Jaghond leerskool
- Benman
- Full Member

- Posts: 126
- Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am
Jaghond leerskool
Hallo manne
Ek het altyd net geroep en skiet, maar nou wil ek my nuut gevonne vriend "Hunter" oplei en saam met my veld toe vat. Hunter is 'n Airedale Terrier. Hulle is oorspronklik geteel om otters in die riviere te jag in Engeland. Hulle word ook gebruik deur poliesie en vir spoorsny, die bloedhond deel van die teling.
Hunter is nou tien weke oud en het begin met basiese opleiding soos sit, kom, en bly. Ek gaan hom later ook "obedience" en "spoorsny" opleiding laat kry. My vraag is die volgende. Hoe leer julle julle honde van klein tyd af om te jag? Ek het geen ander honde wat ek hom kan laat saam jag nie, dus nerens waar hy kan sien wat om te doen nie. Ek kan reeds sien op die jong ouderdom dat dit reeds in sy natuur is en lyk of die leer om te jag nie regtig 'n probleem gan wees nie.
Wat stel julle voor, van watter ouderdom af vat julle jong honde veld toe? Hoe leer julle jul honde om daai eerste vang te maak?
Ek luister graag.
Groete
Benman

Skiet raak en praat die waarheid...
-
KAMAKASI
- Jr. Member

- Posts: 66
- Joined: Thu Jan 14, 2010 7:54 am
Re: Jaghond leerskool
Hallo Ben
Klink my daai hond van jou gaan n doktorsgraad he voor hy n jaar oud is! Jy sit baie tyd en geld in jou hond,dis n goeie belegging en jy kry nog n besonderse vriend by. Die jag kom vanself,die ore glad nie! Dis n proses en soms raak jy raadop. Dit sal goed wees om die hond van jongs af saam te ry en te wys hoe lyk die wereld.wees versigtig om hom te enter op goed wat hom kan laat skrik. As jy gaan skiet,vat hom saam en maak hom gewoont aan alles.
Klink my daai hond van jou gaan n doktorsgraad he voor hy n jaar oud is! Jy sit baie tyd en geld in jou hond,dis n goeie belegging en jy kry nog n besonderse vriend by. Die jag kom vanself,die ore glad nie! Dis n proses en soms raak jy raadop. Dit sal goed wees om die hond van jongs af saam te ry en te wys hoe lyk die wereld.wees versigtig om hom te enter op goed wat hom kan laat skrik. As jy gaan skiet,vat hom saam en maak hom gewoont aan alles.
- Benman
- Full Member

- Posts: 126
- Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am
Re: Jaghond leerskool
Kamakasi
Dankie vir die raad, van wateer ouderdom af laat julle die honde gewoonlik enter op jakkals?
Groete
Benman
Dankie vir die raad, van wateer ouderdom af laat julle die honde gewoonlik enter op jakkals?
Groete
Benman
Skiet raak en praat die waarheid...
- Benman
- Full Member

- Posts: 126
- Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am
Re: Jaghond leerskool
Spelling
Jammer vir die verkeerde spelling, "watter"

- Foxhound
- Sr. Member

- Posts: 284
- Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am
Re: Jaghond leerskool
Dagse ou Benman
Hang natuurlik af van die fisiekheid van jou hond en die kondisie waarin hy ook is, gewoonlik is dit van so 10mde af wat n brakkie al heel parmantig is, die ding is net as jy hom te gou enter en hy n harde hou of 2 kry is die kanse groot dat hy of sy gaan bang wees om daardie gedierte weer in die toekoms aan te vat, spaar hom/haar eerder 'n maand of 4 langer voor entering as wat jy n hondeleeftyd se jag opmors in een enkele dwaas oomblik
Oook belangrik is dat jy jou brak in die begin saam met n ervare jagter kan lat jag wat jou hond mooi die tricks of the trade kan leer, het net al geleer dat n hond baie maklikke by n ander een n spesifieke reuk ens leer as wat jy ooit sal kN DROOM OM TE DOEN
Groete
Foxhound

You miss 100% of the shots you don't take...!!!
- Benman
- Full Member

- Posts: 126
- Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am
Re: Jaghond leerskool
Foxhound
Goed om weer van jou te hoor. Dankie. Ek kan sommer kla aflei dat so 10 na 12 maande die regte tyd is. Ek gaan maar die basiese leerskool met hom doen. Dit klink my 'n man moet hom saam vat as ek gaan skiet sodat hy die goed kan gewoond raak. Dit sal seker help as hy die bleod en hare met al die reuke gewoond raak van kleins af.
Roei julle darem nog die jakkies, help die grootman se kursus jou nog baie? Dit het nuwe wereld vir my oopgemaak.
Groete
Benman
Goed om weer van jou te hoor. Dankie. Ek kan sommer kla aflei dat so 10 na 12 maande die regte tyd is. Ek gaan maar die basiese leerskool met hom doen. Dit klink my 'n man moet hom saam vat as ek gaan skiet sodat hy die goed kan gewoond raak. Dit sal seker help as hy die bleod en hare met al die reuke gewoond raak van kleins af.
Roei julle darem nog die jakkies, help die grootman se kursus jou nog baie? Dit het nuwe wereld vir my oopgemaak.
Groete
Benman
Skiet raak en praat die waarheid...
- Foxhound
- Sr. Member

- Posts: 284
- Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am
Re: Jaghond leerskool
Gaan goed dankie ou Benman
Ja nee kyk die kurses het baie gehelp, nie net dit nie maar ek sal vir jou se die stukkie kos vir die Gees aan die begin van die kurses bly my elke dag by en het my as mens baie inspireer
Ja nee die jakkies val darm nog soos domino's hier aan ons kant, maar begin nou lekker skelm raak party plekke
Stem saam met jou dat die reuk ens en die assosiasie met jakkie of kat se kind is van kardinale belang maar, jy sal sien daai piete weet sommer van geboorte af wat die job is met n jakkie of kat,pasop net vir n kat met n jong hond, hys nie n man se maat nie
Groete
Ja nee kyk die kurses het baie gehelp, nie net dit nie maar ek sal vir jou se die stukkie kos vir die Gees aan die begin van die kurses bly my elke dag by en het my as mens baie inspireer
Ja nee die jakkies val darm nog soos domino's hier aan ons kant, maar begin nou lekker skelm raak party plekke
Stem saam met jou dat die reuk ens en die assosiasie met jakkie of kat se kind is van kardinale belang maar, jy sal sien daai piete weet sommer van geboorte af wat die job is met n jakkie of kat,pasop net vir n kat met n jong hond, hys nie n man se maat nie
Groete
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
-
KAMAKASI
- Jr. Member

- Posts: 66
- Joined: Thu Jan 14, 2010 7:54 am
Re: Jaghond leerskool
Foxhound
Mal oor jou terme en bewoording,klink baie bekend!
Mal oor jou terme en bewoording,klink baie bekend!
- Benman
- Full Member

- Posts: 126
- Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am
Re: Jaghond leerskool
Foxhound
Bly om te hoor dat dit vir nog manne iets beteken het. Ek glo dat as 'n man ten goede verander tot eer vand God, die wereld ten goede teen oor hom verander danksy die genade van God.
Groete en lekker jag.
Benman
Bly om te hoor dat dit vir nog manne iets beteken het. Ek glo dat as 'n man ten goede verander tot eer vand God, die wereld ten goede teen oor hom verander danksy die genade van God.
Groete en lekker jag.
Benman
Skiet raak en praat die waarheid...
-
HOUNDDOG
Re: Jaghond leerskool
KLEIN HONDE SOOS JACK RUSSELS BEGIN EK AL VAN 6 MAANDE JAG, HUL BEGIN AL HIER OP 5 MAANDE SAAM GAAN. GROTER HONDE , WINDHONDE, BEGIN EK SAAM VAT VELD TOE VAN 7 MAANDE NET NOU EN DAN. JAG HUL HARD VANAF 12-16 MAANDE.
GROETE
GROETE
- Benman
- Full Member

- Posts: 126
- Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am
Re: Jaghond leerskool
Hounddog
Baie dankie. My Airedale is nou so 2 en 'n half maande oud. Hy het sy eerste formele opleidings klas gehad Saterdag oggend en ek moet se, hy is baie gretig om te leer en hou daarvan. Ek het hom saterdagaand saam met my geneem veld toe. Hy het baie rustig gele agterop by my voete. Hy het die klanke goed hanteer en glad nie geskrik vir die skoot nie. Ek het hom saam laat loop toe ek die rooikat gaan optel het en hom laat ruik. Met die optel van die kat was hy baie gretig om die dooie kat te bespring...
Ek begin oor 2 en 'n half maande met hom gehoorsaamheids opleiding en begin nou so bietjie speel met bloed spore.

Greyhound.Racer
Re: Jaghond leerskool
M?re almal, ek kan nou nie veel s? hier nie want ek jag nie jakkie of katte nie, maar by die windhonde ken hulle jag van hule gebore is.!
-
HOUNDDOG
Re: Jaghond leerskool
DINK OOK JAGHONDE SE INSTINK IS BAIE GOED VAN GEBOORTE AF , MAAR HUL MOET JAG OM DIT TE VERBETER.
-
dan
Re: Jaghond leerskool
ja kerels ek geniet die honde jag veral windhonde.ek het my eerste honde ook geleer sonder die hulp van ander honde en dit vas vir my n groot uitdaging. Geduld is een van die hoof bestandele.ek het ook al honde verloor in die proses.ek het baie grayhound geleer.hy help graag en is nie snaaks as jy hom iets vrae nie.Maar as jy eers honde het wat kan dan gaan dit beter.ek het ook honde in die veld gesit wat te jonk was en nou sukkel ek nog steeds met hulle nadat hulle duer jakkalse gebuit is.
Ek sal bly wees as iemand vir my kan se hoe julle met die juck russels jag ek ken net van windhond jag.

muller.gmsa@gmail.com
Re: Jaghond leerskool
[quote="HOUNDDOG"]
DINK OOK JAGHONDE SE INSTINK IS BAIE GOED VAN GEBOORTE AF , MAAR HUL MOET JAG OM DIT TE VERBETER.
Hallo Kerels!
Ek is nuut hier. Weet nog nie lekker hoe en waar om te soek nie. Ek is opsoek na Bloedhond . Wil graag mens spore vat. Het ander jag-honde wat ek vir bloedspore gebruik, maar het nou dringend mens-spoor-hond nodig. Enige raad met opleiding sal ook wardeer word. Dankie. Gustav nul agt 2 drie twee 1 nege nul 2 nege