270 Winchester Node spoed

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
Nils
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Sun Jun 30, 2013 10:33 pm

270 Winchester Node spoed

Post by Nils »

Naand menere.

Kan iemand met QL my asseblief help met 'n Node spoed vir my 270.

Ek wil 'n lading uitwerk vir beide S361, asook S365 kruit.

Die gegewens is as volg:

1. Musgrave model D98 in .270 Winchester.
2. Looplengte gemeet vanaf kroon tot voorkant van slot: 610mm oftewel 24 duim. Twist 1:10.
3. Ek gebruik Winchester doppe, wat gevuurvorm en ge- Neck size is.
4. H2O inhoud van ge-necksize dop: 68 grein.
5. H2O inhoud van gevuurde dop (Nie gesize nie): 68,6 grein.
6. Ek skiet met Nosler Ballistic tip Hunting 130 grein.
7. Ek soek ladings vir S361, lot 015 (05/2013); asook S365, lot 071 (06/2013)
8. TPL wat net-net teen die lande druk is 85.5mm.
9. Ek laai tans my koeels met 'n TPL van 84.5mm (1mm weg van lande af)
10. Ek gebruik Remington nege en 'n half primer (Soortgelyk aan Federal 210 as ek reg verstaan)
11. Ek het vanmiddag op die skietbaan die volgende spoed gemeet: (Ek het 3 skote elk geskiet en 'n gemiddelde spoed uitgewerk; spoed tussen die 3 skote het nie meer as 30ft/sec gewissel nie)

- S361, 55.5gr : Gemiddelde spoed: 2886 ft/sec.
- S361, 56gr : Gemiddelde spoed: 2923 ft/sec.
- S361, 56.5gr : Gemiddelde spoed: 2974 ft/sec.

- S365, 50.8gr : Gemiddelde spoed: 2948 ft/sec.
- S365, 51.3gr : Gemiddelde spoed: 3014 ft/sec.

12. Ek het die beste groep gekry met 55.5gr S361 teen 2886 ft/sec.

Ek sal baie dankbaar wees as iemand my kan help met 'n QL voorspelling.

Groetnis.
.270; 9mm; .303; 12 Boor
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 270 Winchester Node spoed

Post by tripodmvr »

Dit wat uit jou proefladings kom is die volgende :-

S365

Nodes
3115vps = 53.4gr
2916vps = 49.3gr

S361

Nodes
2853vps = 54.8gr
3079vps = 59.2gr

Nou kan jy sien dat die 55.5gr lading naby aan die node was. Die S365 ladings was vêr vanaf die nodes.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Nils
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Sun Jun 30, 2013 10:33 pm

Re: 270 Winchester Node spoed

Post by Nils »

Dankie Oom.

My geweer begin tekens van druk vorm rondom 3250 ft/sec. Ek sal maar versigtig wees rondom die boonste node.
.270; 9mm; .303; 12 Boor
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: 270 Winchester Node spoed

Post by Flip Nel »

Nils wrote:Dankie Oom.

My geweer begin tekens van druk vorm rondom 3250 ft/sec. Ek sal maar versigtig wees rondom die boonste node.

Nils

is 3250 ft/sec nie 'n bietjie hoog vir die gewone 270 nie, die hoogste factory specs wat ek van weet is 3160 fps met die 130 grains, meeste fabrieks ammo ouens laai hom meer na 3000 fps, ek dink dis daarom dat die druk hoog raak.
Post Reply