Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Stefan764 »

Haha mooi At. Sien jou hart sit op regte plek... 500m bok skiet nie vir my nie, ek ry maar so bietjie nader met my ou petrol Cruisertjie tot ek voel ek kan mooi raak skiet, hier rondom 250m. Vir my val hulle lekker daar... Ander manne welkom om op n bok te probeer op daai afstand!

Mossie. Ek neem aan jy is n GS man? Lekker as n ding vir jou werk. Wonder waar ou Koos Biltongjagter is. Lekker vasgesit met die ou kalant.

Oor die spelling, dink Eugene het hom op sy kop geslaan met sy post. Dankie. Niks fout met n spel/taal/tikfoutjie dan en wan nie. Niemand is perfek. Maar wraggies, om "heeltemaal" te spel as jultemal gaan die f$k weet tot die slimste advokaat deurmekaar maak.

Barnes - groete
Stefan
At308
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Tue Sep 04, 2012 3:18 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by At308 »

Vlakvark wrote:Omdat jy in 'n gat bly is dit nie te se ek bly in 'n gat nie. Of wil in 'n gat bly nie. Ek kan nie spel nie maar daar het nie geskort by opvoeding nie
Oom Pieter, daar is hy. Probeer die draad lees vanaf af bladsy 1, die stelling is gemaak op bladsy 2. Laat weet as oom hom nie kry nie.
At308
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Tue Sep 04, 2012 3:18 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by At308 »

Stefaans, daai is ook my tipe jag (bakkie jag, en ek sien so effe verder met my Vortex) maar ek kan voorspel dat in een van die volgende drade gaan vertel word deur iemand ons "jag" nie, ons is bok "elimanators" of skieters of iets?

Wil daai ou storie ook sommer hok slaan hier. Ek hou ook so nou en dan van loop en jag, maar wat maak dit tog nou saak? Ons almal gebruik reeds moderne gewere, teleksope en wie weet wat als, wat maak dit nou saak hoe ek by die bok kom binne jagafstand?

As jy jou kaalgat uittrek, vir jou 'n boesman velletjie aantrek en met 'n regte boesman boog met gifpyle 'n bok kan bekruip tot op 3meter, hom raakskiet en loop kry waar hy 5km verder gevrek het, DAAI dag sal ek myself die SKIETER noem en jou die jagter, tot dan toe jag ons almal maar!

Ek sien nou selfs die jakkals jagters "jag" blykbaar nie? Ek wonder of hulle roep toerusting die jakke roep tot by die slagpale waar hulle soos beeste in die drukgang gaan staan om geskiet te word?

At
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by PWV »

At308 wrote:
Vlakvark wrote:Omdat jy in 'n gat bly is dit nie te se ek bly in 'n gat nie. Of wil in 'n gat bly nie. Ek kan nie spel nie maar daar het nie geskort by opvoeding nie
Oom Pieter, daar is hy. Probeer die draad lees vanaf af bladsy 1, die stelling is gemaak op bladsy 2. Laat weet as oom hom nie kry nie.
Hierdie is nou 'n tipiese voorbeeld van 'n persoonlike interpretasie van wat iemand gesê het en wat dan in baie gevalle tot 'n hewige verskil aanleiding gee.
Dit is tog duidelik dat hy verwys na die laaste deel van Jaco se naam, Jakkalsgat, of so hy dit stel, Gatjakkals. Nêrens kom SA of Bloemfontein ter sprake nie.
Groetnis, At.

Verder,
Ek probeer te alle tye 'n objektiewe oordeel vel en skroom dan ook nie om my mening te lug sonder aansiens des persoon - overgesetsynde, ek kruip by niemand gat nie!
Daardeur probeer ek nie persone met 'n ander sienings afkraak nie (moeilik om dit altyd reg te kry), en so 'n persoon se mening te respekteer. Vir baie lede bestaan so 'n optrede nie en as daar van hul siening verskil word, volg persoonlike aanvalle, smalende aan/opmerkings en word sarkastiese beledigings rondgeslinger. Onder andere, ook sulke opmerkings:
Kan ons nie n afdeling oopmaak net vir onderwysers nie? Hulle wil altyd beter weet en n eier oral le, dink net watse goeie leesstof sal dit wees vir ander forumlede
EN
Goeie punt, ek gaan sommer nou 'n Topic Hijacking onderwerp oopmaak vir diegene wat net wil pos omdat hy dink hy 'n beurt het en waar hy sy kwinkslae kan toets.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by James Wilson »

More mede lede. Ek is miskien te nou betrokke en te lief vir Jaracal en die genot wat ek hieruit put om negatief te raak.

Kan ons nie maar klaarkry met die moddergooiery hier na die einde van die jaar nie? 2014 le om die draai, maak n nuwejaarsvoorneme om eers mooi te dink voordat jy in woede reageer. Party posts is meer kere so swak dat dit beter is om gladnie daarop te antwoord nie.

Dink voordat jy post, of jy nie besig is om die oorspronklike vraag wat die man, wat die topic begin het, omver te gooi nie. Is die opmerking wat jy nou gaan maak tot almal se voordeel en dra dit by tot die oplossing of navraag wat die persoon gehad het. Almal van ons is tog mooi opgevoed en sal dit net tot ons voordeel wees as ons, ons opvoeding meer sal laat geld in 2014.

Jaracal is n lekker bron van kennis en ook n kuierplek, moenie Jarcal misbruik om jou persoonlike frustrasies op ander uit te haal nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by tripodmvr »

At308

Vlakvark se hart is nog hier by ons al is hy in Oz. Dink nie sy woorde was teen SA nie, maar gerig op persoonlike aanvalle oor sy spelwerk. Sy deelname het getuig dat hy nog met "sy" mense wil gesels. Dit was die klein jakkalsies wat hom ongelukkig gestem het. Soos PWV sê moet ons liefs die bal speel en nie die man nie. As ons wil braak moet ons dit doen teen wat in ons land gebeur en dit probeer verander - nie ons ondersteuners wegjaag nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Vlakvark »

gatjakkals skryf

Eugene

Los vir Vlakvark, dit wil my voorkom of ek hom darem deesdae uit sy gat kan uitkry en onthou almal mag hier "hijack" solank hy net sy naam gestand doen.

Gatjakkals skryf

Vlak vark

So dit is waaroor dit gaan, jy wil terugkom Suid Afrika toe maar jy het nerens meer waar jy kan bly en braai nie. Kom gerus man, ek glo ons sal iewers vir jou 'n gat kry.

As ek dan nou terugkom SA toe en gatjakkals kry vir my 'n gat dan wonder ek nou waar gaan die gat wees. Maar soos At se lees die stuk weer. Maar anders as At probeer net verstaan wat jy lees.

Ek reageer

Omdat jy in 'n gat bly is dit nie te se ek bly in 'n gat nie. Of wil in 'n gat bly nie. Ek kan nie spel nie maar daar het nie geskort by opvoeding nie

Dan soos oom Pieter gesê het. sinspeel ek op sy naam gatjakkals

At leer verstaan wat jy lees
At308
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Tue Sep 04, 2012 3:18 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by At308 »

tripodmvr wrote:At308

Vlakvark se hart is nog hier by ons al is hy in Oz. Dink nie sy woorde was teen SA nie, maar gerig op persoonlike aanvalle oor sy spelwerk. Sy deelname het getuig dat hy nog met "sy" mense wil gesels. Dit was die klein jakkalsies wat hom ongelukkig gestem het. Soos PWV sê moet ons liefs die bal speel en nie die man nie. As ons wil braak moet ons dit doen teen wat in ons land gebeur en dit probeer verander - nie ons ondersteuners wegjaag nie.
Jy is dalk 100% reg, en as ek sy "gat" verkeerd verstaan het, dan vra ek omverskoning. Maar, uit respek vir die versoek om nie verder modder te gooi nie, sal ek nie sy PM aan my hier plaas nie (die een wat ek ook nie gaan antwoord nie. Daai PM sal 'n verdere kwaad veroorsaak by baie manne. Al wat ek wil se is die man se hart le verseker hier in SA, ek dink hy verlang vreeslik erg na sy moederland, tot so mate dat sy politiese standpunte oor sy rede vir vertrek amper aan propaganda grens, met die grootste respek gese en sonder om reaksie te probeer uitlok.

Jammer weereens, my post was seker bietjie op die man af, ek en miljoene mense is SA moet planne beraam, slim wees, oplossings soek om 'n lewe hier te maak waar die wit man baie het wat teen ons tel en dit raak nie beter dan praat ons nie eers van misdaad nie. Sodoende het ek maar nog altyd 'n persoonlike "issue" gehad met TALENTVOLLE mense (soos Vlakvark) wat vertrek, dis maar 'n persoonlike ding. My eie suster is al 16 jaar terug landuit, vir die "beter lewe" en toekoms.

Geniet die oujaar manne
At

Oom Pieter, die saak is reg so, ek hoor wat oom se.
Last edited by At308 on Tue Dec 31, 2013 11:24 am, edited 1 time in total.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Stefan764 »

Smaak my hier is bietjie meer as net "spelling" wat krap hier... Of lees ek nou te noukeurig tussen die lyne??
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Jakkalsgat »

Groete en ‘n geseende 2014 vir Jaracal se lede en hul families.

Jaco Stander
Last edited by Jakkalsgat on Mon Jan 06, 2014 12:10 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Pappabeer »

Is ek verkeerd of woon vlakvarke wel in gate?
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Beretta »

Jako
Onthou as jy afkom dat ek twee blikke jam vir jou gee jy praat raak so op die ou jaar.Stefan jy kan bly wees jy ry n cruiser dink net as jy n Landie gery het het jy nie n keuse gehad nie dan sou jy as jy lucky was n bok sien en miskien so van 900 m af moes skiet ;D ;D ;D ;D
Beretta
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Beretta »

Dewald
Ek is bevrees jy is reg en die groen gras groei daar om ;D ;D ;D ;D
Beretta
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by PWV »

Jakkalsgat wrote:Oom Pieter
Ek het vir Oom 'n PM gestuur nadat oom tranerig geraak het oor my opmerking waarin en ek terloops glad nie jou naam genoem het nie:

Quote:
Goeie punt, ek gaan sommer nou 'n Topic Hijacking onderwerp oopmaak vir diegene wat net wil pos omdat hy dink hy 'n beurt het en waar hy sy kwinkslae kan toets.
Dit lyk my Oom het die die skoen gepas en sommer aangetrek ook. Hier is my PM weer soos ek dit reeds aan Oom gestuur het:

"Naand Oom Pieter

My deelname is redelik dieselfde as altyd maar dis tog vir my bitter snaaks dat Oom op so gevorderde ouderdom so liggeraak kan wees. Dis maklik om uit te deel en nikseggende en soms neerhalende opmerkings te maak maar nie altyd so lekker om aan die ontvang kant te wees nie.

Wat humor en grappies in my verwysingsraamwerk aanbetref is daar nogal baie plek daarvoor en sal die manne wat my ken dit kan beaam. Daar is egter 'n tyd en 'n plek vir alles maar lees ek byvoorbeeld nie die"vir die lagspiere onderwerp nie" omdat dit dieselfde gemors is wat daar daagliks in my e pos se ontvangkant ook le.

Ek het nerens nog nooit 'n persoonlike aanval teen enige persoon geloots nie en as Oom hierdie persoonlik wil opneem gaan gerus voort maar dan dink ek werklik op Oom se rype ouderdom is daar dalk bietjie plek vir grootword. Dit is wel so dat ek partymaal keelvol raak oor party lede se brabbel spelling en dan sal ek dit aanspreek. (Verwys spesifiek na Piet-Skiet se blatant verontagsaming van alle leesteken, sinskonstuksie n woordspelling.)

As Oom dan voel ek slaan 'n "trant" in is dit dan maar so, daar is plek vir ons almal hier op die forum en net soos ek Oom se deelname kan vermy en dalk iets belangrik mis kan Oom maar myne dan ook vermy.
Ek myself het al baie uit Oom se ondervinding en deelname geleer en glo ek dat ek nog baie kan leer van Oom maar dit is ongelukkig so dat ek wel ook soos van die ander mense maar partymaal voel dat Oom "hi-jack" en irrelevante opmerkings maak.

Verder moet ek se dat manne telkens onnodig huilerig is oor "hijacking" soos bv by PJ Botha se Jakkalsjag onderwerp waar ekself daarin gedeel het en daarom is daar mos nou so onderwerp waar elkeen na hartelus kan "copy en paste" en "hijack".

Ek wens vir Oom ook 'n geseende 2014 toe en mag Oom 'n lieflike aand he"

Vlakvark

"Ek het jou voorheen gese en se weer los jou kinderagtigheid en kom deel saam in die forum, hierdie gesluipery en PM's stuur van jou is niks anders as agteraf nie. Los jou minderwaardigheidskompleks oor jou spelling waarmee ek nog nooit 'n probleem gehad het nie. As jy mooi terugdink sal jy onthou dat ek nadat iemand jou tenagekom het op 'n onderwerp waar jy nie reg gespel het nie, vir jou die afrikaanse spel program gestuur en gese as dit jou pla gebruik dit. Na dit het ek dit ook vir die res van die forum mense ook beskikbaar gemaak en is dit daar waar jy jou gat in 'n krul getrek het oor iemand anders se opmerkings.

Nou onlangs het ek wel 'n lid tereggewys op sy spelling wat net eenvoudig 'n blatante verontagsaming van spelreels is waarop jy ook so heftig gereageer het.

Om jou eie geheue te verfris gaan lees bietjie die Onderwerp waar jy gewaai het. http://jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t= ... el#p206916 lees dan ook sommer die een. http://jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t= ... ettergrepe "

Ek daag jou nou, gaan haal enige “reply” of PM aan waar ek jou persoonlik aanval op enige plek en kom sit dit hierop en met die grootste graagte vra ek jou omverskoning maar tot dan wag ek vir jou verskoning.

Ek se dit ook dan hier weer, lyk my ek herhaal myself Piet-Skiet spel en skryf soos ‘n Graad 1 kind bloot omdat hy klaarblyklik geen respek vir sy taal het nie of net eenvoudig weier om moeite te doen en sidder ek steeds om te dink hoe sy dossiere lyk. Jy het jou land verlaat om welke rede ookal (onthou iets van by jou kinders wees) maar tog verkies jy om hier op ‘n oorwegend afrikaanse forum deel te neem, hoekom? Omdat daar iewers diep in jou tog maar daai Afrikaner trots en soeke na jou volksgenote is.

Net vir die rekord, ek was op geen stadium bekommerd dat jy na ons land as ‘n gat verwys nie.

Dit is net vir my snaaks dat opmerkings soos:

mariusr wrote:
"Daar was al so program op dstv dangerous jobs for girls waar hulle hier by ons kom wild oes by een van die wild oesters baie ouilik gewees kyk net mooi sal weer op kom was al paar keer op kan nou net nie channel onthou nie!?"


Geno wrote:

"Mariusr,
Ek raak vreeslik deurmekaar as jy post. Wil jy nie asb leestekens gebruik ipv een lang sin nie?"

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... ns#p297405

Gemaak deur Geno ongesiens verby kan gaan maar laat ek net iets se is jy op jou agtervoete en reg om te baklei.
Ek verstaan dan ook presies dat jy voel ek hoort nie hier nie, so los nou maar jou onderdymse en agteraf PM’s na die ander lede.

Oom Marius - tripodmvr
“ Vlakvark se hart is nog hier by ons al is hy in Oz. Dink nie sy woorde was teen SA nie, maar gerig op persoonlike aanvalle oor sy spelwerk. Sy deelname het getuig dat hy nog met "sy" mense wil gesels. Dit was die klein jakkalsies wat hom ongelukkig gestem het. Soos PWV sê moet ons liefs die bal speel en nie die man nie. As ons wil braak moet ons dit doen teen wat in ons land gebeur en dit probeer verander - nie ons ondersteuners wegjaag nie.”

Ek is seker Oom is reg maar dan moet hy sy aggressie en beledigings rig op die mense wat hom tenagekom het en nie op my nie.

Net ter afsluiting:
Ek sal omverskoning vra vir enige persoon vir wie ek op enige manier beledig het en selfs ‘n aparte onderwerp daaroor begin. Ek sal egter nie vir een van hierdie lede omverskoning vra nie, omdat ek nie een beledig of persoonlik aangevat het nie.
Ek voel ook ‘n veer oor hoe jy spel of skryf, as jy geen selfrespek of trots vir jou taal het nie gaan aan en tik en skryf soos jy wil .
Ek kan werklik my tyd beter op ander plekke spandeer as om te redekawel met grootmense wie se volwassenheid agter hulle ouderdom loop.Ek vra julle as moderators dan nou besluit daaroor en gee vir Vlakvark sy sin, ek het 2 profiele hier op die forum nl: Jakkalsgat en Goose en is julle welkom om beide te verwyder tesame met my advertensie wat ook hier is.

Groete en ‘n geseende 2014 vir Jaracal se lede en hul families.

Jaco Stander
Jaco
Hier is ook weer 'n voorbeeld van die optrede waarna ek in my vorige post verwys het. Toe ek met jou verskil het, het ek dit nie hier op die openbare forum oopgevlek nie, maar vir jou ge-PM. Ten einde jouself egter te verontskuldig en te verdedig, plaas jy toe jou PM aan my, hier. Ek veronderstel dat wanneer daar per PM gekommunikeer word, is dit konfidensieel. Ek plaas nie my PM's hier op die openbare forum nie, anders sou ek mos nie ge-PM het nie! Volgens my is dit oneties.

Verder, al noem jy nie my naam nie, is dit tog duidelik soos daglig wie jy in gedagte het met jou insinuasies. Dit is baie gerieflik om dit so te doen, want dan is dit mos nie 'n persoonlike aanval nie.

Laastens wemel jou post nou weer van sakkastiese en/of verkleinerende, afkrakende opmerkings. (Let op die onderstrepings.)

Groetnis
P.W.V.

Ps. Is ek nou reg as ek aflei dat jy ook Goose is?
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by tafjak »

Ag wat, die topic lyk so besig en dog toe dis die regte plek om almal, tot die braaksels, brakke, varke en die jakkalsskieters 'n vreeslike erg lekker oujaarsdagaand toe te wens.

So paar dinge wat my dwars in die krop steek:

1. 270 kalibers
2. Vir elke topic 'n grap
3. 223 kalibers
4. hierbo is uit die duim gesuig
5. cruizers
6. langafstandjag
7. 6XC
8. selfsugtigheid
9. hierbo is ook uit duim gesuig, maar darem ander duim
10. tik voor jy lees
11. probeer groter as die forum wees
12. datsun
13. 243
14. hierbo uit dieselfde duim gesuig



Voorspoedige Nuwejaar aan julle ook en mag 2014 die beste inhou

Mooiloop

ps. moes ek iewers gesiggies bygesit het?
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Frikkie Coetzee »

tafjak wrote:Ag wat, die topic lyk so besig en dog toe dis die regte plek om almal, tot die braaksels, brakke, varke en die jakkalsskieters 'n vreeslike erg lekker oujaarsdagaand toe te wens.

So paar dinge wat my dwars in die krop steek:

1. 270 kalibers
2. Vir elke topic 'n grap
3. 223 kalibers
4. hierbo is uit die duim gesuig
5. cruizers
6. langafstandjag
7. 6XC
8. selfsugtigheid
9. hierbo is ook uit duim gesuig, maar darem ander duim
10. tik voor jy lees
11. probeer groter as die forum wees
12. datsun
13. 243
14. hierbo uit dieselfde duim gesuig



Voorspoedige Nuwejaar aan julle ook en mag 2014 die beste inhou

Mooiloop

ps. moes ek iewers gesiggies bygesit het?

Taffie

Nee magtig man ek dit nou nie van jou verwag nie. Ek kan nie lees voor ek getik het nie. Dan staan daar mos niks om te lees nie!!

My 243 is my Back up gun (vir my 223) .270 is net goed genoeg vir hase en dasse. Ek hou ook nie van die 6mmXC nie. Kry n behoorlike wildcat en doen die sukkel behoorlik!

Hou op duim suig. Dit gaan jou voortanne laat lyk soos Bugs Bunny sin.

Ons stem saam. Sedert Datsun hul naam verander het en nou Nissan is, laaik ek hulle ook nie. So erg dat my een pel het sy groen Datsun (of was dit Nissan) verkoop het en n Toy gekoop het.

Maar soos jy se n grap vir elke topic is n pyn in die gat. Wat van n topic vir grappe? O wag, iemand het klaar daaraan gedink.... Wie sou dit kon wees????

Mooiloop
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Ratel »

Ek wens al die forum lede en hulle families 'n geseende 2014 toe. Die wie bogrond bly en die wie ondergrond bly. >:+
Maak 'n verskil
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by PWV »

Ratel wrote:Ek wens al die forum lede en hulle families 'n geseende 2014 toe. Die wie bogrond bly en die wie ondergrond bly. >:+
Ratel, ek is so in die spervuur dat ek dit oorweeg om vir my 'n kamertjie by Nkandla te kry. Smaak my dit is baie veilig daar.
Vir jou en jou mense, ook alles van die beste vir 2014.
Groetnis
P.W.V.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Eugene »

Pieter Willem Vorster wrote:
Ratel wrote:Ek wens al die forum lede en hulle families 'n geseende 2014 toe. Die wie bogrond bly en die wie ondergrond bly. >:+
Ratel, ek is so in die spervuur dat ek dit oorweeg om vir my 'n kamertjie by Nkandla te kry. Smaak my dit is baie veilig daar.
Vir jou en jou mense, ook alles van die beste vir 2014.
Groetnis
P.W.V.
Oom PW, hierdie is die beste kommentaar op hierdie draad. Ek weet nie presies wat oom se spesialisveld was nie, maar miskien kan oom daar sommer help om ons "presedent" te help om sy Standerd 7 tot 10 te kry! Dalk sal hy dan sien 'n man is net nie gebou vir meer as een vrou nie (behalwe natuurlik as 5 mil jou help betaal...)! ;)

Sorg asb dat daar internet is, sodat oom ons kan byhou met die vordering wat gemaak word!

Tong-in-die-kies groete!

P.S. Los maer die spelink les vir ons nomur 1, dis klarbleikluk nei so balankruk nie en ly net tot onodugi PM's en konvlik... >:D
Aim small, miss small
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by tafjak »

Gromit

Hahahahaha ja, my maat. Die 270 is om vir die 2 Johan van Rensburgs vies te maak, XC om vir Immelmanw vies te maak, die 223 om vir Skolla te ry en 243 om myself te dreun. Ongelukkig kry ek nog nie iets om jou te dreun nie, maar byt vas, iets sal nog opdaag.

Die cruizer om my dikpelle in Windhoek so biekie te dreun op die oujaar- hahaha- dink daar kan dit nou gons.

Wat was die ander braaksels nou weer?

Mooiloop en laat die proppe dreun
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Gawie(13mm) »

Reg manne, hier is my braaksel wat ek in die ou-jaar wil laat.

1.Cruizers, Fortuners en Hooglopers is soos onderbroeke: elke tweede p03ph@l het een.
2. 270 is nie 'n kaliber nie, dit is die numeriese afkorting vir "ek kan nie besluit nie".
3. Jagters kan nie skiet nie en skieters mag nie jag nie.
4. As jy aansluit en meer as 10 keer 'n bydra gelewer het pm asb. direk vir Oom 3poot as jy iets oor QL wil weet.
5. "Search" beteken soek. GEBRUIK DIT of Pm vir Geno.
6. Maak nie saak watter geweer jy het nie, jou buurman sal altyd 'n beter een hê. Erken dit en beweeg aan.
7. As jy my nie persoonlik ken nie, ignoreer asb. bogenoemde, behalwe nommers een en twee, want dit is die heilige waarheid.

Nou voel ek ook beter.
'n Voorspoedige 2014 vir almal.

Nissan, 243 en 7mm groete,
Gawie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by James Wilson »

Gawie(7mm) wrote:Reg manne, hier is my braaksel wat ek in die ou-jaar wil laat.

1.Cruizers, Fortuners en Hooglopers is soos onderbroeke: elke tweede p03ph@l het een.
2. 270 is nie 'n kaliber nie, dit is die numeriese afkorting vir "ek kan nie besluit nie".
3. Jagters kan nie skiet nie en skieters mag nie jag nie.
4. As jy aansluit en meer as 10 keer 'n bydra gelewer het pm asb. direk vir Oom 3poot as jy iets oor QL wil weet.
5. "Search" beteken soek. GEBRUIK DIT of Pm vir Geno.
6. Maak nie saak watter geweer jy het nie, jou buurman sal altyd 'n beter een hê. Erken dit en beweeg aan.
7. As jy my nie persoonlik ken nie, ignoreer asb. bogenoemde, behalwe nommers een en twee, want dit is die heilige waarheid.

Nou voel ek ook beter.
'n Voorspoedige 2014 vir almal.

Nissan, 243 en 7mm groete,
Gawie.
Gawie, ek het nou lekker gesmile, smaak my jy het n bitter fyn sin vir humor
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Gawie(13mm) »

James, die lewe is te kort om te ernstig te wees.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by James Wilson »

Pieta, jy het n klompie goette gemis. Niks belangrik nie, maar baie kleurvol.

Ek is natuurlik die laaste man wat iets moet se oor spelling. Ek lees baie keer van my posts en dan krimp my hart ineen as ek sien watse growwe foute ek gemaak het. My oorlede ma, was Afrikaanse onderwyser voordat sy haar D in sielkunde gedoen het. Sy het ons almal van kleinsaf aangemoedig om baie te lees. Dit was altyd vir haar n bitterpil om te sluk dat haar seun nie kan spel nie. In die kantoor is my dames al gewoond om sommer so uit die bloute vir my woorde te spel. Ek kan partykeer by die eenvoudigste woord vashaak. Ek is dis heel verdraagsaam as dit by spelling kom, want ek hoop maar weer ander manne sal my vergewe. Wat my wel onderkry, is dat party posts is met min moeite getik, dan moet ek nou sit en ekstra moeite doen net om te kan verstaan wat het die persoon bedoel. Partykeer kort daar n hele woord in n persoon se sin.Dit het in so n geval niks te doen met spelling nie, maar is eerder geval van traak my nie agtigheid.

Ek glo dit is maar n geval van leef en laat leef. Ek het besluit om in 2014 baie meer ontspanne hier op die forum te wees, asook verdraagsaam. Ek hoop dan weer die manne sal dan ook meer verdraagsaam teenoor my wees.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Hijacking en ander braaksels

Post by Jassie »

Hierdie lyk vir my die regte topic om dit wat volg te sê:

Twintig-veertien klink vir my net beter as twintig-dertien (op my oor) en daarom gee dit my sommer groot plesier om julle almal 'n voorspoedige, wind van agter, 2014 toe te wens.

Mag julle, met behulp van 'n papier-"skietery", dit regkry om lewendige diertjies met sukses te "jag" in 2014.

Groete ou grote
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
Post Reply