Foxpro Spitfire, wat dink julle?
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Manne, nadat ek erg jakkalskoors ontwikkel het na my eerste slagting van hulle sommer so met die lig, het die jakkals gogga my nou behoorlik gebyt.
Ek is in die proses om n stoel te bou, en het vandag my Foxpro Spitfire ontvang. Ek het teen sy ouboet wat heelwat duurder is besluit, aangesien ek dit nie profesioneel doen nie. Ek besef dat mens net die beste koop as jou brood en botter daarvan afhang.
Saam met hom kom n micro SD kaart met Amerikaanse klanke op soos Cayote, Badger ens. Ek het ook n Micro SD kaart met sy USB adapter gekoop met plaaslikke klanke op.
Nou wil ek weet. Was dit die regte besluit, in ag genome dat ek dit net deeltyds doen vir die lekker daarvan?
Wat dink julle Pros van die Foxbro Spitfire?
Dan nog n vraag. Is die Tewis v Oudshoorn dimmer die een wat ek moet kry?, en is die 140 Lightforce te klein om op die geweer te sit, of moet ek maar die 170 aanskaf?. My groot lig is die Nightstalker 220.

-
Roelo
- Full Member

- Posts: 157
- Joined: Tue Feb 24, 2009 7:59 am
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Piet ek het al 2 moet vir jou se die spitfire werk maklik en baie goed en dan is Allen hulle se diens daarby uitstekend, met enige ding kan jy Hom of Judy skakel hulle help graag. Koop die 170 dan het jy klaar die beste vir as die oe nie meer wil nie.Ek glo jy het reg gekoop
Roelo
Roelo
Geweldig man Geweldig
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Oom Piet,
Ek dink ek moet saam Oom leer om te roep en dalk ook 'n foxpro aanskaf, ek het al my Johnny Stewart fluitjie geblaas dat my kieste pers raak, maar daar kom meestal net duikers en steenbokke in, en 'n nonnetjies-uil het al in die bakkie se arial vasgevlieg terwyl ek roep, om nie eers te praat van hase wat kom loer wat skreeu so nie. Ai, als behalwe jakkie kom kuier vir die van....
Sien uit na die Delmas kursus.
Groete,
Eugene

Goed, beter, 6millimeter!
-
Doepie01
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Hallo Piet
Ek is ook nie n PRO nie en jag net op my eie grond. Ek is baie tevrede met die Spitfire. Hy is baie lig op batterye en voldoen aan my vereistes. Aan die negatiewe kant kan ek net noem dat die remote nie baie ver funksioneer nie. Partykeer wil hy ook nie die MP3 klanke dadelik begin speel nie. Jy moet maar so n paar sekondes wag. Prys in ag genome dink ek egter dit is n baie goeie koop. Geniet hom.
Groete
Doepie

HVZ
- Jr. Member

- Posts: 67
- Joined: Wed Jan 20, 2010 4:43 pm
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
OOM PIET
DIE SPITFIRE WERK BAKGAT. ONS HET VANAAND GAAN ROEP EN HY WERK GEMAKLIK OP N 100M,MEER AS GENOEG HIER BY ONS IN DIE BOSWERLD. EK HET OK MAAR NOU EERS BEHOORTLIK BEGIN EN VRA MAAR NOG BAIE.
LEKKER AAND

260rem 8x57js brno 12br mossberg
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Hi Piet,
het nie self een nie (nog nie) maar gehoor dat die Spitfire lekker werk. Self ook gedink dis die pad om te vat.
Verseker die 170 lig, hy werk beslis beter as die 140. Koop een keer.
Kap daai jakkalse voor hulle begin hoeners vang.
het nie self een nie (nog nie) maar gehoor dat die Spitfire lekker werk. Self ook gedink dis die pad om te vat.
Verseker die 170 lig, hy werk beslis beter as die 140. Koop een keer.
Kap daai jakkalse voor hulle begin hoeners vang.
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Hallo Jan
Hier by ons is die "hoenervangers" die manne wat na ander manne se vrouens kyk. Miskien het iemand vir my so bietjie mall of koffieshop geluide met vrouens wat giggel in die agtergrond wat ek kan speel op die Spitfire, dan moet jy sien hoe kruip hulle uit.

- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Piet
Klink my as die mans in jou wereld uit die huis ry sit die vrouens die OMO bokse in die venster.
OMO - Old man out
Julle moet dalk reel dat slegs Stasoft gebruik mag word in julle kontrei, dan is die probleem opgelos.
Blok.

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Oom Piet,
Hier op die forum is dimmers wat deur Henk Ellis verkoop word. Die outjies werk nogal mooi, kan hulle self aanbeveel.
Tewis sin werk ook goed, het ook een gehad, kinders speel nou met hom
Daai Spitfire loop soos 'n "muis met slippers" te mooi.
Dan oor daai Bonzaai 243 van Oom?
Kalahari Groete
Hein

Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
-
sakkievanheerden
- Full Member

- Posts: 199
- Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Piet.
Die spitfire werk baie lekker,het onlangs vir my ook 1 gekry.Klank se kwaliteit is baie goed en tel nie steurnise op van bv polisieradios ens.
Groete
Sakkie.

- Izak H
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Dags?,
Spitfire werk baie lekker en is nie net vir deeltydse manne nie, daar is `n paar pro`s wat ook vir hulle Spitfire`s gekoop het en hom verkies.
Ek gebruik al amper 5 jaar `n Tewis dimmer en het nog net sy skakelaar vervang.
Die 170 is dalk die beter keuse, maar enige lig is beter as geen lig.
Izak

- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Piet
My 2c.........
Gaan met die Spitfire, jy het niks meer nodig nie, en koop die 170mm Lightforce, met n Henk Ellis dimmer, dan het jy klaar gekoop.
Mooi loop
Francois
My 2c.........
Gaan met die Spitfire, jy het niks meer nodig nie, en koop die 170mm Lightforce, met n Henk Ellis dimmer, dan het jy klaar gekoop.
Mooi loop
Francois
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Piet,
ek grap sommer oor die hoenertjies. Onthou die storie goed.
Moet jou en Paul halfpad diekant toe kry een aand dan kyk ons of daai Spitfire die jakke kan laat bakkie ry?

NICO
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Tue May 25, 2010 4:04 pm
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
PIET
EK HET SELF TWEE VAN HENK SE DIMMERS EN HULLE WERK BAIE GOED.

As long as there's lead in the air there are hope
-
Ja3
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Pilots in command
Het maar ingegee, en ook die spitfire laat kom. Die remote het my oortuig!
Die xr6 gaan nou seker in die kas kom, tensy ek nou 'n groot plan (13D) het met hom, (so 100m na die ander kant toe...mm)
Maak nie saak hoe ek die nommers op die xr6 memoriseer nie, as dit Sulke tyd is wil mens nie probeer onthou nie, of altans ek..
Gaan ek die ekstra luidspreker mis? (goeie klank met die fyner geluide)
Wonder wanneer kom die Focke Wulf uit?
Juliet Alfa Delta Romeo India

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Ek dink 'n "Foxtrot Uniform Romeo Yankee" is om die draai. Die res is skoolgeld.Ja3 wrote: ....Juliet Alfa Delta Romeo India...
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Ja3
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Hello Louis
Jis maar dis lekker om weer van jou te hoor.
Een van daai modelle se remotes lyk bietjie on-ergonomies.??
Bang dit maak my furious.
Baie groete
Ja2
Jis maar dis lekker om weer van jou te hoor.
Een van daai modelle se remotes lyk bietjie on-ergonomies.??
Bang dit maak my furious.
Baie groete
Ja2
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Ja3Ja3 wrote: .... on-ergonomies....
Ek het geen idee wat daai groot woord hierbo beteken nie, maar as dit beteken dat die remote vir dom ouens soos ek bedoel is, is jy reg. "Skerpioen" en "Spitfire" rym egter byna, so miskien is jy op die regte pad. Tyd sal leer. Soos jy weet is my raad in elk geval meermale maar van die wal af in die sloot, nes met die Scorpio.
Hoe gaan dit met die kleinding?
Voorspoed
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Doepie01
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Hallo manne
Wat betref die Spitfire. Ek het vroeer in hierdie topic genoem dat ek redelik sukkel met die Spitfire en sy remote. Ek wil maar net noem dat die probleme nie minder raak nie. Kom ek definieer die probleme so n bietjie duideliker.
1.Indien ek n klank laai begin dit nie dadelik speel nie. Ek sit die die remote af en weer aan.Laai n ander klank en dan begin die vorige klank sommer speel.
2. Terwyl ek besig is om n klank te speel, mute hom, en skakel dan oor na n ander klank dan speel die eerste klank nog steeds.Full blast!
Die volume beheer werk dan ook nie. Sit dan maar weer die remote af, wag n ruk, skakel aan en kies dan die ander klank en dan werk hy.Het ook al gebeur dat die vorige klank sommer begin speel terwyl die remote afgeskakel is.
Ek het so n bietjie die Spitfire gaan Google en toe sien ek dat ander gebruikers ook dieselfde probleme ervaar. Ek plaas gewoonlik die roeper so tussen 60 en 80m weg. Batterye is vars. Ek het nou my driepoot gelig na omtrent 1 meter. Sal sien of dit n verskil maak. Al bg kan baie frusterend raak maar ek begin dit nou al gewoond raak. Ek dink nog steeds die Spitfire bied goeie waarde vir geld. Al geneuk is net dat ek al n Jakkals n U turn sien maak het met n m#$%e spoed as die verkeerde klank begin speel.
Moenie se ek het nie gewaarsku nie.

Inteendeel, ek vermoed die remote van die fury is meer gekompliseerd. (help maar reg)
Die Spitfire sinne lyk net mooi voldoende.
Gaan goed met haar Louis. Soetste kind ooit. Moun net vir kos. Verder bekyk sy als net goed deur. Nou 7 maande.
Ek sien jy was ook in Okahandja rond hier einde Augustus?

Louis102 wrote:, maar as dit beteken dat die remote vir dom ouens soos ek bedoel is, is jy reg.Ja3 wrote: .... on-ergonomies....
-
Doepie01
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Hallo Taffie
Ek het hom by Allan T gekoop. Het met Joe van Foxpro ook gesels. Hy het genoem dat dit dalk n sagteware probleem kan wees en dat ek die hele spulletjie kan terugstuur VSA toe vir herstel, maar dit gaan my omtrent soveel kos soos n nuwe Spitfire so ek neuk maar so aan.

tafjak
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Doepie
Alan stuur vir jou replacement(jy stuur eers joune as die replacement by jou is) terwyl joune gepos word.
Geen beter diens as Jackal-Pro nie. Try hom.

- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
En Moenie vir FM weg gooi hier in NAM, hy het my FX3 sommer ook omgeruil toe hy oppie koffie is, ook sagteware probleme.
Raven
Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
-
tafjak
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Raves
Praat maar vir die ouens hierie kant van die Gariep. Makliker om dit hierdie kant te doen.