die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

User avatar
roux cf
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm

die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by roux cf »

Manne,

Aangesien niemand die topic wil begin nie, sal ek!

Daar is nou al op n hele paar plekke op die forum na "ons" jakkalsjagters verwys as skieters.
Lede voer aan dat wat ons doen nie as jag geklasifiseer kan word nie....

Nou hierdie is net my persoonlike mening en julle is welkom om van my te verskil.

Ek jag 95% van die tyd in die Karoo en griekwaland, terein is moeilik en jakkalse gewoonlik al redelik geleer. Right,ek beskou dit as jag, om heel nag, strategies te moet roep en skuif en weer begin om dalk n stel jakkalse te kan dood, baie aande sonder geen sukses. As dit dan so maklik was soos om op n skietbaan na n teiken te skiet, was dit dalk n ander saak.

En as dit dan nou so maklik is soos wat sommige lede dink dit is, KOM WYS MY!!!

Groete,
CF
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by Stefan764 »

roux cf wrote:
Right,ek beskou dit as jag, om heel nag, strategies te moet roep en skuif en weer begin om dalk n stel jakkalse te kan dood, baie aande sonder geen sukses. As dit dan so maklik was soos om op n skietbaan na n teiken te skiet, was dit dalk n ander saak.
Dankie CF
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by cassie_calvinia »

dankie CF!
weet nie waar mense daaraan kam, dat ons roepers uit sit, en 10 jakkalse skiet nie.
nevermind die skiet, die jare se veldwerk...
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by Martin Marais »

Manne as ek vir vyf of meer nagte vir baie ure in die yskoue winternagte (soms tot -10C) sit en roep vir dieselfde jakkals,dan jag ek tog sekerlik. Ek doen baie loopwerk bedags opsoek na jakkals spore of merkplekke of teelgate.

My 2c
Groete
User avatar
roux cf
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by roux cf »

Tot dusvêr stem almal saam, waar is die manne wat dink dis "skiet"???
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by tripodmvr »

Die opskrif van die post verwys na "probleemdier beheer". Dit is waarmee julle besig is en julle het sekere hulpmiddels en tegnieke om die probleemdier uit te oorlê. Dit is nie altyd moontlik om nagdiere in die dag te skiet nie. Ek sal my nie verknies oor wat ek genoem word nie. Julle verrig 'n broodnodige diens. Jul tegnieke word aangeleer en verfyn met die tyd. Dit is dus nie jag soos ons dit tradisioneel sien nie. Jou vuurwapen word laastens gebruik om die pes te verwyder. Ek sal dit as skiet klassifiseer net soos nagoes van oorskot wild.

In Amerika word duisende klein ongediertes geskiet omdat hulle nie onbeheersd kan aanteel nie. Niemand maak te veel bohaai oor die skieters daar nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by DWB »

Om te jag beteken nie jy skiet altyd iets nie ;D


Jag lekker voort manne...
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
roux cf
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by roux cf »

Oom Driepoot,
Dankie vir die verduideliking, maar dan is dit mos waar van baie ander vorms van jag, bv om in n "hide" te sit en wag of selfs lang afstand jag.

Weet nie of ek nou reg is nie, net n gedagte...
User avatar
roux cf
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by roux cf »

Menende dat dit nie die tradisionele jag "walk and stalk" is nie...
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by Mac »

Oorgebring na die topic toe op versoek;
Hunting is the practice of pursuing, killing or trapping any living organism, usually wildlife or feral animals, by humans for food, recreation, or trade.
Hunting can also involve the elimination of vermin, Hunting advocates state that hunting can be a necessary component of modern wildlife management,
Ek neem aan dat die Afrikaans vir "hunting" is jag, indien so, dan is die argument nietig en puntenerig. Probleem opgelos.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
roux cf
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by roux cf »

Oom Mac,

Ek stem volkome saam, maar hierdie topic is reeds geskep met die doel dat die "skieters" hulle kant ook kan stel.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by James Wilson »

Roux CF, dankie dat jy die onderwerp begin het. Daar is na my mening net te veel klagtes rakende onderwerpe wat die pad byster raak. Dit beten nie iemand mag nie bespreek wat hy wil nie, inteendeel dit moet iemand juis aanmoedig om n nuwe onderwerp te begin. Soos hier, baie dankie.

As n mens nou gaan kyk na die afdeling waaronder hierdie topic geplaas is, dan sal ons sien dat die Forum hierdie afdeling Roep en Nag jag noem. Dit is dus vir my n "non-issue". Dit is jag. As iemand dit iets anders wil noem, gaan gerus voort. Intussen sal die mees gesaghebende platform oor jakke dit jag noem. Sedert die bestaan van die forum is dit so, en ek kan geen rede sien dat dit sal verander nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by Eugene »

Ek twyfel of 'n jakkals (of bok) werklik gaan omgee of hy geskiet of gejag word. Ek dink dis maar mense wat te veel waarde aan die onderskeid tussen daai twee woordjies gee...
Aim small, miss small
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by LongWolf »

ek sien dit so.

as jy hom gaan soek dan jag jy.

n slagyster is vir my n tameletjie....
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by Jassie »

Skiet of jag of slag of bekruip of wag of slaan hom nes jy wil en noem dit net wat jy wil

... solank hy net bakkie ry !!!

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by HennieC »

Wanneer mens 'n jak soek en roep is dit jag sodra jy hom sien en binne 'n sekere afstand kry dan moet jy skiet.
Elke dag is jag dag maar nie elke dag is skiet dag nie.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by Cobus(Cobb) »

Die ding is op 'n ander blad deur PWV begin vir redes duister vir my,en daar word aangedring dit moet "skiet" genoem word. Konflik genereerende gedrag as jy my vra....
PWV gaan alleen bietjie uit,doen jou voetwerk, bring jou jak self huistoe...jy sal gou agterkom dit is "jag" nie "skiet" nie.

Manne wat rondry en skiet na bietjie brannas is wel 'n ander saak.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
roux cf
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by roux cf »

Cobus,

Presies!

Die oom is maar net lus om jakkalsjagters die moer in te maak.

Ek wag in spanning dat oom PWV sy kant kom stel.
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by Jacquesb »

Julle manne wat deur al die opleiding, leerprosesse, onkostes, "travelling" gaan om julle sport te beoefen. Nagte om sit en werk vir jou jakkals, JAG beslis, myns insiens.
Ons skiet op die baan.

Groete
Jacques
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by Stefan764 »

Mac wrote:Oorgebring na die topic toe op versoek;
Hunting is the practice of pursuing, killing or trapping any living organism, usually wildlife or feral animals, by humans for food, recreation, or trade.
Hunting can also involve the elimination of vermin, Hunting advocates state that hunting can be a necessary component of modern wildlife management,
Ek neem aan dat die Afrikaans vir "hunting" is jag, indien so, dan is die argument nietig en puntenerig. Probleem opgelos.
Vat so!
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by win270 »

Ek dink almal moet aangehegte artikel deur oorlede Dr Lucas Potgieter lees waar hy onderskeid getref het tussen "jag" en "slag". Mettertyd is "slagters" ook geassosieer met "skieters".

Skryf gerus wat julle dink van die artikel nadat dit deeglik gelees is en oor gedink is . . .
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by win270 »

Hiermee aangeheg nog 'n artikel deur Dr Lucas Potgieter wat stof tot nadenke is . . . Die onderwerp handel oor lang-afstand skiet. Mens moet die skrywer se humor kan verstaan en waardeer. Hy weet egter waarvan hy praat.

Groete
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by Smitstertjies »

Om met n geweer te jag moet mens mos skiet? ;)

Noem dit wat jy wil as dit jou beter laat voel. Bakkie jag, voorsit jag , walk en stalk , roep , en al die soorte het sy eie uitdagings en skills wat benodig word.

My 2c
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by Skolla »

Ek dink ons moet hier ook sommer uitsluitsel kry oor die terminologie wat so lustig rondgeslinger word.
Na my mening is die manne wat met gesofistikeerde toerusting jakkalse roep, besig met 'n proses van teregstelling. Moet dit asseblief nie "jakkalsjag" noem nie.

Net soos baie lede my wil stenig omdat ek bakkieskiet, en dit "jag" noem, so moet ons hier ook uitsluitsel kry. Wie is jakkalsskieters en wie is jakkalsjagters?



As ek gaan jag dan skiet ek n bok of jakkals of wat ook al!!!!!

Nou waar is PWV dan nou wat al die strooi pratery begin het?
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: die term Jakkalsjag vs Jakkals skiet.

Post by PWV »

Post Reply