Wie kan enige kommentaar lewer oor die betrokke apparaat? Dis 'n 'akoestiese' kronograaf wat die klankgolwe van die verbygaande projektiel lees oor twee sensors en dan die spoed bepaal. Dis nie 'n goedkoop item gemeet aan die standaard Chrony's nie, maar die vervaardigers beweer 99.5% akkurate lesings in enige ligtoestand. Die ander eienskap wat my intereseer is dat die 'leesarea' waarbinne die sensors die klankgolwe kan optel nogal groot is en die apparaat heelwat laer opgestel kan word as ander kronograwe met optiese sensors. Dit lyk dus of die kronograaf met groter veiligheid op verder afstande by die teiken opgestel kan word om die terminale spoed by die teiken te kan lees. Ek hou nogal van daardie moontlikheid. Ek oorweeg om die die MagnetoSpeed V2 aan te skaf, maar die plaaslike agente het nie tans voorraad nie. Ek het met Wouter Roets gekommunikeer oor die betroubaarheid van die MagnetoSpeed, maar hy het my toe attent gemaak op die bestaan van die Steinert SuperChrono. Beide die produkte lyk of dit meer bruikbaar en betroubaar kan wees as die Chrony, maar beslis duurder. Ek sal egter graag die mening wil kry van persone wat wel so 'n Steinert SuperChrono het, of wel al een gebruik het om hulle waarnemings met ons te deel.
GS Custom Bullets blyk die agent te wees vir die Steinert SuperChrono hier in Suid Afrika.
Ek hoor graag van die manne.
Groete,
JHN
http://www.gsgroup.co.za/steinert.html
http://www.steinertsensingsystems.com/p ... -standard/
Steinert SuperChrono - Wie het dit al gebruik?
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Steinert SuperChrono - Wie het dit al gebruik?
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Steinert SuperChrono - Wie het dit al gebruik?
Ek wil presies dieselfde doen, ek vermoed dat die magnetospeed en die steinert gebruik dieselfde tipe tegnologie, ek sal op die stadium eerder die magnetospeed vat
-
Gerrit Visser
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm
Re: Steinert SuperChrono - Wie het dit al gebruik?
Johan ek het n superchrono en hy werk baie goed solank jy hom reg opstel.
1. Die chrono moet in lyn met teiken wees.
2. Baie belangrik die chrono MOET paralel met die loop wees.
1. Die chrono moet in lyn met teiken wees.
2. Baie belangrik die chrono MOET paralel met die loop wees.
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Steinert SuperChrono - Wie het dit al gebruik?
Ek wil sommer gou my eie post hijack en hierdie hier plaas oor die radar chronograaf oftewel Labradar wat pas bekendgestel is. Daardie chronograaf stel lanks jou geweer op en meet dan die spoed van die koeel met radar. Die fantastiese eienskap is dat die chronograak herhaaldelik die spoed van die koeel in vlug meet tot op ongeveer 100yards. Dus het jy vier of vyf lesings van een koeel en kan jy met die vuur van een rondte die veelvuldige metings neem en weet wat die spoed van die koeel is as dit die teiken bereik op 100yards. En dan kan jy nog bet hehulp van bluetooth die inligting oorlaai op jou rekenaar of tablet.
Kyk hier:
http://mygunculture.com/the-labradar-radar-chronograph/
https://www.youtube.com/watch?v=1e1HM7jaTe4
Groete,
JHN
Kyk hier:
http://mygunculture.com/the-labradar-radar-chronograph/
https://www.youtube.com/watch?v=1e1HM7jaTe4
Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Steinert SuperChrono - Wie het dit al gebruik?
Gerrit,Gerrit Visser wrote:Johan ek het n superchrono en hy werk baie goed solank jy hom reg opstel.
1. Die chrono moet in lyn met teiken wees.
2. Baie belangrik die chrono MOET paralel met die loop wees.
Baie dankie vir hierdie terugvoer. Is die korrekte opstel baie gekompliseerd, en het jy probleme ervaar met die opneem van die lesings? Kan mens die lesings oorlaai op rekenaar vanaf die apparaat?
Hoor graag,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Steinert SuperChrono - Wie het dit al gebruik?
Alec,alecjohnson wrote:Ek wil presies dieselfde doen, ek vermoed dat die magnetospeed en die steinert gebruik dieselfde tipe tegnologie, ek sal op die stadium eerder die magnetospeed vat
Die MagnetoSpeed meet die magneetvelde van die koeel oor twee sensors terwyl die Prochrono die supersoniese klankgolwe van die verbygaande koeel oor twee sensors meet. Die ProChrono kan nie koeels se spoed meet wat laer is as supersoniese spoed nie.
Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter