Geweer onderstebo skiet
- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Dankie Koos . Baie interessant.Scope se hoogte sowel as horisontale posisie ( picatinny rail ) sal drastiese veranderinge bring op die onderstebo trajek.... of nie regtig so groot verskil nie ?
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave

- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Geweer onderstebo skiet
Baie dankie vir die toets - die vraag is al n paar keer tussen jagvriende gevra maar nog nooit so beantwoord nie Baie dankie
-
Boskamper
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Sat Nov 09, 2013 5:50 am
Re: Geweer onderstebo skiet
Mooiloop met skerp oge en spits ore
Se sommer Nico
Llama 38 spesialtjie
WP (Province) Stormers
kyk waar staan die Beker
Se sommer Nico
Llama 38 spesialtjie
WP (Province) Stormers
kyk waar staan die Beker
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Baie dankie Koos. Die resultate is interessant!
Volgens JBM moes die skote 89mm regs en laag geval het as jy 90grade regs kantel en soveel links as mens links sou kantel. Onderste bo moes die skote dan 178mm laag geval het.
Volgens JBM moes die skote 89mm regs en laag geval het as jy 90grade regs kantel en soveel links as mens links sou kantel. Onderste bo moes die skote dan 178mm laag geval het.
- Jakkie07
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Fri Oct 05, 2012 10:11 am
Re: Geweer onderstebo skiet
Baie dankie vir die toets oom Koos
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Geweer onderstebo skiet
Interressant.
Het die wind gewaai. En kan die twist rigting iets met die verskil in hoogte tussen links 90grade en regs 90grade kanteling uit te waai het tesame met windrigting?
Groete Freddie
Het die wind gewaai. En kan die twist rigting iets met die verskil in hoogte tussen links 90grade en regs 90grade kanteling uit te waai het tesame met windrigting?
Groete Freddie
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Geweer onderstebo skiet
Freddie
Arnold dit lyk my die wiskunde en die praktiese toetse verskil so effens maar dit skryf ek nou maar toe aan die feit dat die geweer nie in 'n masjienrus was nie.
Daar was bykans geen wind nie. Ek kan nog nie verklaar hoekom die skote nie dieselfde na regs toe uitgeval het as na links nie. Ek het baie seker gemaak ek hou die geweer dieselfde vas. Maar nou ja, onthou ek het dit vasgehou, die geweer vas nie in klampe nie en dus kon my vashou-posisie dalk effens anders gewees het. Ek sal dit weer doen net om seker te maak of dit my fout was en of die verklaring iewers anders le.
Moo loop

Die prakties en die wiskunde verskil beslis. Dit sal interessant wees om te weet hoekom maar ek het nie daai verduideliking nie.
Die afstand is te naby om twist te wees. Waaraan ek dit sou toeskryf is die posisie en hoe dit die geweer se recoil beinvloed, dan ook jou oog posisie en parallaks, maar dit is my beste raaiskote.
Die afstand is te naby om twist te wees. Waaraan ek dit sou toeskryf is die posisie en hoe dit die geweer se recoil beinvloed, dan ook jou oog posisie en parallaks, maar dit is my beste raaiskote.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Geweer onderstebo skiet
Tref dit my nou skielik. Toe ek die geweer na regs gedraai het, was my skietposisie so sleg dat ek omgeskuif het en uit die linkerskouer geskiet het en met die linkeroog gemik het. Al manier hoe ek die geweer behoorlik kon stil houo. Dit kon dalk 'n invloed gehad het.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Koos, ek dink dit gaan bitter moeilik wees om die toets te doen soos jyself nou kan weergee. Prakties dink ek nie mens sal die geweer so erg kantel nie, maar dit laat met minstens dink en besef dat dit iets is waarop mens moet konsentreer.
Dankie vir die moeite Koos! Sien is glo!
Dankie vir die moeite Koos! Sien is glo!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Ek het Koos se praktiese skiet vanoggend met my .22 op 50m probeer dupliseer. Ek het 50m afgetree en dink nie ek is meer as 2m weerskante toe uit nie.
Het my geweer ingestel om senter te skiet op die afstand en toe 90 grade links en regs en onderstebo geskiet. Laasgenoemde klink nie moeilik nie, maar om die geweer stil te hou en nog behoorlike snellerbeheer toe te pas is nie maklik nie. Het net my regter oog gebruik en my links en regs is redelik simmetries om die mikpunt.
Afstande is as volg :-
1. Na regs 90 - 110mm laag en 160mm regs
2. Na links 90 - 135mm laag en 145mm links
3. Onderstebo - 320mm laag (net een skoot) ek dink die ander skoot was laer.
Ek het na die warm kry op die baan nou 'n bier opgeslurp en gaan nie by enige wiskundige berekeninge betrokke raak nie. Spoed van ammunisie is in die 1250vps orde. Hoop julle kan orde skep uit die resultate.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Geweer onderstebo skiet
Arnold
Ja nee, ek stem saam dat 'n mens nooit enige geweer so sal kantel nie. Deon de Villiers wat saam op die baan was het aan my genoem dat hulle 'n week tevore juis oor kantel gepraat het en dat sommige manne gesweer het dat as jy die geweer links kantel skiet jy regs en andersom. Wat my en Tripod se toetse vir die leke bevestig is dat as jy links kantel skiet jy links en regs kantel skiet jy regs.
Dit was sommer interessant om te sien hoe dinge verloop.
Tripod, lyk my jy het die geweer beter as ek vasgehou en daarom is jou skote meer konstant links en regs.
Wat ek nou eendag wil doen is om op 300m die geweer effens te kantel en dan te kyk wat my resultate is. Ek weet dit kan wiskundig baie goed voorspel word, maar ek sal nogtans wil kyk hoe die geweer reageer as ek hom in my hande hou.
Mooi loop

- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Goed, beter, 6millimeter!
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Geweer onderstebo skiet
Sy bewe te veel lol
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Ek bewe net so as ek vir haar kyk
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Geweer onderstebo skiet
Se ek ook maat -VdWalt wrote:Ek bewe net so as ek vir haar kyk
-
Triple2
- Sr. Member

- Posts: 352
- Joined: Wed Sep 22, 2010 6:03 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Oom Koos, sit daar bietjie jou fototjie ook op van jou onderstebo skoot!!
Jys seker darem ook so lekker soepel soos die dame??
D
Jys seker darem ook so lekker soepel soos die dame??
D
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Was al klaar gepostTriple2 wrote:Oom Koos, sit daar bietjie jou fototjie ook op van jou onderstebo skoot!!
Jys seker darem ook so lekker soepel soos die dame??![]()
D
http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/Onderstebo002_zps9f489aa9.jpg
http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/Onderstebo001_zpsd702d05c.jpg
http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/OndersteboII002_zps8b277f9b.jpg[/quote]
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Uit bogenoemde is dit dan nou duidelik dat Oom Koos heeltemal verkeerde tegniek gebruik het en dringend by die dametjie sal moet uitkom vir klasse in die korekte tegniek. Ons hou angstig SA jagter dop vir 'n voledige artikel wat die kursus sal bespreek...
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Pieter Vorster wrote:Uit bogenoemde is dit dan nou duidelik dat Oom Koos heeltemal verkeerde tegniek gebruik het en dringend by die dametjie sal moet uitkom vir klasse in die korekte tegniek. Ons hou angstig SA jagter dop vir 'n voledige artikel wat die kursus sal bespreek...
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Geweer onderstebo skiet
Hygent hert!!! Ja nee, my tegniek was heel verkeerd. Sal die nodige aanpassings doen (na konsultasie met die dame) en dit hier kom post, he-he!!
Mooi loop
Mooi loop
- SuperVos
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Mon Oct 21, 2013 3:03 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Baie interessante vraag, en my nederige opinie volg…
‘n Geweer op 100m ge-zero kan jy maar kantel (tot en met 90 grade) soos jy wil, hy sal op 100m in die kol skiet. Maar as jou skietafstand verander is dit ‘n ander storie…
Kyk my "attachment" asb.
A = 100m ge-zero (regop)
A = 100m gekantel tot en met 90 grade enge kant toe. Presies dieselfde plek as die zero.
B = Onderstebo op 100m
C = bv 150m (wanneer die projektiel weer deur to siglyn sny – op pad af) en die geweer is na regs (kloksgewys) gekantel.
D = bv 200m (projektiel onder die siglyn) en die geweer na links (anti-kloksgewys) gekantel.
Engie kanteling binne die 100m zero afstand sal geen wesenlike verskil maak vir jagdoeleindes nie, maar sal natuurlik vir ‘n regs om (kloksgewys) kanteling van die geweer laag en links skiet.
Terloops, jy kan selfs jou scope se kruishare met 90 grade draai op montering sodat hy nie soos ‘n “+” lyk nie maar wel soos ‘n “X”. Jy sal net nie die kruishare kan gebruik vir “drop” end “windage” beramings nie. Oppas ook dan vir klieks links en regs….

Sako 243; TRG-22 (308); AR-15 (300 Blackout), Glock 19, 34 (9mmP), Benelli M4... met 'n 375HH/Ruger in die kous.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Supervos, lees asb die hele draad en sien die praktiese toetse se resultaat. Jy sal sien dat jy nie reg is met dit wat jy sê nie.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Geweer onderstebo skiet
Supervos
Ja lees asseblief die hele ding en soos Arnold se kyk na die praktiese skietresultate wat ons gekry het. Jy jet die kat aan die gat beet.
Ja lees asseblief die hele ding en soos Arnold se kyk na die praktiese skietresultate wat ons gekry het. Jy jet die kat aan die gat beet.
- SuperVos
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Mon Oct 21, 2013 3:03 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Ek het eers na die post gesien daar is nog 'n bladsy. Sal lees.
Groete
Groete
Sako 243; TRG-22 (308); AR-15 (300 Blackout), Glock 19, 34 (9mmP), Benelli M4... met 'n 375HH/Ruger in die kous.