie die beste beskikbaar nie, maar ja dit kan ook die werk doen as dit gevra word. Hierdie ou het moontlik n af dag gehad, of dalk n takkie getref, of, of, of..., en sy bok het weg gekom. Wys my een jagter wat herlaai, of premium patrone koop, met wie dit nog nie gebeur het nie.
Veiligheid eerste manne!
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Hoe ver kan kudu loop na skoot?
Marius, net vir interesandheid. Besit jy n .243, en indien nie, het jy al met een gejag? Indien wel, wat is die maksimum vermoee volgens jou van die geweer?mariusr wrote:Stem heel saam met Dimitri sal ook nie my 243 gebruik op koedoe as ek nie premuim punte soos Rhino ens gelaai het nie. Die kans vir kwes is net te groot met die ligte kalibers en nog meer nog sonder premuim punte!
Veiligheid eerste manne!
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Hoe ver kan kudu loop na skoot?
Dimitrie jy is reg, mens gaan nie weet waar die ou geskiet het presies nie, ek was ook nie by toe hy geskiet het nie, maar volgens hom het hy dwars gestaan.
Ek stem saam, ek dink 'n groter kaliber sou meer gedoen het, en die koele was sy keuse, dis maar hoe mens leer ne?
Die kwessie oor toelaatbare kalibers en die onwettigheid al dan nie sal ek nogal meer inligting oor wil he, ek kan my nie self hieroor uitlaat nie, ek was nie betrokke by die jag nie, maar die wetlike aspek en kaliber toelaatbaarheid kan regtig 'n interessante topic wees.
Ek wou net agter die kap van die byl gekom het van wat moontlik kon gebeur het(scenarios) en het baie insiggewende antwoorde gekry.
Om die waarheid te sê het ek nogal gedink bloedverlies opsigself het 'n groter uitwerking, maar soos pappabeer hierbo mooi verduidelik het moet 'n bok eintlik vrek baie bloed verloor het voor dit fataal sal wees.
J1
Ek stem saam, ek dink 'n groter kaliber sou meer gedoen het, en die koele was sy keuse, dis maar hoe mens leer ne?
Die kwessie oor toelaatbare kalibers en die onwettigheid al dan nie sal ek nogal meer inligting oor wil he, ek kan my nie self hieroor uitlaat nie, ek was nie betrokke by die jag nie, maar die wetlike aspek en kaliber toelaatbaarheid kan regtig 'n interessante topic wees.
Ek wou net agter die kap van die byl gekom het van wat moontlik kon gebeur het(scenarios) en het baie insiggewende antwoorde gekry.
Om die waarheid te sê het ek nogal gedink bloedverlies opsigself het 'n groter uitwerking, maar soos pappabeer hierbo mooi verduidelik het moet 'n bok eintlik vrek baie bloed verloor het voor dit fataal sal wees.
J1
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Hoe ver kan kudu loop na skoot?
Pierre ja baie, wil amper sê meeste
ouens jag wel "meestal" suksesvol met die "bruin boksies." Ek persoonlik sal verkies om nie met hulle te jag nie aangesien ek voorheen probleme opgemerk het met koeels wat kan opbreuk as hulle bene tref en/of te naby is.
Nee was nie by met jag nie.
J1
Nee was nie by met jag nie.
J1
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Hoe ver kan kudu loop na skoot?
Jip ek besit 243 brno en het al heelwat rooibokke ,blesbokke gejag met hom maar soos gese sal nie koedoe aanvat met "bruin" boksie nie ! Ek sal nie twee keer dink om koedoe met Rhinos te jag in die 243 nie! Ek jag met Rhino's in die 30 06 en 9,3 nog nooit bok verloor met die punt nie. Niks fout met die "bruin" boksie vir die kleiner wild nie? Natuurlik skiet ek eerder koedoe met die 30 06 in die "bruin" boksie as met die 243!?BRNO (Pierre) wrote:Marius, net vir interesandheid. Besit jy n .243, en indien nie, het jy al met een gejag? Indien wel, wat is die maksimum vermoee volgens jou van die geweer?mariusr wrote:Stem heel saam met Dimitri sal ook nie my 243 gebruik op koedoe as ek nie premuim punte soos Rhino ens gelaai het nie. Die kans vir kwes is net te groot met die ligte kalibers en nog meer nog sonder premuim punte!
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Hoe ver kan kudu loop na skoot?
Ek dink dit is gepas om hier een van my teleurstellings met julle te deel.
Ek het jare gelede gejag op n plaas in die karoo waar ek onder andere n springbok wou skiet.
Ons kry die bokke toe op n groot oop droe pan, dus kon ek nie nader gaan nie en ek het net my 30-06 by my. Ek het gevoel die skoot was te ver vir die 30-06 en se toe so vir die boer.
Die boer se toe vir my dat ek moet met sy 7mm rem mag skiet, wat ek toe besluit om te doen.
Met die skoot hoor ek dat dit is raak en ek het goed gevoel met die skoot, maar die bok hardloop asof niks gebeur het nie, alhoewel hy het weg gebreek van die trop.
Die volk jaag toe die bok met n perd waarna hulle hom later lewendig maar pootuit kry en toe keel afsny.
Die uiteinde van die saak is dat ek het hom op daardie dun nekkie geskiet met die 7mm rem mag maar die koeel het op die vel ontplof en seker nie meer as 2cm gepenetreer nie. Ek weet nie watter ammunisie daardie boer in sy geweer gehad het nie en was so omgekrap dat ek nie eers omgegee het nie.
Van daardie dag af jag ek ook net met premium koeels.
Groete
Henning

300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim