300 Win Mag Hulp

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
User avatar
Braamgr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sun Oct 30, 2011 11:54 am

300 Win Mag Hulp

Post by Braamgr »

Naand manne, kan iemand wat QL my dalk help.

Ek het 'n 300 win mag Remington Sendero wat ek graag wil herlaai. Ek het 'n groep op 100m geskiet en hy gee my 'n vertikale "stringing" met 66.6gr S365.

Die volgende spoed verskille het ek gekry met 66.6gr S365:

1- 2860
2 - 2854
3 - 2842
4 - 2869
5 - 2942
6 - 2875
7 - 2858
8 - 2803
9 - 2858

Ek het die volgende inligting vir die QL manne:

1 - Loop lengte van kroon tot teen die slot se gesig 657mm
2 - H20 kapasiteit = 93.2gr (Hornady doppe)
3 - Koeel en gewig = 168gr Sierra Matchking (Match 2200) BHT
4 - Kruit = S365 Lot 059
5 - TPL = 89mm
6 - Bepalnde TPL 88.30mm
7 - Magasyn TPL = 92mm
8 - Primers = CCI 250 Magnum

Baie dankie by voorbaat.

Braam
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 300 Win Mag Hulp

Post by tripodmvr »

Eerstens is S365 nie die ideaal vir 300WM nie. S385 met CCI200 sal beter dopvulling en hopelik beter akkuraatheid gee. Verder sal ek aanbeveel dat jy nog so 2mm dieper die koeël plaas op TPL van 87mm. Begin met 70gr S385 en skiet groep daarmee en gee ook spoed - nou kan ons beter kalibreer en node uitwerk.
User avatar
Braamgr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sun Oct 30, 2011 11:54 am

Re: 300 Win Mag Hulp

Post by Braamgr »

Ek weet dit was n lang tyd, maar het nou n lekker plek gekry om my ladings te skiet.

Tripodmvr sal jy my dalk weer kan help daar met 'n node spoed asb, soos ek na my groepe kyk wil ek speel tussen 70.7gr en 71.9 gr. (Se maar as julle dit anders sien)

Ek het die volgende inligting vir die QL manne:

1 - Loop lengte van kroon tot teen die slot se gesig 657mm
2 - H20 kapasiteit = 93.2gr (Hornady doppe)
3 - Koeel en gewig = 180gr Sierra Matchking BHT
4 - Kruit = S385 Lot 013
5 - TPL = 89.08mm
6 - Beplande TPL 87mm
7 - Magasyn TPL = 92mm
8 - Primers = CCI 250 Magnum

Ek het 16 ladings gelaai van 69.8gr en verhoog met 0.3gr tot 74.3gr.

Nommer Lading Spoed Spoed V
1 69.8 2740
2 70.1 2752 12
3 70.4 2769 17
4 70.7 2822 53
5 71 2822 0
6 71.3 2810 -12
7 71.6 2820 10
8 71.9 2815 -5
9 72.2 2834 19
10 72.5 2848 14
11 72.8 2892 44
12 73.1 2858 -34
13 73.4 2865 7
14 73.7 2894 29
15 74 2918 24
16 74.3 2948 30
User avatar
Braamgr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sun Oct 30, 2011 11:54 am

Re: 300 Win Mag Hulp

Post by Braamgr »

Ek het weer te vining die knop gedruk, eks nog besig om die post aan te pas met n foto of wat. Sorry manne.
User avatar
Braamgr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sun Oct 30, 2011 11:54 am

Re: 300 Win Mag Hulp - Node op QL asb

Post by Braamgr »

Ek weet dit was n lang tyd, maar het nou n lekker plek gekry om my ladings te skiet.

Tripodmvr sal jy my dalk weer kan help daar met 'n node spoed asb, soos ek na my groepe kyk wil ek speel tussen 70.7gr en 71.9 gr. (Se maar as julle dit anders sien)

Ek het die volgende inligting vir die QL manne:

1 - Loop lengte van kroon tot teen die slot se gesig 657mm
2 - H20 kapasiteit = 93.2gr (Hornady doppe)
3 - Koeel en gewig = 180gr Sierra Matchking BHT
4 - Kruit = S385 Lot 013
5 - TPL = 89.08mm
6 - Beplande TPL 87mm
7 - Magasyn TPL = 92mm
8 - Primers = CCI 250 Magnum

Ek het 16 ladings gelaai vanaf 69.8gr en verhoog met 0.3gr tot 74.3gr en op 200m geskiet.

Nommer Lading Spoed Spoed Verandering
1 69.8 2740
2 70.1 2752 12
3 70.4 2769 17
4 70.7 2822 53
5 71 2822 0
6 71.3 2810 -12
7 71.6 2820 10
8 71.9 2815 -5
9 72.2 2834 19
10 72.5 2848 14
11 72.8 2892 44
12 73.1 2858 -34
13 73.4 2865 7
14 73.7 2894 29
15 74 2918 24
16 74.3 2948 30

Ek sien tussen skoot 4 - 8 is die f/sek nie 'n groot verskil nie.

Ek heg ook die foto wat die skote en die nommer aandui aan. Dink julle tussen 70.7gr en 71.9 gr sal my node gee?

Baie dankie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 300 Win Mag Hulp

Post by Arnold »

Braam stoot daai lading nog so bietjie op na 3000 fps toe, hy behoort weer te begin toemaak. 2820fps is mos wat 'n warm 30-06 skiet ;)
(Ek skiet 2850 fps met 'n 208gr Amax uit my 300 met 72gr S385, my TPL is 92mm en dan is ek teen die lands. Die groep lyk belowend)

Hoekom die groot jump, werk jou ladings op met koeels wat amper teen die lands sit as hulle nog in die magesyn pas en daar genoegsaam van die shank in die dop steek.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: 300 Win Mag Hulp

Post by alecjohnson »

Ek dink jy is spot on met jou node tussen 4 en 6, maar soos Arnold se kyk of jy nie 'n node kry teen 'n hoer spoed nie. Ek het 'n (lyk my op die stadium) lekker node op 3160 fps sal saterdag weer bitjie met TPL en op langer afstande speel.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 300 Win Mag Hulp

Post by Arnold »

Onthou net Alec skiet n 160gr GSCHV wat bietjje vêr is van jou 180gr SMK waarvoor daai spoed so bietjie hoog sal wees.

Hier by 3000 fps behoort daai 180gr se groepies te begin krimp. Iemand moet maar net op QL dit bevestig
User avatar
Braamgr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sun Oct 30, 2011 11:54 am

Re: 300 Win Mag Hulp

Post by Braamgr »

Hi Arnold/Alec

Ek het die TPL korter gemaak soos aanbeveel deur Tripod.

Ek gaan weer n paar rondtes laai en die spoed so bietjie opstoot en weer vir julle post.

Ek kan nog nie enige druk tekens op die dop sien nie, behalwe dat hy nou soos n donkie begin skop.

Ek gaan ook 'n paar groepe skiet dan kyk ons wat doen hy op die lae spoed.

Ek sal ook maar QL aanskaf, lyk of dit 'n lekker speelding is.

Dalk n dom vraag - as ek nou die groepe laai en die TPL eers bietjie langer maak tot amper teen die groewe sal die druk seker opgaan, sal die node dan seker ook skuif?

Dankie
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 300 Win Mag Hulp

Post by Arnold »

Braam, eerstens ek stem glad nie saam met tripod se aanbeveling om 2mm weg van die lande te laai nie. Ek sien geen rede hiervoor behalwe as dit gebasseer was op die 168gr koeels se lengte en dat daar min van die koeels se skag in die dop steek nie.

Jy kan gerus so 0.3mm weg van die lande laai en kyk wat hy maak. as jy dan later die TPL moet aanpas hoef jy net korter te gaan en nie nog langer ook nie. As jy nie teen die lande laai nie, maar wel langer as die 87mm, behoort die effek op druk min te wees en op die lae lading sal dit versekerlik nie 'n gevaarlike situasie tot gevolg bring nie.

Laai hom langer en begin dalk by so 73gr en werk op.
User avatar
Braamgr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sun Oct 30, 2011 11:54 am

Re: 300 Win Mag Hulp

Post by Braamgr »

Thnx Arnold

Gaan hom so doen en dan kom ek terug na jou toe
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: 300 Win Mag Hulp

Post by Pinkes »

Môre

Braam,ek skiet self met n Sendero en hier is my resep.

Kruit: 71.0gr S385
Punt:Nosler 180BT
Primer:CCI250
TPL:88.5mm

Ek kry maklik onder 0.5moa met die resep. Die laaste ruk kry ek nogals gereel
± 0.25moa.
Ek weet elke geweer verskil,maar dit behoort jou 'n goeie idee te gee van wat die potensiaal
is. Ongelukkig kan ek nie meer die spoed onthou nie maar dink dit was omtrent 2930fps.
Hoop dit help..

Groete
P
User avatar
Braamgr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sun Oct 30, 2011 11:54 am

Re: 300 Win Mag Hulp

Post by Braamgr »

Hi P

Baie dankie

Ek het die naweek daardie toets lading geskiet op 100m (die 71gr was een van die ladings wat ek gekies het) en die volgende gekry

1. 71gr S385 (.65MOA)
71Gr .S385.jpg
2. 71.9gr S385 (.56MOA)
71.9gr S385.jpg
Hoe dink jy is die groep klein genoeg dat ek met TPL al kan begin speel en watter een sou jy gekies het om verder aan te werk?

Groete
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: 300 Win Mag Hulp

Post by Pinkes »

Braam,

Ek stel voor,hou by die 71.0gr en begin met TPL te speel...
Laatweet wat jy met die verskillende TPL'le kry.

Groete
P
Post Reply