7mm Rem wat sleg terugbrand.

Post Reply
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

7mm Rem wat sleg terugbrand.

Post by 243Songdaug »

Middag manne.

Ek is op hierdie stadium net so bietjie lui(besig) om deur my boeke te gaan en dus wil ek die kundiges onder julle se grysstof tap.

'n Mater van my se 7mm Rem - met 'n splinternuwe loop- brand iets verskrikliks terug - die hele dop het brandmerkr op en slefs die bolthead is swart.
Normaalweg is dit 'n teken dat jou druk nie hoog genoeg is nie en die oplossing is om die lading te verhoog.

MAAR - hierdie 7 is vol stories.

Ek het al die volgende gedoen: 
1.  Die lading opgejaag tot waar die primers duidelike druktekens wys.
2.  Van S385 oorgeslaan na S365.
3.  Die punte teen die lands gelaai.
4.  Die punte diep in die doppe geseat.
5.  Doppe aneal.
6.  Die doppe se nekke gesny.

Gee bietjie raad, asb.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 7mm Rem wat sleg terugbrand.

Post by Francois Marais »

Jaco

As jy al daai goed gedoen het en hy brand steeds terug, laat kamer die loop oor, in my beskeie opinie is dit net n BAIE sleg gekamerde loop wat so gas kan lek.

My 2c........

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: 7mm Rem wat sleg terugbrand.

Post by DSBW »

Yep, stem saam, dit dui op 'n kamer probleem.

Dawie
Gerard

Re: 7mm Rem wat sleg terugbrand.

Post by Gerard »

Laat meet die kamer en loop deursne? by die verskeie punte om te bepaal of die geweer binne spesifikasie is.  Dit moet gedoen word deur iemand wat 'n bore mike het of 'n manier om andersins binne diameters teen plus of minus 10 mikron te meet.  Die belangrike mates is die kamer nek, vryboor, loop-groef en loop boor deursne?. Die deursnee waar die skouer en die romp bymekaar aansluit is ook belangrik maar die toleransie daar is meer vergeeflik.

Vergelyk die dimensies met die CIP spesifikasie voor jy enige duur werk laat doen.  Dit is nie noodwendig die geweer wat foutief is nie en mens weet nie voor daar nie gemeet is nie.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 7mm Rem wat sleg terugbrand.

Post by 243Songdaug »

Dankie vir jul terugvoering - ek gaan hom so bietjie laat meet.
Dont tell me, show me......
Post Reply