Remington VTR

Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Remington VTR

Post by Freek »

Dag manne,

Enige iemand hier wat bekend is met die Remington VTR of wat een besit en gebruik? Ek het gister die voorreg gehad om 'n spik splinter nuwe een te betas by die geweer winkel. Die roer sit vir my net reg, lekker kort en hanteer lieflik - afwerking is puik om die minste te s?. Prys is bietjie aan die stywe kant by die handelaar, R14500. Wat op vallend is, is die loop(hy is nie rond nie maar 3 hoekig met in geboude muzle break) as ek besluit op so 'n roer soek ek nie die muzle break nie maar sal hom eerder vervang met silencer - 'n clarence silencer natuurlik.

Die roer is gebou op die staat maker Remington model 700 aksie, wat homself al deur en deur bewys het. Die geweer is nou beskikbaar op die rak in cal.243 en.308 - my kop en hart staan op die .243, na aanleiding van die goeie komentaar en vertroue in die 6mm vir goggas skiet.

Sal graag wil hoor wie skiet met so 'n roer en wat julle eerlike opinie op die fabrikaat is. Kom aan "spill the beans"... ;)
Last edited by Freek on Wed Sep 15, 2010 8:15 am, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Remington VTR

Post by KSV »

Freek,

Jy kry hom ook as die XHR 24 of 26 loop sonder die brake.

Kalahari Groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Remington VTR

Post by Geno »

Freek,
Ek kwyl ook al lankal oor so roer, as jy een kry, laat weet hoe gooi hy, sal like om so een in bonzai 243 te he..

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Remington VTR

Post by Freek »

Hein, dankie vir die "heads-up" op die ander model - sal bietjie navraag doen. Eugene ek kan jou nie waarborg dat ek een beslis gaan vat nie, maar sal jou op hoogte hou indien wel. Ander opsies op die "wish list" vir gogga geweer;

1. Truvelo se sniper model - 243 natuurlik.
2. Acuracy international - selfde kaliber as hier bo indien hulle hom bou...
3. Tikka 3 varminter - selfde kaliber as hier bo...
4. Pasmaak raakskiet 243, moontlik by JJ wapens

Ek spaar nog op die stadium, is nog nie eers naby halfpad om die gelyste outjies te kan bekostig nie. Dink die remington opsie gaan die mees ekonomiese een wees op die ou einde van die dag.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Remington VTR

Post by Geno »

Freek, as jy die truvelo wil test drive, laat weet my, dis 'n pel van my se familie besigheid. Hy het gese ek moet van die gunne gaan skiet. Laat weet my, dan maak ons plan!

Groete,
Eugene

n.s. Ek soek so 'n Accuracy International kolf vir my 308 met 'n seer hart!
Goed, beter, 6millimeter!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Remington VTR

Post by Freek »

Eugene my frind, jy maak my dag!  8) Ek sal dit sou gou as moontlik wil doen, kan jy asb vir my jou selnommer PM. Mens reel net lekkerder oor die foon... ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Remington VTR

Post by Geno »

Freek, het jou 'n sms gestuur. ons het al 'n slag oor die e-pos gesels oor bosvark jagtery.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Remington VTR

Post by Freek »

Dankie Eugene!
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Remington VTR

Post by Freek »

Eugene,

Laat weet wanneer dit jou pas, sodat ons daai Truvelo's kan gaan "test drive". Ek sien juis hier word baie gevra en min geantwoord oor die roere op die forum. Praat met daai maat van jou dat ons toestemming kry om sommer hin paar foto's te neem en 'n uiteensetting kan gee oor die resultaat op hulle produkte. So bietjie bemarking... ;)

Sal regtig nie omgee om die .243 reg deur tot die 20mm lang afstand snipers te dryf nie. Miskien is daai 20mm net die roer om ou vlekkie uit sy gat uit te skiet. 8)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Remington VTR

Post by Geno »

Freek, is reg so.
Daai 20mm klink vir my ook net soos die medisyne om vir vlekkie te verander in bloed-vlekkie.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Remington VTR

Post by Boesman »

Jinne, hoe water my mond nou. Sal graag wil hoor wat is/was julle ervaring.  ;)
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Remington VTR

Post by Freek »

Boesman, "watch this space". Die afspraak gaan gereel word vir iewer in Oktober...
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Remington VTR

Post by KSV »

Freek,

Dink ek moet kom otte soek en saam met julle gaan toets, aangesien ek nou Truvelo loop op my 375 het.

Hoe klink daai?

Kalahari groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Remington VTR

Post by Geno »

Right manne, ek het die volgende vir my pel by Truvelo gestuur.
Kom ons wag en hoor wat hy s?.

Hi Bjorn,
I got a request from members at the following Forum http://jaracal.com/index.php regarding a visit to your Armoury towards the end of October 2010.
The forum consists of professional and part time problem animal hunters, farmers, sport shooters as well as trophy and biltong hunters.
There are currently 821 registered members, with an average of 1.47 new members registering per day, so it is growing quite rapidly.
We would like to test especially your .243 and .308 Sniper rifles and give feedback on the experience to the forum members.
As an added bonus, could you maybe allow the members to shoot with your big caliber weapons as well?
Your gunsmithing division would also be visited.
I trust that you would be willing to accommodate us, if so, how many people would be allowed?


Kind Regards


In my heel beste brits geskryf.
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Remington VTR

Post by Freek »

Hein klink vir my na 'n plan, sal jou laat weet wanneer is die datum. Sorry manne die bus is nou vol, as ons nog mense toelaat is ek seker ons gaan moet vuis slaan vir 'n skiet beurt. Sal julle 'n volledige verslaggie gee. (punt) ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Remington VTR

Post by Raven »

majubaketie wrote: Pel van my het die vtr in 308 en hys baie happy
met die VTR of die 308 gedeelte....  ;D  ;D  ;D ( grappie)

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Remington VTR

Post by Arnold »

Draai driehoekige lope lyk vir my maar net en daai storie klink na iets wat 'n verkoopsman iemand sal vertel.

Ek sal nogal hou van 'n bietjie terugvoer oor die Truvello skietgoed, party mense is glad nie impressed met hulle lope se kwaliteit nie en dan is die goed so duur dat mens maar eerder 'n goeie ingevoerde loop kan koop.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Remington VTR

Post by Freek »

Majubaketie, is dit nie maar ook die gedagte met 'n "flueted" loop nie, die driehoek vorm is vir my iets nuuts en ek vind dit interesant. Nou wonder ek by myself, sal mens 'n silencer kan maak pas op so 'n 3 hoek loop? Ek is glad nie 'n voorstander van die ingeboude "muzle break" nie, persoonlik dink ek dit maak die ding net onnodig hard en swaar op die ore op sulke ligte kalibers. Die "muzle break" het miskien 'n plek op jou swaerder kaliber bv. 338 lapua en op.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Remington VTR

Post by Witpietskiet »

Arnold ek stem saam met jou, ek kyk die laaste tyd na Remington 700 SPS Varmint in 308 en ek dink dus n baie beter roep as die VTR.
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Remington VTR

Post by Raven »

Kyk bietjie hierna, die ratings is nie so goed sou ek s?.

http://www.snipercentral.com/vtr.htm

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Remington VTR

Post by Freek »

Raven, dankie vir die artikel - ek dink dit s? genoeg. Mens moet maar die kat mooi uit die boom uitkyk...
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Remington VTR

Post by Arnold »

Witpietskiet, hoekom kyk jy nie eerder na die Rem 700 VLS in 308 nie?

Meeste fabrieks kolwe wat sinteties is is baie pap, die VLS het 'n stywe gelamineerde kolf wat baie beter as daai stuk plastic op die SPS Varmint gaan doen. Ek is nou nie seker van die SPS nie maar die VLS het 'n mooi dik loop ook.

'n Vriend het nou die dag ' n SPS tactical in 308 gekry en dit is 'n nice geweertjie (behalwe vir die kolf). Ek het sommer 'n 2 duim groep op 200m met hom geskiet met rondtes wat ek vir hom gelaai het wat hy gebruik vir sy loop se inbreek. (41gr S335 in PMP doppe {my ou skewes :) } met 155gr PMP HPBT koeels ... kry so 2440 fps uit die kort 20" loop) Met beter doppe en bietjie lading ontwikkeling sien ek dat daai geweertjie maklik 1/2 MOA gaan skiet.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Remington VTR

Post by Arnold »

majubaketie wrote: sele prinsiep-grooter area wat afkoel.
Hierdie is nonsens as mens na 'n driehoek teenoor 'n sirkel kyk. Doen bietjie mooi die somme.

Wat eintlik gebeur met die loop is dat daar minder yster is vir die hitte om deur te beweeg na buite. So hitte kom vinniger buite en daar is nou ook minder yster om af te koel (of wat die hitte kan vashou).
{So ook sal 'n dunner loop makliker afkoel as 'n dik loop. Dit is hoekom 'n fluted loop help met die afkoel, nie omdat hy meer area het nie maar omdat daar dele (die flutes) is wat nader aan die senter is en die hitte hier 'n korter pad na buite het.}
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Remington VTR

Post by Freek »

Eugene, enige terug voering van Truvelo?
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Remington VTR

Post by Geno »

Freek, ek wag nog, my connection is nie daar op die oomblik nie, ek dink hy's in Durban vir die week.
Sal jou laat weet as ek iets hoor.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply