Silencer word Harder soos lading opgaan
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Silencer word Harder soos lading opgaan
Ek het lank net PMP gekoopte ammo geskiet vir my 270 om doppe te kry nou besluit om weer te herlaai, Ek het agter gekom, as ek my ladings verhoog hoe meer raas die geweer, met ander woorde hoe minder doen die silencer sy werk. My lading is maximum ladings in die PMP boekkie S385, akkuraatheid is goed, spoed is +- 150 fps vinniger as die fabrieks ammo. Ek weet nie watter silencer dit is nie, 'n geweersmid het dit vir my opgesit. Dis alluminium met wat ek verstaan 'n expansion chamber en dan geen baffels daarna nie, so die silencer is amper net 'n pyp met 'n afskorting een derde van sy lengte van waar die loop eindig. Die laast gedeelte is net oop tot waar die silenser eindig, en die gaaitjie is kaliber grootte. Het ek 'n dud gekoop of werk dit maar so
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Silencer word Harder soos lading opgaan
Flip,
Skaf maar een van my kds aan. Gaan swaarder wees as jou huidige een, maar sal beslis beter werk.
Ja, intresante vraag. Glo dit is juis omdat daar net "2" kamers in is. Hoe hoer die lading, hoe meer word die gas.
Groete,
Henk

CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Silencer word Harder soos lading opgaan
Henk ek is sterk oppad daarheen Glo mySilent Hunting wrote:Flip,
Skaf maar een van my kds aan. Gaan swaarder wees as jou huidige een, maar sal beslis beter werk.
Ja, intresante vraag. Glo dit is juis omdat daar net "2" kamers in is. Hoe hoer die lading, hoe meer word die gas.
Groete,
Henk
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Silencer word Harder soos lading opgaan
dis nie sales praatjies nie maak maar gerus 'n plan en kry 'n Hunt Buddy
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Silencer word Harder soos lading opgaan
Daar is 2 dinge om na te kyk:
1. Daai onwerp klink redelik eenvoudig (primitief). Ek wil nie beweer dat hy gekompliseerd moet wees om te werk nie, maar 2 kamers is effens min om die gas en skokgolwe te demp.
2. Die meeste aluminium knaldempers verweer redelik vinnig. Die gat in die afskorting raak groter, met gebruik. Hoe warmer die lading, hoe vinniger die verwering. Van die beter aluminium kd's het 'n staal insetsel, by die eerste afskorting se gat.
Die beste sou wees om op te gradeer, na 'n beter model. Soek maar rond, daar is baie keuses.

- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Silencer word Harder soos lading opgaan
Ek het n KD by Erwee Basson gaan opsit so jaar of wat terug toe hy vertel het dat dit belangrik is vir KD om die lug te kan opvang en die druk afbring as ek reg onthou na iets soos 80 bar, van die byna 200 bar, andaers stoot hy net dir klank voor uit.
Weet iemand iets daarvan. As dit so is sal verhoogde ladings meer druk veroorsaak en dan ook meer klank, of hoe?
Weet iemand iets daarvan. As dit so is sal verhoogde ladings meer druk veroorsaak en dan ook meer klank, of hoe?
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Silencer word Harder soos lading opgaan
As ek so na ander manne se QL data kyk, sien ek 'n paar tendense. Die trompdruk op 'n paar vergelykbare kalibers lyk so:Christo wrote:Ek het n KD by Erwee Basson gaan opsit so jaar of wat terug toe hy vertel het dat dit belangrik is vir KD om die lug te kan opvang en die druk afbring as ek reg onthou na iets soos 80 bar, van die byna 200 bar, andaers stoot hy net dir klank voor uit.
Weet iemand iets daarvan. As dit so is sal verhoogde ladings meer druk veroorsaak en dan ook meer klank, of hoe?
7 x 57 +/- 9000Psi
270W +/- 11000Psi
7STW +/- 17000Psi
As my geheue my nie in die steek laat nie, is 100kPa = 1Bar = 14Psi. Dus 11000Psi = 785Bar.
Dit gee 'n aanduiding van hoe hard die geweer "klap". Dit het ook 'n groot invloed op terugskop.
Al die warm gas in die geweerloop se druk, moet van +/- 800 Bar af, verminder na atmosferiese druk. Hoe stadiger die drukvermindering plaasvind (langer tydperk) hoe minder raas dit. As die gasspoed kan verminder word, tot onder die spoed van klank, dan raas die gas nie meer nie. (Die supersoniese koeël is 'n ander saak...)
Om die gas (L.W. nie Lug nie) se spoed af te bring, word 3 beginsels toegepas.
(1) Die gas word toegelaat om adiabaties uit te sit (binne in die kd). Adiabatiese uitsetting verkoel die gas, wat die uiteindelike volume verminder.
(2) Die gas word afgekoel deur kontak met die wande. Afkoeling verminder die volume van die gas.
(3) Die gas word vertraag (gerem) op sy pad na buite.
Alle knaldempers gebruik al 3 beginsels saam. Hoe suksesvol hulle is, hang af van die onwerp, volume, grootte van die koeël-gat en nog ander faktore.