Quick load data benodig...groot asb
- Hennie van der Merwe
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am
Quick load data benodig...groot asb
Dagsê manne,
Ek het die afgelope Saterdag die inkrimentele ladingontwikkeling metode probeer. Dis nou waar jy 20 ladings laai, en dan op 300m dit uitskiet, en die groepperinge identifiseer, om sodoende die "sweet spot"vir my spesifieke wapen te bepaal. Alles het mooi verloop, behalwe dat ek maar 'n redelike vrot skut is. Met die gevolg dat ek niks wys kon word nie, behalwe dat ek wel die teiken konstant kan raakskiet op 300m. Daaroor is ek ten minste tevrede.
Nou wil ek maar hulp inroep hier op die forum om vir my asb te help met die quickload program. Ek het soveel data verkry as wat ek kon. Die res het ek nie. kan iemand my asb help? Ek sal dit waardeer.
Hier is my data:
1. Kaliber: Brno; 30-06Spr
2. Koeel: Hornady GMX
3. Gewig: 150gr
4. Dop: Winchester
5. H2O: Die gemiddeld van 5 gemete doppe is 69.82gr
6. Slagdop: Kan nie onthou nie, maar dis nie CCI slagdoppe nie. Het by VLT gekoop. (Dink dis Federals)
7. TPL: Het nie 'n tool om ogief te meet nie. My TPL van punt vd koeel tot basis van dop is 87,43mm
8. Loop: 24" (het nie die loop binnekant gemeet nie, jammer)
9. Kruit: S365 (Lot onbekend aan my)
Lesing1: 57gr: 2869; 2878; 2943; 2895; 2937
Lesing2: 56gr: 2849; 2849; 2842; 2830; 2763
Is hierdie data genoegsaam om vir my 'n "sweetspot" te bepaal? Is 'n "node" dieselfde ding as 'n "sweetspot"?
Baie dankie by voorbaat.
Groete,
Hennie

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Quick load data benodig...groot asb
Ek het jou data aanvaa soos jy dit verskaf het.
Hoe vêr is jy van die lande weg? Die groot verskil in spoed kan op verskeie dinge dui, maar as jy te naby aan die lande is kan dit wees dat jy soms raak en ander kere nie. Ek sou 1mm weg aanbeveel.
Het gem 2881 vir 57gr en 2843 vir 56gr aanvaar. Nodes is by 2860 en 'n lading van 56,6gr sal jou naby bring. Jy het niks gesê oor groepgrootte nie.
Gaan lees oor OBT en dan sal jy beter verstaan wat 'n node is. Met spoed by die node word die sweet spot verkry deur die TPL te verkort.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Hennie van der Merwe
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am
Re: Quick load data benodig...groot asb
Baie dankie vir die hulp oom tripod.
Ek het eendag 'n youtube video gekyk wat vir my sin gemaak het (ek soek maar altyd die maklike uitweg). Die ou het 'n koeel in 'n dop ge-seat, en in die kamer ingedruk, en die koeel inkrimenteel dieper in die dop ge-seat, todat die patroon mbv swaartekrag uit die kamer geval het wanneer hy die wapen optel. Dis maar hoe ek die afstand tussen die koeelpunt en die lande bepaal. So dis seker maar 'n millimeter of so. Die aanname is dat wanner die patroon met behulp van swaartekrag uitval, die lands nie meer die koeel vashou nie. Dus is daar geringe afstand.
Ek sal gaan probeer en terugvoer gee.
Hennie
Die groeperinge is maar wisselvallig, omdat ek maar nog sukkel om akkuraat te skiet ( my sneller beheer en asemhaling kort nog aandag :-))

Dagsê oom Tripod,
Ek was toe skietbaan toe, maar my groeppering was maar power. Ek vermoed dit was die jokkie, want ek het beter groepe begin skiet later die oggend met my 180gr Hornady SST's wat ek gelaai het vir baanskiet.
In elk geval, ek het weer 'n paar lesings geneem, en het gewonder of hierdie nuwe data enige verskil sal maak op die QL resultate wat oom vroeer vir my gegee het.
Hier is dit:
Lading: 56.6gr S365 (lot 71)
TPL: 86.15mm
Spoed Lesings: 2934vt/s; 2911 vt/s; 2894 vt/s, 2893 vt/s; 2901 vt/s
H2O volume: gemiddeld van bg 5 doppe: 69.38gr
Baie dankie,
Hennie
Ek was toe skietbaan toe, maar my groeppering was maar power. Ek vermoed dit was die jokkie, want ek het beter groepe begin skiet later die oggend met my 180gr Hornady SST's wat ek gelaai het vir baanskiet.
In elk geval, ek het weer 'n paar lesings geneem, en het gewonder of hierdie nuwe data enige verskil sal maak op die QL resultate wat oom vroeer vir my gegee het.
Hier is dit:
Lading: 56.6gr S365 (lot 71)
TPL: 86.15mm
Spoed Lesings: 2934vt/s; 2911 vt/s; 2894 vt/s, 2893 vt/s; 2901 vt/s
H2O volume: gemiddeld van bg 5 doppe: 69.38gr
Baie dankie,
Hennie
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Quick load data benodig...groot asb
Het sit en stoei met jou inligting. Die CZ se loop is 600mm in lengte. Met S365 begin jy dop kapasiteit probleme kry alvorens die spoed wil kom. Daar is 2 sinvolle nodes - monos moet vinnig loop om te kan omklink.
1. 53,1gr = 2730vps
2. 59.6gr = 3056vps
No. 2 gee 'n 106% dopvulling en die kruit gaan saamgepers word. Druk is by 57 000psi (maks is 60K psi). Ek sal versigtig oplaai na die' spoed as jy hom wil gebruik. Hy is egter heel bruikbaar en die hoër druk kan die groot spoed verskille moontlik verminder. S355 kan miskien beter werk om dopvulling te verlaag.
1. 53,1gr = 2730vps
2. 59.6gr = 3056vps
No. 2 gee 'n 106% dopvulling en die kruit gaan saamgepers word. Druk is by 57 000psi (maks is 60K psi). Ek sal versigtig oplaai na die' spoed as jy hom wil gebruik. Hy is egter heel bruikbaar en die hoër druk kan die groot spoed verskille moontlik verminder. S355 kan miskien beter werk om dopvulling te verlaag.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Hennie van der Merwe
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am
Re: Quick load data benodig...groot asb
Baie dankie oom.
Dink ek sal die S355 bietjie probeer.
Waar begin ek laai met S355 om by 3056vt/s uit te kom, of volg ek maar Somkem se aanbevelings?
Dink ek sal die S355 bietjie probeer.
Waar begin ek laai met S355 om by 3056vt/s uit te kom, of volg ek maar Somkem se aanbevelings?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Quick load data benodig...groot asb
S355 gaan jou by 3000vps op 'n node laat uitkom. Skiet 3 skote met lading van 53gr sodat ons kan kalibreer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Hennie van der Merwe
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am
Re: Quick load data benodig...groot asb
Baie dankie. Sal dit doen en terugvoer gee.
lekker naweek.
lekker naweek.
- Hennie van der Merwe
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am
Re: Quick load data benodig...groot asb
Goeie more oom Marius,
Ek het gister gou 'n paar skote gaan skiet.
Ek het drie ladings gelaai:
S355 (Lot 009)
1.53gr
a) 2870
b) 2884
c) 2862
2. 54gr
a) 2923
b) -
c) 2892
3. 55gr
a) 2978
b) 2994
c) 2958
Groepering was besonder swak, maar ek het myself betrap dat ek oë toeknyp voor die skoot. Ek het later 20 skote met die 243 geskiet, en het baie beter geskiet. was telkens verras deur die skoot.

- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Quick load data benodig...groot asb
GMX is mos daai monometaal koels van hornady. Monometaal koels soos ek dit verstaan in nie soseer lading sensetief nie maar wel baie sensetief vir TPL so jy laai klomp en skiet deur cronograph om spoed te kry en dan as jy spoed het waarmee jy tevrede is, speel jy met die lengte van die rondte om groepering te krimp.
so die "ladder test" gaan nie werk nie.
Dis hoe ek dit verstaan.
As ek verkeerd is help my reg asb want ek gaan volgende maand lading ontwikkeling doen met monometaal koels in my 300 WM
so die "ladder test" gaan nie werk nie.
Dis hoe ek dit verstaan.
As ek verkeerd is help my reg asb want ek gaan volgende maand lading ontwikkeling doen met monometaal koels in my 300 WM
- Hennie van der Merwe
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am
Re: Quick load data benodig...groot asb
Hi Alec,
Maar altyd gedink dit wat jy sê is van toepassing op alle koeëls, ongeag die metaal.
Miskien kan die ander manne uithelp.
Maar altyd gedink dit wat jy sê is van toepassing op alle koeëls, ongeag die metaal.
Miskien kan die ander manne uithelp.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Quick load data benodig...groot asb
Die node is op 3002 en net onder maks druk. Lading van 55,4 of 55,5 gaan jou daar bring.
Ek weet nie wat se sprong die 150GMX het nie, maar 2mm werk gewoonlik baie goed vir my as ek monos laai.
Ek weet nie wat se sprong die 150GMX het nie, maar 2mm werk gewoonlik baie goed vir my as ek monos laai.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Hennie van der Merwe
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am
Re: Quick load data benodig...groot asb
Baie dankie oom Marius.
Gaan dit probeer. Ek sal my sprong groter maak, ek dink dis tans te klein.
Groetnis,