30-06 raad met CCI250magnum primers

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
dawiec
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am

30-06 raad met CCI250magnum primers

Post by dawiec »

More manne,

Ek eksperimenteer bietjie met 150 grein Cfn Impala punte op my 30-06. Onlangs begin herlaai so wil nie onnodig risikos vat nie.
My vraag is dat Impala op die herlaai data S335 kruit aanbeveel met 'n TPL van 80.01mm. Ek gebruik gewoonlik CCI200 primers. Sal dit enigsins 'n verskil maak as ek CCI250 magnum primers gebruik?

Dankie by voorbaat vir advies!
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 30-06 raad met CCI250magnum primers

Post by Danie01 »

JA Dawie,

Jou spoed sal hoër wees as met CCi200, maar toets hul oor chrony, met my 7x64 het die spoed nie baie verskil nie.

Groete
Danie
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: 30-06 raad met CCI250magnum primers

Post by Eugene »

Jou "start up pressure" gaan hoër wees met magnum primers, wat ook hoër druk tot gevolg gaan hê. Enige rede waarom jy wil oorslaan na magnum primers?
Aim small, miss small
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: 30-06 raad met CCI250magnum primers

Post by Johan Reyneke »

Hi Dawie

Ek gebruik reeds Magnum primers in my 30-06, en kan nie groot verskil agterkom nie.
Jy sal dalk jou lading so bietjie moet verminder om dieselfde spoed te kry as voorheen. Laai so 0,5 gr laer en kyk wat doen die spoed teenoor jou vorige ladings.
As jy nog nie data het nie. Kan jy die forum "soek" funksie gebruik en kyk of daar nie al enige inligting beskikbaar is nie.
Jy kan ook onder die QL forum kyk wat word benodig dan kan die QL manne jou ook help.( http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=132&t=12312 )
Soos Danie se chrony sal jou vinnig 'n aanduiding gee.

Eugene,
Ek dink die beskikbaarheid van CCI200 mag dalk hier die keuse beinvloed
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
dawiec
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am

Re: 30-06 raad met CCI250magnum primers

Post by dawiec »

Dankie Danie en Eugene. Geen spesifieke rede vir hul gebruik nie. Sal dan eerder by die 200's bly en die 250's op my 375 gebruik wat baie hoer ladings en dus 'n beter ontbranding tot gevolg sal he?
User avatar
dawiec
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am

Re: 30-06 raad met CCI250magnum primers

Post by dawiec »

Johan baie dankie vir die raad. Ek het gelukkig nie 'n tekort aan Cci200 en Cci250's nie....'n dealer hier in die Kaap het genoeg voorraad en ek toe ook sommer opgestock!
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: 30-06 raad met CCI250magnum primers

Post by Johan Reyneke »

Jy is baie gelukkig, want ek sien hier paar forum lede wat ernstig op soek is na CCI200. As jy wil kan jy dalk jou dealer se inligting deel as daar van die Kaap lede is wat soek.


http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=127&t=29360
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=75&t=29368
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
dawiec
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am

Re: 30-06 raad met CCI250magnum primers

Post by dawiec »

Johan Vgk Arms in parow het nou net bevestig hul is uit Cci200 maar hul het nog 250,s magnum primers asook selier en bellot.
Kontak besonderhede 021 939 2391
Post Reply