Twee aansoek op 1 wapen
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Twee aansoek op 1 wapen
Ek wil graag weet of ek en my seun beide vir dieselfde wapen kan aansoek doen om 'n lisensie, sodat wanneer hy wil gaan jag, hy die geweer wettig en sonder my teenwoordigheid uit die kluis kan haal, en daarmee gaan jag, en as ek die geweer wil gebruik, dieselde, maw hy en ek sal albei ons eie lisensiekaarte besit.
Ek sien op die aansoekvorm SAPD271 op bl 2: "Addisionel houer van Lisensie", maar is nie seker hoe dit in die prakryk werk nie.
Hoor graag jul inset.
Groete

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)

- TOKELOS
- Hero Member

- Posts: 555
- Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm
Re: Twee aansoek op 1 wapen
Ek hoor saam met Jean! Asseblief!
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Twee aansoek op 1 wapen
Hi Jean
ja jy kan. Ek en my vrou deel n .308, ek weet NickvN en sy seun ook. Daar is n paar reels. een van julle twee moet eers die wapen op sy eie naam lisensieer, en dan kan die tweede persoon aansoek doen vir die addisionele lisensie. die tweede persoon motiveer dit ook so soos wat hy normaalweg sou doen. Hy voeg net by dat die lisensie reeds op eerste persoon se naam is, dus is daar minder wapens in die omgang.
tweede is die twee persone moet op dieselfde perseel bly. Die eerste lisensie houer bly eerste verantwoordelik vir die wapen, dus kan die tweede persoon nie wegtrek en die wapen saam hom vat nie.

Veiligheid eerste manne!
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Twee aansoek op 1 wapen
Dankie Pierre
Die feit dat albei op dieselfde perseel moet bly is bietjie van 'n briekskoen, want as ek jou nou reg verstaan, beteken dit dat sy lisensie basies gaan verval die dag as hy die huis verlaat, behalwe as hy dan die alleeneienaar word. Is my aanname korrek?
Dit sou nogal lekker gewerk het as dit nie so was nie, want dan kon ek eendag my jaggewere aan albei my seuns bemaak, en dan kan hulle die gewere onder mekaar uitruil na gelang die behoefte van die jag.
Die feit dat albei op dieselfde perseel moet bly is bietjie van 'n briekskoen, want as ek jou nou reg verstaan, beteken dit dat sy lisensie basies gaan verval die dag as hy die huis verlaat, behalwe as hy dan die alleeneienaar word. Is my aanname korrek?
Dit sou nogal lekker gewerk het as dit nie so was nie, want dan kon ek eendag my jaggewere aan albei my seuns bemaak, en dan kan hulle die gewere onder mekaar uitruil na gelang die behoefte van die jag.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Twee aansoek op 1 wapen
Jean, dit is hoe ke idt het, ja kan dalk bevestig met CFR, as hulle jou vraag verstaan. Hier was baie onlangs ook n bespreking ook oor die onderwerp. Ek soek net nog so bietjie.
Ek sien wat jou idee is, maar verseker weet ek dit gaan nie so werk nie.
Ek sien wat jou idee is, maar verseker weet ek dit gaan nie so werk nie.
Veiligheid eerste manne!
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Twee aansoek op 1 wapen
gee eerder elkeen sy eie!Dit sou nogal lekker gewerk het as dit nie so was nie, want dan kon ek eendag my jaggewere aan albei my seuns bemaak, en dan kan hulle die gewere onder mekaar uitruil na gelang die behoefte van die jag
nou wil die 1 gaan jag, die ander het 'n kompetiesie, elkeen soek die 308, ens!
ek sal inekgeval nie 'n geweer met my broer wil deel nie!
HOU HOM DAAI DIKTE
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Twee aansoek op 1 wapen
Veiligheid eerste manne!
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Twee aansoek op 1 wapen
Ok dankie. Ek sien hoe sake werk. Dis eintlik jammer dat albei onder dieselfde dak moet bly.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Twee aansoek op 1 wapen
Ek is reeds besig om lisensie vir my seun te probeer kry vir my 6.5. Die geweer bly by my, hy swot op Potch maar kan hom kom optel as hy wil gaan jag. Ons gebruik selle kluis en hy is nog onder my dak.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Twee aansoek op 1 wapen
Hallo Peet
Hoe gemaak as die man die dag die huis verlaat. Moet hy dan van die lisensie af.
Hoe gemaak as die man die dag die huis verlaat. Moet hy dan van die lisensie af.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Twee aansoek op 1 wapen
Jean Marais wrote:Dankie Pierre
Die feit dat albei op dieselfde perseel moet bly is bietjie van 'n briekskoen, want as ek jou nou reg verstaan, beteken dit dat sy lisensie basies gaan verval die dag as hy die huis verlaat, behalwe as hy dan die alleeneienaar word. Is my aanname korrek?
Dit sou nogal lekker gewerk het as dit nie so was nie, want dan kon ek eendag my jaggewere aan albei my seuns bemaak, en dan kan hulle die gewere onder mekaar uitruil na gelang die behoefte van die jag.
As hy die hoofhouer is van die lisensie, gaan hy die geweer moet saamneem as hy uit die huis trek en dan "verval" jou lisensie. As jy die hoofhouer is, verval syne as hy trek.
Aim small, miss small
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Twee aansoek op 1 wapen
OK dankie.