Geagte Lede
Let asseblief daaarop dat daar n minimum van 25 post deur n lid gemaak moet word of hy moet langer as ses maande n lid by Jaracal wees alvorens hy n versoek hier mag plaas.
Indien lede nie aan die vereiste voldoen nie sal hulle skrywes verwyder word sonder om hulle in kennis te stel. Ons vra ook al die lede om asseblief enige oortredings in die verband sal rapporteer.
Lede word ook versoek om in hulle opskrif duidelik die gesoekte item te spesifiseer om sodoende die gebruik van die afdeling te vergemaklik. Deur ook so deeglik as moontlik te wees met die beskrywing van wat gesoek word sal dit die kaanse vir n suksesvolle navraag aansienlik vergroot. Indien n lid reg gekom het met sy soektog versoek ons dat die opskrif so gemerk word sodat die skrywe verwyder kan word.
Jaracal kan in geen opsig verbind word aan enige transaksie of ooreenkoms wat deur hierdie skrywes voortspruit nie.
Alle lede se samewerking word by voorbaat opreg in die verband wardeer.
By voorbaat dank.
Jaracal Bestuur.
Reels vir plasings by Gesoek/Wanted
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
