Barnes ttsx 168gr vir 30-06

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Barnes ttsx 168gr vir 30-06

Post by Smitstertjies »

Ek het vandag n lekker vinnige lading gekry op my CZ 550 30-06.Quick load help darem maar mooi.
Ek het eers onderste nodes geskiet en stelselmatig op beweeg. Toe slaan hy hom raak op hoe node ;D

4 Skoot groep van 20mm. Seker sal hom nog kleiner kry met TPL verstellings.

Koeel : Barnes TTSX 168gr
Doppe : Barnes
TPL : 83.4 mm
S365 lot 72 : 56.0grain
Jump : 1mm
Spoed : gemiddeld van 2832 vps (Deur 2 chrony's geskiet. Hulle lesings was omtrent identies)

Geen druktekens gesien nie. Volgens QL is druk maar so 52 000 psi.

Hierdie lading behoort lekker te werk vir vlakte jag in Vrystaat. Barnes sal mushroom op hierdie spoed selfs op 400m
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Post Reply