223 na 223 Ackley Improved??

Post Reply
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

223 na 223 Ackley Improved??

Post by Ooploop »

Goeie dag

Ek skiet ongediertes met n 223,gaan nou my loop vervang.Het baie goeie diens van 223 gekry en is baie tevrede met die kaliber.
Het iemand van jul al n 223 na ackley improved gemaak? Sal graag wil hoor of dit die moeite werd is?

Hoor graag van julle.

Groete
Ooploop.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 223 na 223 Ackley Improved??

Post by Francois Marais »

Ooploop

Ek het nie ondervinding van die 223 AI nie, maar jy kan hier n bietjie gaan lees oor hom.

http://findarticles.com/p/articles/mi_m0BQY/is_4_49/ai_98124201/

http://www.the-long-family.com/_223ai.htm

http://6mmbr.websitetoolbox.com/post?id=900325

http://www.longrangehunting.com/forums/f17/223-ackley-improved-18287/

http://www.huntchat.com/archive/index.php/t-36045.html

Soos met alles waaroor die yankies praat, is daar manne vir en ander teen die idee, lees maar en besluit self.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: 223 na 223 Ackley Improved??

Post by Ooploop »

Jis Francois

Baie dankie vir jou terugvoer,het vinnig daardeur gekyk,ek gaan dit bietjie deur lees.
Ek weet nie of dit nou net g@tjik is nie,sal jou weer eendag se as ek iets besluit het.

Groete
Ooploop
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: 223 na 223 Ackley Improved??

Post by Nico de Jager »

Jis
Het jy al uitgevind of jy n 22 250 kan laat pas?
Groete
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: 223 na 223 Ackley Improved??

Post by Ooploop »

Jis Ribbok
Jy kan glo dit doen,dan moet jy net aansoek doen vir lisensie verandering.

grte
Ooploop
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: 223 na 223 Ackley Improved??

Post by Nico de Jager »

Ooploop
Nee wat hou wat jy het. Hoe gaan met die kleinbaas?
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: 223 na 223 Ackley Improved??

Post by JACQUES BOTHA »

223 na 223 ackley
Jy wen meer met die ombouing as wat jy wen met n 25-06-na 25-06 ugly..
Probeer gerus
JB
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: 223 na 223 Ackley Improved??

Post by Armand Steenkamp »

Hoefeel foet per sec sal n man by kry?Ek reken dan sal jy nou met n bakgat geweertjie sit!
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: 223 na 223 Ackley Improved??

Post by JACQUES BOTHA »

armand :
Presies wat die spoed is wat jy gaan kry nie, nie met ons  dryfmiddels nie, maar skat jy wen maklik  so 200 to 300voet per sekond
n 54 grein punt sal jy amper 3600 kan skiet en n 55 grein punt sla jy maklik 3300 to 3400 haal.
Die groot voordeel as jy n ander loop opsit sal jy die swaarder punte kan skiet tot by die 75grein punt in  1 in 8 twist loop (dink ek)Die  52 hp koele behoort ook mooi te werk teen 3400f/s.
Maar dit kan verskil agv dryfmiddel en primers.
hoop dit help
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: 223 na 223 Ackley Improved??

Post by Armand Steenkamp »

Ek hou van die  idee van n ligte koeltjie teen hoe spoed!
En skerp skouertjies aiai is dam al te vraai!
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: 223 na 223 Ackley Improved??

Post by Chris101 »

Ooploop

Myne loopoop na nuwe loop en acly

40 v max 3900
0 tot 290 gooi dood 100mm vital

Chris101

28" loop met silenser
Knou die gediertes AF.
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: 223 na 223 Ackley Improved??

Post by Ooploop »

Middag Chris101

Dankie vir jou boodskap.Ek glo dat hy sal ooploop. Wat se loop het jy op jou geweer?
My boude jeuk vir n AC.Die ou wat my loop gaan opsit is nog op soek na reamer. Ek is so haastig om dit klaar te kry....

Het jy al met 55gr Vmax die spoed getoets miskien?

Groete
Ooploop
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7550
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 223 na 223 Ackley Improved??

Post by Wouter Roets »

Hallo Ooploop
Ek het ook n 223 Ackley en is baie tevrede daarmee. As jy by dieselfde druk bly wen jy gemaklik 200ft/sek met n 24 duim loop. Maak maar net seker wie jou kamer gaan doen dat hy sy storie ken met headspacing. As dit nie aan die stywe kant is nie sukkel n mens maar lekker. Dit is ook nie nodig om te lank te gaan met sy loop nie, 18 duim is al wat hy nodig het vir volle ontbranding. Maw 24-26 duim is idiaal. Vir jou twist sal ek 1:9(mees geballenseerdste 50-70gr) of 1:8(meer vir swaarder punte 65-80gr). Geniet die geweer ek is seker hy gaan jou baie plesier gee!
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: 223 na 223 Ackley Improved??

Post by Ooploop »

More Wouter

Dankie vir jou skryf,dis lekker om te hoor dat dit n lekker geweer is. die ou wat my loop gaan opsit kry nie n reamer vir die ackley nie. Nou ek sit al van april sonder my geweertjie. Sal jou laat weet as ek eendag my geweer gekry het......

Mooiloop
Ooploop
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 223 na 223 Ackley Improved??

Post by Arnold »

Wouter, ek het 'n standaard (1:12" twist) 223 en het sy loop laat korter sny na 20". Ek laaik die geweertjie kwaai en hy skiet 'n hond uit 'n bos. ek is nie so erg gepla oor die spoed nie maar wat sal moontlik wees in die kort loop as ek by dieselfde druk vlak bly en hom laat ackley?

Ek skiet tans 26.2gr S321 agter 'n 55gr Sierra SBT vir 3080fps met Lapua doppe en PMP primers. Hierdie gee vir my ligte kratering in die primers so ek wil nie graag die druk nog opstoot nie. Ek sal ook seker nie die geweer laat ackley nie want die geweer is maar vir die korter afstande, maar dit sal interessant wees om te weet.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7550
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 223 na 223 Ackley Improved??

Post by Wouter Roets »

Arnold
Jou huidige lading gee hy 99% dopfulling vir n drukvlak van 51753psi en spoed 3095ft/sek
Met die Ackley is dit 27.6gr vir 3141ft/sek en 96.3% dopfulling.
Maksimum met die Ackley gee hy 28.8gr vir 3283ft/sek 100.5% dopfulling 60169psi.
Die punt wat ek op gewerk het is SPBT 55gr 1365.
Ackley maak maar net jou geweer na n standaard 223(24duim) uit n 20duim uit.
Groetnis
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 223 na 223 Ackley Improved??

Post by Arnold »

Baie dankie vir die info Wouter. Ek hoop nie ek maak te veel misbruik van jou nie?

Dit is darem maar net lekker as jy hierdie syfers kan deurgee en dit is nie duimsuig waardes nie!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7550
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 223 na 223 Ackley Improved??

Post by Wouter Roets »

My plesier Arnold! "Penny for your thoughts" oor die Ackley?
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 223 na 223 Ackley Improved??

Post by Arnold »

In my geval, nie die moete en geld werd nie. Nie vir die doel van die roer nie. 'n Ekstra 50 fps gaan my nie enigsens 'n voordeel tot op 200/250m gee nie. Ek dink omdat my slagpen kleiner is as die gat waardeer dit steek kry ek al kratering op relatiewe lae druk vlakke. Hierdie sal eer uitgesorteer moet word voordat ek regtig die potensiaal van die omskakeling kan tap.

Dan dink ek ook dat my loop se twist my beperk en dat mens self beter sal doen met 'n vinnige twist wat die swaarder koeeltjies stabiliseer en uit 'n langer loop skiet vir baie beter lang afstand werk? Hier sal daai toename in spoed baie welkom wees.
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: 223 na 223 Ackley Improved??

Post by Ooploop »

Wouter

Baie dankie vir jou hulp,sal jou op hoogte hou.

Mooibly
Ooploop
Post Reply