Jaracal Kersfonds Kompetisie

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Eugene »

Vir die manne wat dalk nie hiervan bewus is nie, plaas ek dit graag hier. Julle kan ook op die oorspronklike topic gaan kyk: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=135&t=26594

Naand almal

Mense ons staan weer op die vooraand van die feestyd en deur die Forum manne se oop hande en harte is daar weer baie lekker pryse te wen in vanjaar se kompetisie tydens ons insameling, hierdie jaar se opbrengs gaan aan die Loerie Kinderhuis op Bronkhorstspruit

PRYSE

Prys van kaartjies is R50 en om in aanmerking te kom vir 1 van die jagpryse moet 'n deelnemer 4 kaartjies koop, m.a.w R 200 koop vir 'n deelnemer 1 kans in die gelukstrekking vir een van die jagpryse. Onthou dat daar slegs 1 van elke jagprys beskikbaar is en as 'n prys reeds gekies is, kan 'n deelnemer nie weer die prys opeis nie. Al die eerste pryse is jagpakkete en nie 1 word bo die ander gestel nie omdat dit alles volgens ons baie goeie pryse is. Wenners sal in volgorde van trekkings kans kry om prys te kies en in rangorde van trekking voorrang geniet m.a.w eerste nommer getrek is 1ste plek en so voorts.

Die jagpryse is as volg:

1) Thwanejag, 2 x Blouwildebeeste (koeie) + 2 x Rooibokke (ooie) + 2 nagte se verblyf vir 2 jagters by die Lodge, Borg - Marius Barnard - Thwane lodge
2) Ribbokjag, 2 x Vaalribbokke te jag + etes en verblyf ingesluit - Calvinia - Borg: Cassie van Calvinia
3) Bergskaapjag, 1 x Bergskaap jag, dagfooie ingesluit maar verblyf en etes uitgesluit (Bergskaap nie gewaarborg) - Carnarvon - Borg: CF Roux - slegs vir fikse jagters wat kan stap!
4) Bosvarkjag, Oor honde (dagjag) skiet of steek (mes) Bosvarke dood, soveel as wat jy kan maar jy mag net 1 karkas gratis huistoe vat - Groblersdal, Marblehall of Settlers - Borg : Jaco Prinsloo + Slagskaap wat dieselfde tyd as wat jy die jag gaan doen afgehaal kan word by borg: Smitstertjies op Bronkhorstspruit
5) Blouwildebees jag, die wenner se verblyf, slag en jagfooi borg Hein Stander van Kalabaspan , dan gee Robbie van Die Wildshoekie n Bwb bul om te jag en doen die bewerking vir hom gratis.
6) Rooibokjag, 1 x Rooibokram + 2 nagte se verblyf en 2 jagdae bygestaan deur Carl as gids met 1 Steak en rooiwyn ete vir 2 persone op jagplaas, Borg - Carl

Julle sal oplet dat daar geen waardes hieraan gekoppel word nie omdat alles droomjagte is.

Na die afloop van die trekking van bogenoemde pryse sal daar nog ten minste 9 troosprys trekkings wees en elke R50 kaartjie wat 'n deelnemer gekoop het besorg aan hom een kans per trekking.

Troosprys trekkings:

Trekking 1 - 1 stel Predator camo klere Langbroek, hemp, baadjie en n pet. - Borg: Berkeley Geer - Predator
Trekking 2 – Gonge stel en raam - borg : Jungle Julian
Trekking 3 – Hunt Buddy Silencer - borg: Silent hunting
Trekking 4 – Hunt Buddy Silencer - borg: Silent hunting
Trekking 5 – R500 S&O Voucher - borg S&O Pretoria
Trekking 6 – Verstelbare wangstuk - borg : Jungle Julian
Trekking 7 – Verstelbare wangstuk - borg : Jungle Julian
Trekking 8 – Lapping tool 25mm of 30 mm - borg: Monrigue
Trekking 9 – Reaktiewe teiken - .22 - borg : Jungle Julian
Trekking 10 – Reaktiewe teiken – 9mm - borg : Jungle Julian

AANSPORINGSPRYSE

1) Eienaar van kaartjie nommer 125 kry 2 bottels Fleur du Cap Cabernet Sauvignon - Borg: JacovdW - Distell Kelders
2) Eienaar van kaartjie nommer 250 kry 2 bottels Fleur du Cap Merlot - Borg: JacovdW - Distell Kelders
3) Eienaar van kaartjie nommer 375 kry 'n Bottel Baines Cape Mountain Whiskey in 'n geskenkblik (Baines is aangewys as die beste graan whiskey in die wêreld op die World Whiskey Awards) - Borg: JacovdW - Distell Kelders
4) Die eienaar van kaartjie nommer 500 sal die gelukkige wenner wees van 'n Jaracal, Jaghemp en Pet - Petrie - Borg: Greyghost gear
5) Die prys vir die deelnemer wat die grootste bydra maak is as volg:

Kombinasie van voorsit skietstoel - borg: Jungle Julian en Silent hunting Hunt Buddy - borg: Silent hunting waarde geskat op ongeveer R2000 hierdie is goeie kombinasie vir manne wat in die volgende seisoen bietjie voorsitjag wil doen.

DATUMS EN DUUR VAN KOMPETISIE

Die kompetisie begin amptelik op Vrydag, 1 November 2013 en sluit op Sondag, 15 Desember 2013 om 23h59.

TREKKING

Trekking geskied op Woensdag, 18 Desember om 19h00 lewendig op die forum.

REELS

1. Aangesien hierdie kompetisie 'n Jaracal inisiatief is, is dit net oop vir Jaracal lede, jy gaan nie kan deelneem as jy nie 'n lid is met lid naam nie.
2. Slegs lede wat 4 (R200 plus) en meer kaartjies gekoop en betaal het tot en met die afsluiting sal in aanmerking kom vir die eerste 4 pryse.
3. Slegs kaartjies wat betaal is of bewys van betaling gelewer het op afsny tyd sal in aanmerking kom vir trekking.
4. Versending van pryse sal vir die wenner se eie rekening wees.
5. Die beoordeelaar en organiseerder mag nie deelneem nie.
6. Borge kan wel deelneem maar sou hy sy eie prys wen word die trekking vir daardie prys oor gedoen en gaan dit na die volgende gelukkige kaartjie se eienaar.
7. Die beoordeelaar se besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word na trekking hieroor nie.
8. Geen pryse kan vir kontant geruil word nie.
9. Pryse kan nie oorgedra word na iemand anders nie

BORGE

Elke borg sal geleentheid gegun word om fotos, webtuistes en inligting hier te plaas.

BEOORDELAARS EN ORGANISEERDERS

Rekenkundige beampte - Jean Marais
Regsadviseur - Eugene Harmse
Administratiewe Beampte - Jaco Stander
Persoon wat trekking hanteer - sal op dag van trekking bekend gemaak word deur rekenkundige beampte en slegs hy sal weet wie dit is tot dan.

Bankbesonderhede

E Harmse/Jaracal Kersfonds
FNB Wilkoppies
Rekeningno: 6243 721 2179
Takkode: 250-053

Met inbetalings gebruik asb jou Jaracal naam as verwysing anders sal dit gesien word as skenking

Faks bewys van betalings deur na 0866965803 of E-Pos jacostander@telkomsa.net

Sodra jy bewys van betaling deur gestuur het en my PM gestuur het sal ek jou PM stuur met jou nommer of nommers, hou asb die nommer vir jouself en sal dit net ek en jy wees wat die nommer sal he. Nommers word toegeken in volgorde wat betalings gemaak word. Vir elke vier R50 inskrywings sal jy een ekstra nommer kry wat begin met 'n G wat gebruik word vir groot inskrywings.

Manne gaan groot, hierdie is pragtige pryse en klink vir my na 'n lekker kersgeskenk van pa aan pa.

Groete
Jaco
Aim small, miss small
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Jakkalsgat »

User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by sako 30-06 »

Amper payday,dan sal ek my kaartjies koop.

N paar fanatstiese pryse so hie kan n man nee se. :):
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Jakkalsgat »

PRYSE

Prys van kaartjies is R50 en om in aanmerking te kom vir 1 van die jagpryse moet 'n deelnemer 4 kaartjies koop, m.a.w R 200 koop vir 'n deelnemer 1 kans in die gelukstrekking vir een van die jagpryse. Onthou dat daar slegs 1 van elke jagprys beskikbaar is en as 'n prys reeds gekies is, kan 'n deelnemer nie weer die prys opeis nie. Al die eerste pryse is jagpakkete en nie 1 word bo die ander gestel nie omdat dit alles volgens ons baie goeie pryse is. Wenners sal in volgorde van trekkings kans kry om prys te kies en in rangorde van trekking voorrang geniet m.a.w eerste nommer getrek is 1ste plek en so voorts.

Die jagpryse is as volg:

1) Thwanejag, 2 x Blouwildebeeste (koeie) + 2 x Rooibokke (ooie) + 2 nagte se verblyf vir 2 jagters by die Lodge, Borg - Marius Barnard - Thwane lodge
2) Ribbokjag, 2 x Vaalribbokke te jag + etes en verblyf ingesluit - Calvinia - Borg: Cassie van Calvinia
3) Bergskaapjag, 1 x Bergskaap jag, dagfooie ingesluit maar verblyf en etes uitgesluit (Bergskaap nie gewaarborg) - Carnarvon - Borg: CF Roux - slegs vir fikse jagters wat kan stap!
4) Bosvarkjag, Oor honde (dagjag) skiet of steek (mes) Bosvarke dood, soveel as wat jy kan maar jy mag net 1 karkas gratis huistoe vat - Groblersdal, Marblehall of Settlers - Borg : Jaco Prinsloo + Slagskaap wat dieselfde tyd as wat jy die jag gaan doen afgehaal kan word by borg: Smitstertjies op Bronkhorstspruit
5) Blouwildebees jag, die wenner se verblyf, slag en jagfooi borg Hein Stander van Kalabaspan , dan gee Robbie van Die Wildshoekie n Bwb bul om te jag en doen die bewerking vir hom gratis.
6) Rooibokjag, 1 x Rooibokram + 2 nagte se verblyf en 2 jagdae bygestaan deur Carl as gids met 1 Steak en rooiwyn ete vir 2 persone op jagplaas, Borg - Carl
7) Blesbokjag, 1 x Blesbok, dagjag naby Carltonville, borg - Eddie Cik

Julle sal oplet dat daar geen waardes hieraan gekoppel word nie omdat alles droomjagte is.

Na die afloop van die trekking van bogenoemde pryse sal daar nog ten minste 13 troosprys trekkings wees en elke R50 kaartjie wat 'n deelnemer gekoop het besorg aan hom een kans per trekking.

Troosprys trekkings

Hiedie trekking geskied op presies dieselfde manier as Jagprystrekking en kan jy wenners kies in rangorde van trekking watter een van die pryse hy kies en weereens kan elke prys net eenmaal gekies word.

1 - 1 stel Predator camo klere Langbroek, hemp, baadjie en n pet. - Borg: Berkeley Geer - Predator
2 – Gonge stel en raam - borg : Jungle Julian
3 – Hunt Buddy Silencer - borg: Silent hunting
4 – Hunt Buddy Silencer - borg: Silent hunting
5 – R500 S&O Voucher - borg S&O Pretoria
6 – Verstelbare wangstuk - borg : Jungle Julian
7 – Verstelbare wangstuk - borg : Jungle Julian
8 – Lapping tool 25mm of 30 mm - borg: Monrigue
9 – Reaktiewe teiken - .22 - borg : Jungle Julian
10 – Reaktiewe teiken – 9mm - borg : Jungle Julian
11 - Numenor Reflex Supressor - borg - Numenor - gereel deur G-Force
12 - Numenor gewone supressor - borg: Numenor - gereel deur G-Force
13 - Spotlight dimmer - borg: Pitsmit + 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason
14 - 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason
15 - 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason
16 - 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason
17 - 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason

AANSPORINGSPRYSE

1) Eienaar van kaartjie nommer 125 kry 2 bottels Fleur du Cap Cabernet Sauvignon - Borg: JacovdW - Distell Kelders
2) Eienaar van kaartjie nommer 250 kry 2 bottels Fleur du Cap Merlot - Borg: JacovdW - Distell Kelders
3) Eienaar van kaartjie nommer 375 kry 'n Bottel Baines Cape Mountain Whiskey in 'n geskenkblik (Baines is aangewys as die beste graan whiskey in die wêreld op die World Whiskey Awards) - Borg: JacovdW - Distell Kelders
4) Die eienaar van kaartjie nommer 500 sal die gelukkige wenner wees van 'n Jaracal, Jaghemp en Pet - Petrie - Borg: Greyghost gear
5) Die eienaar van Kaartjie 600 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
6) Die eienaar van Kaartjie 700 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
7) Die eienaar van Kaartjie 800 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
8) Die eienaar van Kaartjie 900 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
9) Die eienaar van kaartjie 1000 wen 'n jag by Kliplaat (springbok en Koedoe) manlike diere geborg deur Tafjak
10) Die prys vir die deelnemer wat die grootste bydra maak is as volg:

Kombinasie van voorsit skietstoel - borg: Jungle Julian en Silent hunting Hunt Buddy - borg: Silent hunting waarde geskat op ongeveer R2000 hierdie is goeie kombinasie vir manne wat in die volgende seisoen bietjie voorsitjag wil doen.

DATUMS EN DUUR VAN KOMPETISIE

Die kompetisie begin amptelik op Vrydag, 1 November 2013 en sluit op Sondag, 15 Desember 2013 om 23h59.

TREKKING

Trekking geskied op Woensdag, 18 Desember om 19h00 lewendig op die forum.

REELS

1. Aangesien hierdie kompetisie 'n Jaracal inisiatief is, is dit net oop vir Jaracal lede, jy gaan nie kan deelneem as jy nie 'n lid is met lid naam nie.
2. Slegs lede wat 4 (R200 plus) en meer kaartjies gekoop en betaal het tot en met die afsluiting sal in aanmerking kom vir die jagpryse.
3. Slegs kaartjies wat betaal is of bewys van betaling gelewer het op afsny tyd sal in aanmerking kom vir trekking.
4. Versending van pryse sal vir die wenner se eie rekening wees.
5. Die beoordeelaar en organiseerder mag nie deelneem nie.
6. Borge kan wel deelneem maar sal ons verkies dat hy nie sy eie prys kies nie.
7. Die beoordeelaar se besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word na trekking hieroor nie.
8. Geen pryse kan vir kontant geruil word nie.
9. Jagpryse kan nie oorgedra word na iemand anders nie

BORGE

Elke borg sal geleentheid gegun word om fotos, webtuistes en inligting hier te plaas.

BEOORDELAARS EN ORGANISEERDERS

Rekenkundige beampte - Jean Marais
Regsadviseur - Eugene Harmse
Administratiewe Beampte - Jaco Stander
Persoon wat trekking hanteer - sal op dag van trekking bekend gemaak word deur rekenkundige beampte en slegs hy sal weet wie dit is tot dan.

Bankbesonderhede

E Harmse/Jaracal Kersfonds
FNB Wilkoppies
Rekeningno: 6243 721 2179
Takkode: 250-053

Met inbetalings gebruik asb jou Jaracal naam as verwysing anders sal dit gesien word as skenking
User avatar
Dries Skiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1093
Joined: Mon Oct 01, 2012 10:01 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Dries Skiet »

Goeie werk Jaco en almal wat betrokke is.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Eugene »

Kom manne, einde van die maand en payday kom nader!

Moenie vergeet nie!!!!!!
Aim small, miss small
User avatar
Dries Skiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1093
Joined: Mon Oct 01, 2012 10:01 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Dries Skiet »

Ek daag julle uit, ek het 5 G nommers. Wie gaan dit verbeter?
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by sako 30-06 »

my geld is betaal.
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Frikkiedbr »

Ek wil net vir Jaco en Eugene of Eugene en Jaco baie dankie sê wat hulle hier vir ons manne doen op die forum.
Ons weet nie allerdaags wat agter die skerm gebeur nie.

En aan almal wat wel deel neem en al die pryse.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Eugene »

Frikkiedbr wrote:Ek wil net vir Jaco en Eugene of Eugene en Jaco baie dankie sê wat hulle hier vir ons manne doen op die forum.
Ons weet nie allerdaags wat agter die skerm gebeur nie.

En aan almal wat wel deel neem en al die pryse.
Dankie Frikkie, maar Jaco is die hooforganiseerder! My aandeel is maar weglaatbaar klein.

Daar is nog net 'n paar dae oor manne, koop nou daai kaartjies sodat julle nie later teleurgesteld is nie! Die geleentheid om te kan goed doen, moet nie oorgesien word nie....
Aim small, miss small
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Eugene »

Nog 4 dae oor vir die kompetisie!

Moenie jouself in 'n situasie sit waar jy in die vermoe was om goed te doen en dit nie gedoen het nie....
Aim small, miss small
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Eugene »

Nog 3 dae oor!!!!
Aim small, miss small
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Smiley »

Betaling is gedoen. Wonderlike Kersfees almal.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Jakkalsgat »

Dankie Smiley
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Jakkalsgat »

2 dae
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Piet Pille »

julle moet asb. 'n paar foto's neem tydens die oorhandiging en trekking!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Pvdw »

Manne die kompetisue gaan nou groot! Na die bietjie stofpad en potholes op die forum die afgelopd maande laat hierdie 'n man besef dat daar baie meer goed as sleg hier op die forum te vinde is.

Dankie vir almal se moeite.

Peet
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Eugene »

Manne, ons staan op R 86000!!!

Ons kort R 14 000 om by R 100 k uit te kom en daar is 2 dae oor!

Baie dankie by voorbaat vir julle ondersteuning hierin!!!
Aim small, miss small
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Jakkalsgat »

Gesamentlik R 88 150
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Jakkalsgat »

R 90 550 met 3 ure oor!
User avatar
TUCKY TERRY .270
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:27 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by TUCKY TERRY .270 »

WELL DONE.......
.270 winchester - MOD 70
GLOCK 19 Gen 3
Riot Shotgun 12G
.22 Bruno long
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Apie »

Aaaaaargghhhhh ek het dit gemis!
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by VdWalt »

Met 'n hele jaar!
Post Reply