Chronograph do's & don'ts
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Chronograph do's & don'ts
As daar al klaar 'n thread is wat hierdie onderwerp spesifiek en in diepte aanspreek, plaas die skakel hier. Andersins, plaas jou ervaringe hier. Ek wil graag hê ons moet bietjie beginsels vir effektiewe spoedmeting neerlê.
Gee ook handige wenke.
Ek vermoed bv. my chrony gee vals lesings a.g.v. pap battery.
Ons skietbaan se dak gooi 'n skaduwee in die middag. Sal dit pla of effek hê?
Hier is sommer 'n foto van my setup vir wat dit werd is:
http://i881.photobucket.com/albums/ac12/fhagen1/Picture_zps1dc1ab54.jpg

Last edited by Fritz on Fri Jan 17, 2014 8:14 pm, edited 1 time in total.
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Chrony do's & don'ts
Fritz afhangend van die skaduwees sal dit wel 'n invloed he.
Ek sal more op Durban Deep fotos neem van ons dak. 'n Man het verlede sondag daar gaan skiet en lesings van 4200fps+ op sy chrony gekry met sy 308 en dit was alles agv hoe die skietbaan se dak lyk.

Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Chrony do's & don'ts
Pap battery gaan jou verseker rondneuk!
As die lig slegs is, of te skerp is of wolke wat voor die son verby beweeg kan dit jou rondneuk.
As lig sleg is moet jy probeer nader aan die sensor skiet dit help darem so bietjie.
Boresight om te sien dat jy nie die chrono gaan tref nie.
Moenie dat ander ouens met hulle gewere gou by jou kom chrony nie, maak self eers seker hy mis jou chrono voor hy skiet of bied aan om vir hom te skiet.
FC, dalk het hy maar net sy 308 so bietjie warm gelaai
As die lig slegs is, of te skerp is of wolke wat voor die son verby beweeg kan dit jou rondneuk.
As lig sleg is moet jy probeer nader aan die sensor skiet dit help darem so bietjie.
Boresight om te sien dat jy nie die chrono gaan tref nie.
Moenie dat ander ouens met hulle gewere gou by jou kom chrony nie, maak self eers seker hy mis jou chrono voor hy skiet of bied aan om vir hom te skiet.
FC, dalk het hy maar net sy 308 so bietjie warm gelaai
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Chrony do's & don'ts
Arnold ek het ook dalk so gedink, maar die man was ernsig ontsteld oor hy al sy toets ladings uitgeskiet en toe eers agterkom die dak skaduwees neuk hom rond.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Chrony do's & don'ts
Liewe mens! Hoeveel S321 gooi hy agter daai 75gr koeëltjie?FCLoretz wrote: 'n Man het verlede sondag daar gaan skiet en lesings van 4200fps+ op sy chrony gekry met sy 308 en dit was alles agv hoe die skietbaan se dak lyk.
Ja ek het ook noudiedag 3700fps met die 30-06 gekry, en het onlangs twee snaakse verskynsels gesien, wat gely het tot hierdie skrywe. My chrony het soos 'n mal haas errors gegooi in die middel van 'n helder dag, sonder dat ek eers skiet!! Skuif hom toe na die skaduwee en toe lyk als reg en die data maak sin. Die dag daarna is my lesings 100fps vinniger! Eks bietjie raadop.
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Chrony do's & don'ts
Dit is die eerste ding wat ek gaan vervang!Arnold wrote:Pap battery gaan jou verseker rondneuk!
Dit bly maar die beste manier om nie deel van die statistiek te word nie. Wat ek vind ook lekker werk is om eers die chrony op te stel en dan die teiken, veral as jy alleen is. Dan hoef jy nie so baie heen en weer te loop nie.Arnold wrote:Boresight om te sien dat jy nie die chrono gaan tref nie.
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Chrony do's & don'ts
Ek is maar nuut met die herlaai ding.
Hoe gaan ek weet my chrony meet reg? Veral as julle so baie veranderlikes noem wat n invloed kan he?
Moet ek dit maar vergelyk met my quickload en as hy min of meer ooreenstem weet die chrony is reg?
Groete
Martin

416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Chrony do's & don'ts
Ek skiet nou met 'n knaldemper. Is dit dan nogsteeds nodig om hom 5m weg te sit? Sal my baie help by ons skietbaan wat klaar 'n lekker plek vir die chrony het, maar dit is so 2.5-3m van die loop.
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Chrony do's & don'ts
Nee nee! Dit sal ek nie doen nie. Circular referencing!Smitstertjies wrote: Hoe gaan ek weet my chrony meet reg? Veral as julle so baie veranderlikes noem wat n invloed kan he?
Moet ek dit maar vergelyk met my quickload en as hy min of meer ooreenstem weet die chrony is reg?
Kontrole ammunisie is seker die antwoord
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Chrony do's & don'ts
Ekskuus Frits, nou moet jy my help. Die duits wat jy nou hier praat verstaan ek nieFritz wrote:Nee nee! Dit sal ek nie doen nie. Circular referencing!Smitstertjies wrote: Hoe gaan ek weet my chrony meet reg? Veral as julle so baie veranderlikes noem wat n invloed kan he?
Moet ek dit maar vergelyk met my quickload en as hy min of meer ooreenstem weet die chrony is reg?
Kontrole ammunisie is seker die antwoord
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Chrony do's & don'ts
Sorry, het gedink ek moet dalk verder verduidelik. QL se akkuraatheid hang af van jou spoedlesings, veral met ons kruite se wisselvalligheid. So nou wil jy die parameter wat as kontrole gebruik word vir QL, kalibreer deur QL te gebruik. Maar om QL te gebruik het jy eers die spoed nodig. Dus circular referencing en daarom kan dit nie werk nie.Smitstertjies wrote:Ekskuus Frits, nou moet jy my help. Die duits wat jy nou hier praat verstaan ek nieFritz wrote:Nee nee! Dit sal ek nie doen nie. Circular referencing!Smitstertjies wrote: Hoe gaan ek weet my chrony meet reg? Veral as julle so baie veranderlikes noem wat n invloed kan he?
Moet ek dit maar vergelyk met my quickload en as hy min of meer ooreenstem weet die chrony is reg?
Kontrole ammunisie is seker die antwoord
As jy egter ammunusie het waarvan die ware snelheid bekend is, dan kan dit gebruik word as kontrole.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Chrony do's & don'ts
Dit is in werklikheid baie moeilik want hoe weet jy wat jou kontrole ammo se trompsnelheid is? (Dit gaan verander saam met temp maar behoort darem 'n goeie idee te gee)
'n .22 as kontrole is nie 'n slegte idee nie. Mens het darem ook min of meer 'n idee van wat om te verwag. Soos ek ander dag 'n 750fps lesing kry waar ek naby aan 2800fps verwag het, toe weet ek die battery is daarmee heen. Jy sal ook jou chrono se simptone van 'n pap battery leer ken en so tel jy dit vinnig op. Sit maar 'n spaar battery in jou chrono se sakkie/boksie.
'n .22 as kontrole is nie 'n slegte idee nie. Mens het darem ook min of meer 'n idee van wat om te verwag. Soos ek ander dag 'n 750fps lesing kry waar ek naby aan 2800fps verwag het, toe weet ek die battery is daarmee heen. Jy sal ook jou chrono se simptone van 'n pap battery leer ken en so tel jy dit vinnig op. Sit maar 'n spaar battery in jou chrono se sakkie/boksie.
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Chrony do's & don'ts
Dankie man Frits, ek het vermoed dit was so iets wat jy bedoel. Dis amper soos om n formule in n excel spreadsheet in n blokkie te programeer en dan vir excel te vra om die einste blokkie in sy berekeninge te gebruik!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Chrony do's & don'ts
Presies dit ja.Smitstertjies wrote:Dankie man Frits, ek het vermoed dit was so iets wat jy bedoel. Dis amper soos om n formule in n excel spreadsheet in n blokkie te programeer en dan vir excel te vra om die einste blokkie in sy berekeninge te gebruik!
Ja Arnold kontrole ammo self is seker nie die ultimate nie. Kan mens net 'n idee gee.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13525
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Chronograph do's & don'ts
Dit kos nou wel n paar rand maar jy vergeet nooit daai eerste keer wat jy n Crony raak skiet nie
Soos n pel van my gese het jy kry net 2 crony's...een wat geskiet is en een wat nog geskiet sal word

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Chronograph do's & don'ts
Hier is 'n goeie artikel van Germán A. Salazar. Hy stel ook voor gebruik 'n .22 met goeie ammunisie soos Lapua.
http://riflemansjournal.blogspot.com/20 ... ively.html

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Chronograph do's & don'ts
Dankie carl.
Ek wil graag 'n checklist begin vir chronograwe en die prosedure tydens meting. Sal more begin met hom en dan kan almal relevante punte byvoeg of 'n mosie vir wegvat indien ens...

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Chronograph do's & don'ts
Hallo Fritz
Ek het hierdie al elders op die forum n paar keer deurgegee maar sal dit weer doen op die hofie wat spesifiek daarvoor geskep is.
Ek gaan begin deur te se dat spoedlesings die enigste ware indikasie is van wat aangaan in die interne balistiek gedeelte van jou lading. Vir die rede is dit dan baie belangrik dat hierdie lesing korrek moet wees. Deur nie vertroue hierin te he nie gooi die appelkar heeltemal om. Ek oorgeslaan na die Magnetospeed kronograaf juis oordat daar soveel veranderlikes is met die ou konvensionele ligsensor kronograwe. Met die gebruik van QL en die nodeprogram is hierdie lesings van kardianale belang.
My denke oor die opstel van n kronograaf word gedryf oor duplisering van dieselfde omstandighede en faktore(konstandheid). Hierdie moet tog die fondasie wees van enige meting.
1) Stel die kronograaf 5 meter weg op van die kroon van die loop. n Paar vervaardigers beveel 3 meter aan maar ek voel vyf meter is beter aangesien dit dan alle eksterne faktore uitkanselleer. Die grootste faktor hier is muzzleblast wat die apperaat kan beinvloed. Muzzleblast verteenwoordig sowel die gasse en poeier wat nog nie ontbrand het nie. Muzzleblast stamp as te ware die kronograaf wat verseker n uitwering het op die spoedlesings. Deur 5 meter te gebruik minimaliseer jy hierdie veranderlike en invloed. Met die gebruik van n silenser word muzzleblast grootliks verwyder en kan n mens afkom met die afstand na 3 meter toe. n Makilike toets is om 5 skote op 5 meter te skiet en dan af te kom met die afstand en dan te kyk na die ES en error lesings van die verskillende afstande. Hierdie sal vinnig n prentjie skep van waar muzzleblast n rol begin speel en ek beveel dan aan dat n mens n ekstra meter bysit vir veiligheid.
2) Batterye wat die regte krag verskaf is n moet aangesien pap batterye een van die groot sondebokke is van swak lesings. Vat altyd n spaar saam en ontkoppel liewer n battery nadat jy geskiet het. Kronograwe word aan vergeet of drein battery krag al is dit af oor n tydperk.
3) Stel jou kronograaf parralel op met jou koeel se vlugbaan. Baie skietbane of oppervlakke waar die kronograaf geplaas word is nie horisontaal nie en dan moet daarvoor gekompenseer word. Net so is skietposisies soms hoer of die posisie van die teiken. Deur gebruik te maak van n driepoot(kamara) stelsel waarop die kronograaf gemonteer word maak hierdie verstellings baie maklik. Deur met n hoek van enige aard oor die kronograaf te skiet kan en sal gewoonlik spoedlesings beinvloed. Die sensors meet die tydsduur van waar die koeel se skaduwee die sensors se siglyn breek en n hoek wat nie parralel hieroor beweeg nie sal dan die tydsduur langer beinvloed en dus die spoedlesing as laer gee.
4) Ek het gevind dat indien my hoogte van waar die koeel bo-oor die sensor gaan meer as die helfte van die skadu armpies gaan dit my lesing beinvloed. My normale hoogte is tussen n derde en so drie agstes van die pootjies se lengte. Hierdie hoogte maak dit makliker vir die sensors om die koeel op te tel.
5) maak seker dat jou kronograaf heeltemal oop is. Hierdie is eintlik net van toepassing op Chrony moddelle wat oopvou. Indien die kronograaf nie behoorlik oopgevou is nie verkort jy die afstand tussen die sensors en sal dit verhoogde snelhede gee. Soms verhinder apperate soos die tripod of die oppervlak waarop hy geplaas word dat die krongraaf nie heeltemal oop is nie, so maak seker hiervan met die opstelling.
6) Nou die groot ene. Watter tyd van die dag skiet jy en hoe beinvloed die temperatuur jou lesings? Baie mense maak die fout deur te dink dat temperatuur n baie groot spoedlesing verskil teweeg bring. Oor die algemeen het labretoruim toetse gewys dat die verskille selde meer as so 30-40ft/sek bring op dieselfde lading met groot temperatuur skommelings. Dit is verseker so dat verskillende poeiers meer en minder vatbaar is maar oor die algemeen is dit nie veel uit die bogenoemde band nie. Verskille van 100ft/sek of meer tussen vroegoggend, middag en laat middag lesings kan eerder aan ander faktore toegeskryf word. Ek en Heculas Louw het hieroor gepraat op n kol en sy teorie wat al hoe meer vir my sin maak is dat die rekenaartjie op die kronograaf hiervoor verantwoordelik is. In baie kronograwe soos die Chrony is hierdie gedeelte dierek blootgestel aan sonlig en vatbaar vir temperatuur verskille met sy berekeninge van spoed. Die kwaliteit van die apperaat sal ook seker maak of dit minder of meer vatbaar hiervoor is. Hierdie is meskien dalk die rede hoekom ons nie hierdie tipe spoedverskille waarneem in duurder en beter moddelle wat ook van fotoselle gebruik maak nie.
Die ander verklaring vir hierdie kan natuurlik die kwaliteit van die lig toestande wees. Error boodskappe en groot verskille in die lesingsspoed(ES) is baie meer geneig om te gebeur in swak lig toestande. Nou of hierdie n kombinasie is van die al hierdie faktore en of die een n groter invloed het as die ander is oop vir debat. Wat ek wel redeneer is dat ek hierdie omstandighede so na as moontlik wil he vir my spoedlesings(konstand). Vir hierdie rede beveel ek altyd aan om jou spoedlesings in die middel van n helder sonskyn dag te skiet met die son wat direk van bo af skyn. Ek probeer ook die effek van wolke kansseleer want elke tipe gee n ander liglesing wat weer op sy beurt n veranderlike is.
n Mens kan nie veel doen aan die temeratuur veskille nie aangesien dit tog net nie prakties is nie. Ek maak wel altyd deeglike aantekening van die temperatuur op my ladingontwikkeling blad en toets dan dit in QL teenoor daai selfde lading wat op n ander temperatuur geskiet is. Oor die algemeen korreleer die syfers goed.
Ek het n ruk terug vir my n Magnetospeed kronograaf aangeskaf om baie van hierdie probleme en tekortkomings aan te spreek. Met die gebruik van die nodeprogram en QL is spoedlesings van kardinale belang. Die apperaat bied wel n paar voordele en el lys hulle hieronder.
1) Muzzleblast het geen uitwerking op die apperaat nie.
2) Ligtoestande het geen uitwerking nie en lesings kan verkry word in pik donker omstandighede.
3) Lesing word by die kroon geneem van die loop so daar hoef nie voorsiening gemaak word vir die spoedverlies van 5m van die kroon af nie.
4) Temperatuur verskille is ook minder op die apperaat.
5) Opstelling van die apperaat is ook meer konsekwent. Horisontale vlugbane en kronograwe wat nie heeltemal oop is, is nie meer n faktor nie.
6) Makliker hanteerbaar en minder moeite as met n normale kronograaf.
Wat ek wel kan se is dat my ou gewone Chrony my tot nou toe jare se goeie diens gegee het en nog steeds doen. Deur hierdie nodige stappe te doen gee die kronograaf lesings wat ek nog steeds vertrou en met sukses kan toepas so dit is glad nie nodig om hom op die net te adverteer nie.
Groetnis
Wouter

Hi Wouter. Dankie vir die skrywe. Ek het nogals gehoop jy gaan inspring hier. Dit is ongelukkig so dat die onderwerp al plek-plek bespreek is, maar om alles te "search" is 'n moeilike taak. Ek probeer maar die search funksie soveel moontlik gebruik, maar voel regtig elke dag spyt ek het nie 3 jaar terug al by die forum aangesluit nie. As ek na die drade van 2010/2011 lees dan is die ouens baie passievol en meelewend. Nou voel dit of ouens al gatvol is vir dieselfde goed en selfs gatvol vir mekaar. Dit is nou nie 'n verwysing na hierdie draad nie maar meer oor die algemeen. Nietemin geniet ek die forum terdeë.
Wat my kronograaf aanbetref het ek my probleme opgelos glo ek. Het gewag vir beter toestande en battery vervang. Lesing maak sin en my lading wat sulke mooi groepe skiet is op 'n node volgens QL. Jy sien, agv van my kronograaf se bogus lesings het ek heeltemal my vertroue in QL verloor. Dis darem nou weer herstel
.
Wouter, ek weet nie hoe voel die ander ouens nie, maar ek wil versoek dat jy vir ons jou skrywe op 'n nuwe draad en op die regte plek gaan plaas en 'n sticky maak van hom. Ek dink regtig dat baie manne op die forum daarby sal baat.
ps. as ek eendag groot is en ek rook gaan ek vir my ook 'n magnetospeed koop
Wat my kronograaf aanbetref het ek my probleme opgelos glo ek. Het gewag vir beter toestande en battery vervang. Lesing maak sin en my lading wat sulke mooi groepe skiet is op 'n node volgens QL. Jy sien, agv van my kronograaf se bogus lesings het ek heeltemal my vertroue in QL verloor. Dis darem nou weer herstel
Wouter, ek weet nie hoe voel die ander ouens nie, maar ek wil versoek dat jy vir ons jou skrywe op 'n nuwe draad en op die regte plek gaan plaas en 'n sticky maak van hom. Ek dink regtig dat baie manne op die forum daarby sal baat.
ps. as ek eendag groot is en ek rook gaan ek vir my ook 'n magnetospeed koop
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Chronograph do's & don'ts
Fritz
Ek is bly jy het reg gekom en dat jy jou kortgestonde vertroue wat jy in QL en die nodeprogram gehad het weer gevind het.
Ek het hierdie skrywe "sticky" gemaak en ek glo jou opskrif is heel gepas. So kom ons hoop dit is voldoende vir die lede om waarde daaruit te put.
Maak maar n plan met die Magnetospeed en om te begin rook gaan die bekostigbaarheid net vererger!
Groetnis
Wouter
Ek is bly jy het reg gekom en dat jy jou kortgestonde vertroue wat jy in QL en die nodeprogram gehad het weer gevind het.
Ek het hierdie skrywe "sticky" gemaak en ek glo jou opskrif is heel gepas. So kom ons hoop dit is voldoende vir die lede om waarde daaruit te put.
Maak maar n plan met die Magnetospeed en om te begin rook gaan die bekostigbaarheid net vererger!
Groetnis
Wouter
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Chronograph do's & don'ts
Dankie Wouter!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Chronograph do's & don'ts
Fritz/Manne
Ek het vergeet om te noem dat n mens moet seker maak met die opstelling dat die kronograaf presies ook in die rigting moet wys waarna jy skiet. As ons praat van parralle opstelling verwys dit na beide die vertikale(op en af) sowel as die horisontale(links en regs) vlak waaroor jy oor die fotoselle skiet. Ek sien baie mense skiet skeef deur die chronograaf en dit sal ook n uitwerking he op die spoedlesings.
Nog n aspek is om altyd met jou lig skermpies op te skiet. Dit veroorsaak ook konstandheid met die neem van jou spoedlesings.
Ek weet al hierdie klink soos n hengse beslommernis maar as jy eers so bietjie hierdie gedoen het kom dit soos tweede natuur na n ruk. Dit is net belangrik om hierdie goed reg te doen van die begin af sodat n mens jou spoedlesings kan vertrou. QL en die nodeprogram asook enige ander van die hulpmiddels in die lewe kom tot nul as jy snert vir hom voer.

- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Chronograph do's & don'ts
Wouter
Dankie vir al die tips. Ek wil graag by jou weet omtrent verskille in lesings.
Ek het nou die dag my F1 Chrony opgestel, nuwe battery en al daai goed in plek. Langs my het 'n ou met sy Chrony spoed gemeet van sy 6mm PPC. Ons het begin gesels oor die akkuraatheid van die chronys en het toe my chrony net voor syne opgestel sodat hy met een skoot deur altwee skiet. Die lesings het 100 f/s verskil alhoewel my chrony maar ongeveer 500 mm verder as syne voor die tromp was. Kan die 500mm so 'n effek he op die lesings?

Maak 'n verskil
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Chronograph do's & don'ts
Nee dit kannie. Die 65gr Berger Match teen 3350fps geskiet word verloor maar so 4fps/m.Ratel wrote: Kan die 500mm so 'n effek he op die lesings?
Was altwee kronograwe van dieselfde maak? Altwee in die son? Iets anders was fout gewees. Dit is sulke goed wat my onstel
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Chronograph do's & don'ts
Fritz
Ja altwee was in die son, altwee was vol oop met nuwe batterye en die son skerms was op. Myne is "Chrony F1" en syne is die "Chrony" met die geheue en lang draad tot by tafel.
Ja dit is nogals ontstellend want ek het verwag dat die lesings min of meer dieselfde sal wees.