308 Win QL NAVRAAG

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by Francoisv »

Dawie/Corné

Baie dankie vir julle raad sover. Ek het het besluit om sommer beide teorië op die proef te stel.

Soos Dawie aanbeveel het ek 41.4gn S335 gelaai met 0.5mm, 1mm en 1.5 mm jump.

Dan het ek teen die groef gelaai vanaf 39 tot 44gn om te kyk waar die druk begin wys. Hopelik kan dit vir my die antwoorde gee wat ek soek.
Francois Vogel
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by tripodmvr »

Die TPL van 73,3mm laat slegs 3mm van die koeël in die nek van die dop. Ek sou darem probeer om 6mm daarin te hê. 'n TPL van 70mm is dus baie meer sinvol. Dit help nie altyd om die lande te jaag nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by DawieKotze »

tripodmvr wrote:Die TPL van 73,3mm laat slegs 3mm van die koeël in die nek van die dop. Ek sou darem probeer om 6mm daarin te hê. 'n TPL van 70mm is dus baie meer sinvol. Dit help nie altyd om die lande te jaag nie.
Driepoot

Op die 0.5mm jump wat ek as begin voorgestel het en sy mates van die koeël en dop, kry ek 7.74mm seating depth? Waar maak ons dan die fout?

Koeël lengte = 29.3mm
Doplengte = 51.05
Maks TPL = 73.11
Jump = 0.5mm

Daarom: 73.11 - 0.5 - 51.05 = 21.56

...en dus 29.3 - 21.56 = 7.74mm seating depth.

Is ek reg?

Groete

Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by tripodmvr »

Ek kon fout met koeël tipe gemaak het want die CC is nuut en ek het net die HPBT in QL se databasis. Is altwee bootsterte? Indien wel dan is soveel van die koeël in die nek, maar slegs 3mm van die skag van die koeël maak kontak met die dop.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by DawieKotze »

Driepoot - jy is reg. Dis ook die een in my QL. Dankie vir die regwys! Waar was jy dan vroeër? ;) ;)

Dit is bootsterte en net 3.5mm van die skag gaan deur die nek geknyp word.

Francois - as jy dit wil gebruik, gaan jy baie presies moet laai agv van moontlike konsentriese probleme wat jy kan optel. Ek sal ook aanbeveel dat jy met hierdie seating diepte (0.5 van die lande) nie uit die magesyn laai nie, maar een een. Het jy nie probleme opgetel met jou vorige ladings wat dit betref nie?

Probeer eerder om soos tripotmvr sê dan dieper te seat sodat die TPL nader aan 70mm is met ±6mm van die skag wat deur die nek vasgehou word.

37.7gr S335 gaan nou net 'n voorspelde spoed van 2562fps gee op node 5 (1.304ms). Drukvlakke is laag (46701psi). Die volgende node 4 is 1.168ms vir 'n spoed van 2754fps en om daar te kom moet jy 41.1gr laai, maar jou druk is dan oor maks (60502psi).

Wat stel jy voor Driepoot? Ek het BRF aangepas na 0.638 na aanleiding van sy vorige praktiese resultate.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by tripodmvr »

Ek wil die volgende voorstel :-
TPL = 69mm
S335 Lot 704 = 40,1gr
Spoed vir node = 2630vps

Skiet 3 patrone oor chrony en kyk wat se spoed en groep verkry word. Bring inligting terug om beter berekeninge te kan doen.

308 QL navraag klein.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by Francoisv »

Francoisv wrote:Dawie/Corné

Baie dankie vir julle raad sover. Ek het het besluit om sommer beide teorië op die proef te stel.

Soos Dawie aanbeveel het ek 41.4gn S335 gelaai met 0.5mm, 1mm en 1.5 mm jump.

Dan het ek teen die groef gelaai vanaf 39 tot 44gn om te kyk waar die druk begin wys. Hopelik kan dit vir my die antwoorde gee wat ek soek.
Dawie, ek laai gewoonlik een een, behalwe in die jagveld waar ek 165 Swift laai, maar dit is 'n ander storie. Vanaand gaan 'n paar punte gepluk moet word.....die sad ding (miskien 'n seëning) is ek kon eers more middag 14:00 'n booking kry op 'n skietbaan naby my. Die een waar ek gewoonlik skiet is 50km weg en is toe vir die benchies se kompetiesie vandag. Die stadslewe darem...ek soek 'n joppie in die kaap.

Stel julle manne voor ek maak die ladings soos ek hierbo aandui tot niet of kan ek die 39-45gn op die groef ladings dieper seat (69.0mm) vir 'n 300m 'ladder'? Wat die 41.4gn betref sal ek dit uitpluk en laai soos deur tripodmvr voorgestel.

Is dit die manier om die ding te benader?

Met dank.
F
Francois Vogel
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by DawieKotze »

Francois

Driepoot is baie meer ervare as ek met die herlaaiery en ook baie meer "clued up" met QL. So luister vir hom en laai 3 rondtes op sy lading en gee terugvoer.

Ek sal egter nog altyd wil sien wat my heel eerste (41.4gr met 0.5, 1 en 1.5mm jump) aanbeveling maak, ten spyte van die min "grip" op die koeël. Baie benchrest manne laai so, maar dan is die herlaai proses baie belangrik vir konsentrisiteit.

Dit is darem ook nie lekker om al die moeite te doen om net 3 skote te gaan skiet nie. Nou kan jy darem 12 skiet! :laugh: :laugh: :laugh:
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by Francoisv »

40.1gn S335
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Francois Vogel
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by Francoisv »

41.4g 1.5mm jump
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Francois Vogel
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by Francoisv »

41.4gn 1.0mm jump
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Francois Vogel
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by Francoisv »

41.4gn 0.5mm. Wat my betref staan 1 en 6 kan verder ondersoek word. Wat is julle manne se mening?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Francois Vogel
User avatar
Smous v.d. Vyver
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by Smous v.d. Vyver »

Francois,

Soos genoem is die ander manne meer ervare maar doen steeds vir my 'n toets en laai tussen 43.5 en 44.0 gr kruit op maksimum TPL.Skiet dit enkelskoot vir eers.My opinie is jy skiet te stadig vir 26" loop en trek geen ballistiese voordeel deur hom so stadig te skiet nie.Ek voel ook dat jy jou akuraatheid beperk om te laai soos jy nou doen.Ek het lankal vir myself die som gemaak dat die ongerief om enkelskoot te laai word vinnig oorkom deur bietjie meer spoed en ongelooflike akuraatheid.Ek skiet met my 308 bitter min 3 skoot groeperings waar die 3 skote nie mekaar sny nie.My groepering op gong op 450m was laas week 60mm in 3 skote.

Ek sê weereens die ander manne is nie verkeerd nie maar doen net 'n toets dat ek en jy kan rus kry vir ons siele.Haha

Vriendelike Groete,
Corné
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by Francoisv »

Cornê

39.5 tot 44.0 is reeds gelaai en staan reg geskiet te word. Ek wil sommer ladder skiet terwyl ek vir druktekens gaan kyk. Wil dit net graag op 'n 200 of 300 meter baan doen. Ek is glad nie tevrede met die huidige groepering. Ek het met Federal 168twee 11mm groepe geskiet vandag. Die mix is nog nie reg. ek verkies enkel skoot op die baan, so lengte maak nie saak.
Francois Vogel
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by tripodmvr »

Corne, niemand is sovêr reg of verkeerd nie. Sonder werklike rendement van die dryfmiddel is almal in die donker. Selfs jou aanbevole 43,5-44 kan nie in die kol wees nie. Die maks TPL met hierdie geweer is nie 'n baie praktiese besluit nie, want die koeël is skaars in die nek in en bevorder nie die behoud van konsentrisiteit nie.

Ek kan nou byvoorbeeld roem op die enkele groep wat ek aanbeveel het. Hier dink ek het die korter TPL begin help vir beter konsentrisiteit en het die redelik goeie groep help gebeur. Ons sal egter nog moet kyk vir beter resultate.

Die groot verandering in spoed het my egter nog bekommerd. Hopelik is dit a.g.v. die lae druk en sal boontoe verbeter. Ek sal die resultate beloer en later met ladingsvoorstelle kom.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Smous v.d. Vyver
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by Smous v.d. Vyver »

Ek verstaan 100% die probleem met konsentrisiteit.My punt gaan self nie te diep in nie en grip self ook net 4mm aan die dop.Ek verstaan nie lekker hoekom ek nie in die kol sal wees met die ladings nie?Ek het verskeie manne se 308's met dieselfde punt so kalibreer met LOT 699.

Die spesifieke punt se aanbevelling is hom te skiet met 0.5mm jump.Ek sou egter eers teen die lande begin en dan speel met seating depth om te fine tune.

Ons kyk maar watter groepe my lading voorstelle oplewer.
User avatar
Smous v.d. Vyver
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by Smous v.d. Vyver »

Francois teen watter spoed skiet jy die 168gr fabrieks ammunisie?
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by Francoisv »

Corné v.d. Vyver wrote:Francois teen watter spoed skiet jy die 168gr fabrieks ammunisie?
Corné

Dit is Federal Gold Medal 168 en tien skote het gewissel tussen 2650 en 2661.
Francois Vogel
User avatar
Smous v.d. Vyver
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by Smous v.d. Vyver »

Ek het gedink die spoed gaan daar wees en dit is die punt wat ek wou maak.Op die huidige ladings vir 155gr skiet jy dieselfde spoed, so om die 155gr punte te regverdig gaan jy hulle vinniger as 168gr punte moet skiet.

Wanneer gaan jy weer skiet?Ek is so opgewonde soos 'n skoolseuntjie!Haha
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by Francoisv »

Corné

Die ding pla my. Ek het die teleskoop vervang en 'n supressor opgesit, nou so nou moet die roer sy kant bring. Ek heg 'n foto aan van 'n groepering laasjaar , weer met Feds.

Ek sal tyd afknyp en gaan skiet in die week. Seker Dinsdag se kant sodat ek more kan laai. Wil dan van 42 tot 44 sommer genoeg laai en (INDIEN DIE DRUK DIT TOELAAT) met dit 100m toe gaan.

Ek wil ook weer van Tripod se aanbeveling laai en gaan skiet. Mens weet nooit met drie skote nie, sal maar vier of 5 moet gooi.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Francois Vogel
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by tripodmvr »

Hier gaat ons.

Die 2 boonste nodes blyk by 2640 = 40,9gr en 2840vps = 44,6gr te wees. Laasgenoemde is naby aan piek druk en moet versigtig benader word. Vir hom sal ek 44,2, 44,4 en 44,6 aanbeveel as proefskote om te sien of die brandtempo nie met die hoër druk versnel het nie. Laai 3 of 5 skote net soos dit jou pas en kyk of die resep gaan werk. Ons hou by die 69mm TPL.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by Francoisv »

Dit gaan my 'n dag of drie vat om die resultate in te bring. Maar ek sien uit daarna, as die 2800fps realiseer gaan ek darem dik beindruk wees.
Francois Vogel
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by DawieKotze »

Francoisv wrote:41.4gn 0.5mm. Wat my betref staan 1 en 6 kan verder ondersoek word. Wat is julle manne se mening?
Francois - hoekom loop staan en trek jy nou daai 1 skoot van die plakkertjie op teiken 6 af!! ;D ;D

Dis lekker om so te speel, maar ek stem.... hou jou TPL op 69mm en probeer nou rondom driepoot se node van 40.9gr te laai.

Kom wys asb weer! Dit raak interessant!

Groetnis

Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by Francoisv »

Dawie

Inderdaad interessant! Ek ken die 308 nie as 'n kaliber wat finiki is nie, en met al die verskillend ladings bly dit steeds oor die algemeen binne 'n 25mm groep. Dit bevestig net alles wat al van die kaliber gesê is. Ek sal definitief weer met 1 en 6 werk, maar Corne het 'n baie goeie punt. As 'n 168 en 155 teen dieselfde spoed loop dink ek ook dat dit beter is om die 168 te skiet.

Ek het 'n tegniese vraag: ek het gemerk dat die doppe (FL sized) swarter word van die nek se kant af soos die lading opgegaan het van 39.5 na 40.1 en 41.4. Is dit moontlik van te lae druk wanneer die nek nie seël en gasse terugblaas?

Ek het ook 'n artikel gelees wat ek op die forum gevind het wat geweldig interessant is. Die skrywer is ene Mr TresMon op snipershide forum en sy benadering tov lading ontwikkeling is prakties en eenvoudig. Hy is van mening dat daar met die minimum lading teen die groewe begin word en dan opgewerk word na die maks en in die proses noukeurig na druktekens gekyk word op 'n ladder toets. Ek is bewus en verstaan die konsep van grip op die koeël en konsentrisiteit probleme wat dit kan veroorsaak. Dit is 'n algemene praktyk in die herlaai kultuur besef ek, maar ek het dit nogtans interessant gevind

Dit bring my by my tweede vraag: Wat is die druk afnamame by 'n hipotetiese lading van 41.0gn S335 teen die groef, .5mm jump, 1mm jump en 2mm jump? Kan QL dit uitwys?

Ek wil vanaand die verkeie ladings en koeël-dieptes laai en dan die nodige so gou moontlik gaan doen.
Francois Vogel
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Post by Francoisv »

Net vir interessantheid, 'n foto van my roer. Ek vervang die bi-pod me
T 'n Harris wat oppad van die Shot-show af is.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Francois Vogel
Post Reply