Restorasie werk aan Haelgeweer

Vra jou vraag hier en ons verwys dit na kundiges of hoor wat ander ons meedeel.
Post Reply
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Restorasie werk aan Haelgeweer

Post by FCLoretz »

Ek is opsoek na 'n geweersmit wat vir my restorasie werk op 'n haelgeweer kan doen.

Ek is spesifiek opsoek na iemand wat spesialiseer op metaalwerk. Die herstel werk het te doen met die skroewe op my healgeweer wat oor gedoen moet word. Die haelgeweer was in 1938 gemaak en met wear-and-tear het van die skroewe verlore geraak. Ek wil kopiee van die oorspronklike skroewe laat maak om die huidiges te vervang.

Wie is die man om mee te praat vir die werk?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Restorasie werk aan Haelgeweer

Post by THOMAST »

Ek het as student by Jacques Arzul (Fransman) by sy winkeltjie Gun O' Clock in Stellenbosch gewerk.
Hy het op 'n slag 'n stel Purdy haelgewere van 'n kliënt gediens, en ook skroewe vervaardig om foutiewes te vervang. Was nogal interessant om te sien hoe dit gedoen word.
Die skroewe is vervaardig met 'n langer as normaal kop, hulle is ingesrkoef, die groef waarin die skroewedraaier inpas is gemerk sodat al die skroefkoppe oplyn, die groef is geny en die kop van die skroef if dan afgewerk om te pas by die kontoer van die wapen. Toe gravering en verkleur.
Dit was in 1981 gewees, weet nie of hy dit meer doen nie, is ook 'n bietjie ver van jou
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Restorasie werk aan Haelgeweer

Post by FCLoretz »

Dankie vir die inligting Thomas.

Ek sal more fotos van die Haelgeweer opsit. En spesifiek verwys na die werk wat verlang word.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Restorasie werk aan Haelgeweer

Post by tripodmvr »

Ralph Badenhorst het al voorbeelde van hul restorasie werk getoon. Hy is lid hier.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply