Keetmanshoop Kursus

A place to advertise or mention a course/ Die plek om jou kursusse te adverteer of bekend te stel
Post Reply
User avatar
Abrie Smit
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 90
Joined: Tue Oct 08, 2013 8:34 am

Keetmanshoop Kursus

Post by Abrie Smit »

Die kursus was die naweek aangebied in Keetmanshoop. Ons was 10 man bymekaar. Hier was alle kursus gangers boere behalwe myself. Gelukkig het ek baie boere vriende. Ons wil net vir Louis baie dankie sê vir sy tyd en geduld. Ons het baie bygeleer. Hy is 'n ou staatmaker.
As daar manne in die omgewing is wat ook in 'n kursus belang stel, laat my weet en ons sit nog een aan mekaar. Louis sê hy help graag waar hy kan. My email is maxifin@iway.na

Mooi dag
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Keetmanshoop Kursus

Post by tafjak »

Abrie

Geluk met die bywoning en soos dit klink was dit 'n reuse sukses. Nie dat ek enige twyfel daaraan gehad het dat dit nie sou wees nie, julle is in goeie hande.

Mooiloop
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Keetmanshoop Kursus

Post by Louis102 »

Dankie Abrie, dit was sommer 'n lekker span manne daar by jou. Hoop regtig die kursus sal bydrae dat daar 'n paar lammers meer grootraak in die omgewing, laat weet maar waar ek kan help. Dankie ook vir die reelings en gasvryheid, ek waardeer dit baie. En vir die gawe woorde Taffie, ek't die manne belowe ek gaan jou nog eendag aan hulle kom voorstel, dat hulle by die ware meester kan kers opsteek.

Mooiloop
Louis
Post Reply