Roep in die dag
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Roep in die dag
Vir die wat graag wil weet of roep regtig in die dag werk en uit die oog van die nie-lede, hier is 'n pragtige video wat ek opgeneem het. Dit sal jou baat om veral ligsku jakkalse op die manier te dood.
http://s374.photobucket.com/albums/oo19 ... double.flv
Good hunting
Hein

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Mountainman
- Jr. Member

- Posts: 74
- Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm
Re: Roep in die dag
Twee pragte skote daar Heinrich! Kan amper nie gla dat jakalas helder dag in geroep word nie.
Groete
M
Fear the Government that fears your guns!
M
Fear the Government that fears your guns!
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Roep in die dag
Mountainman
Baie min ouens doen dit in die dag en ek dink daar kan baie sukses behaal word. Die enigste probleem is die dooierus. Met 'n bi-pod gaan dit redelik maar dit is nog nie 'n stoel of raam nie. Ek het vir Allen gevra om 'n ligte dra-tipe skietstoel te maak vir dagjag. Sal sien waarmee kom hy vorendag. Dan sal ou jakkie sy draf moet ken.
Groete
Hein
Baie min ouens doen dit in die dag en ek dink daar kan baie sukses behaal word. Die enigste probleem is die dooierus. Met 'n bi-pod gaan dit redelik maar dit is nog nie 'n stoel of raam nie. Ek het vir Allen gevra om 'n ligte dra-tipe skietstoel te maak vir dagjag. Sal sien waarmee kom hy vorendag. Dan sal ou jakkie sy draf moet ken.
Groete
Hein
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Roep in die dag
HEIN:
ek gebruik ook die bipod , maar ek probeer maar nou vir myself so paar klippe pak , so bonzai semi benchrest tafel van klip bou terwyl ek sit en voor ek begin roep...
maar dit sal makliker wees met n tipe drastoel, die probleem gaan wees om daai stoel op te slaan tussen die klippe dat hy mooi staan, dink ek, maar allen sal seker die pootjies individueel verstelbaar maak. ekvat ook altyd in my rugsak die 2 skietsakkies om my dooierus te bou want op my ouderdom bewe ek maar alte maklik...

Shoot straight and tell the truth!
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Roep in die dag
Ek het weer met die o? gesteel by die Amerikaners. Gebruik 'n "Tri-fur-pod" (driepoot) en hy werk soos 'n droom. Hein ek het hom vir julle gewys daar op Sckietfontein met jou en Major se kursus d?styds in 2006. As die terrein te skuins raak, gebruik jy hom as 'n bi-pod.
Ek het gevind dat die 4 duim spykers aan die onderkant hom lekker stewig anker. selfs tussen die klippe.
Dagroep is my kos, ek laaik daai kwaai.
Caller

Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
-
Jaco Bezuidenhout
- Sr. Member

- Posts: 293
- Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm
Re: Roep in die dag
Jakkies of knoppie poppies ?? 
- Mountainman
- Jr. Member

- Posts: 74
- Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm
Re: Roep in die dag
Haai wee jy, da gaan die gesprek al weer...
Groete
M
Fear the Government that fears your guns!
M
Fear the Government that fears your guns!
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Roep in die dag
Ek het Allen gevra om die stoel so lig en stabiel as moontlik te maak. As jy in die dag roep is jou skietvlak in elk geval ongeveer 90 grade. so stel die stoel so op dat met minimum beweging die area gedek word, het ek gedink, sal die hele storie uittoets as ek dit kry, sien nogal uit daarna.
Groete
Hein
Groete
Hein
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Arno
Re: Roep in die dag
Hein
My oupa is groot jagter nogsteeds maar hy het sy skouer erg beseer.Het vir hom 'n stoel gebou om springbokke en blesbokke hier by my te skiet met voorsit jag in die dag.Gebruik die stoel vir as die maan bietjie helder raak as die jakkies pla en het baie goeie sukses met hom.In die dag het ek self al gebruik gemaak van hom op springbokke omdat dit nie lekker is om op 'n koue ysterklip te sit vroeg oggend in die middel van die winter.Het al lang skote getrek op springbokke met baie vertroue van die stoel af.
My oupa is groot jagter nogsteeds maar hy het sy skouer erg beseer.Het vir hom 'n stoel gebou om springbokke en blesbokke hier by my te skiet met voorsit jag in die dag.Gebruik die stoel vir as die maan bietjie helder raak as die jakkies pla en het baie goeie sukses met hom.In die dag het ek self al gebruik gemaak van hom op springbokke omdat dit nie lekker is om op 'n koue ysterklip te sit vroeg oggend in die middel van die winter.Het al lang skote getrek op springbokke met baie vertroue van die stoel af.
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Roep in die dag
Dit is min of meer die idee wat ek het, soos 'n springbok stoel met hightech materiaal. Sal sie waarmee Allen uitdop.
Groete
H
Groete
H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: Roep in die dag
Hein/Caller,
Watter roepe gebruik julle in die dag - soos vroeg oggend? Is die roep prosedure maar min of meer dieselfde as in die nag?

If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
-
Ambessa
Re: Roep in die dag
Jaracal
Mooi video oor die skiet in die dag.
Baie glo die rooijakkals is net snags bedrywig? Klink my meer sy (huidige) gedrag word grootliks deur prooi (natuurlik en mak) beinvloed, asook die tipe optredes teen hom/haar? Dit is 'n uiters slim/slinks dier wat vinnig leer, veral om "slegte" situasies/ervarings te vermy.
Vertel meer?
Ambessa
Mooi video oor die skiet in die dag.
Baie glo die rooijakkals is net snags bedrywig? Klink my meer sy (huidige) gedrag word grootliks deur prooi (natuurlik en mak) beinvloed, asook die tipe optredes teen hom/haar? Dit is 'n uiters slim/slinks dier wat vinnig leer, veral om "slegte" situasies/ervarings te vermy.
Vertel meer?
Ambessa
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Roep in die dag
Wiljak/Ambessa
Later hierdie jaar gaan ek my totale beheer oorskakel na dagroep. Wil kyk of ons dit so kan vervolmaak soos die Amerikaners. Roep in die dag behoort te funksioneer soos nagroep alhoewel ek gekry het dat jakkalse minder in die oggend antwoord as in die middag en dit is ook weer minder as terwyl jy in die nag jag. Ek begin meeste van die tyd met 'n haas alhoewel ek baie goeie reaksie met 'n jakkals enkel roep kry in Oktober tot Desember.
Sal later 'n meer volledige prentjie kan saamstel.
Groete
Heinrich

Hallo Jaracal
Nou dat jy die manne (seker 'n dosyn of meer?) die naweek vir die opleiding gevat het is die forum darem te dem stil. Julle sal moet vertel hoe dit gegaan het.
Ambessa
Nou dat jy die manne (seker 'n dosyn of meer?) die naweek vir die opleiding gevat het is die forum darem te dem stil. Julle sal moet vertel hoe dit gegaan het.
Ambessa
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Roep in die dag
AMB:
Die kursus was deeglik kort en lekker om te luister en te vertel van die foute wat ons maak.
Ongelukkig het die jakkasle gehoor taffie kom en toe gaan hulle vir n kursus op die plase rondom die kursus gronde...
Dr. Jackal is al so tegnologies gevorderd met al sy toerusting dat ek amper seker is sy volgende kursus kan jy oor die internet live bywoon.
Ek sien die man hou net nie op met dink nie. Van laser pointers tot gps , van 22 dasher tot nuwe loop. Ek het net nie een van die veldkamera's gesien nie.
Ek het so wilde voorspelling gemaak voor die kursus van daar gaan dalk n kat uitdop, die ou het toe kom inspeksie doen en later die aand toe kyk die kat hoe lyk hein se wiel bearings...
Ek sien uit na jou volgende WEBseminaar heinrich.
rondom die vuur was heerlik daar het die tonge los geraak en dit wat jy daar leer is net soveel soos op die kursus en die stories sal jy nooit in boeke van lees nie...
Die aksente hoor ek tot op die forum...
Bottom line: NIEMAND IS OOIT TE OUD OM TE LEER NIE:
EN: ELKE OU SOEN SY VROU OP SY EIE MANIER..
LAASTE MAAR NIE DIE MINSTE NIE., eintlik die belangrikste..
Die begin van die kursus:
Elkeen van ons is n boek wat deur ander gelees word....EN .....
dANKIE dr. JACKAL

Hallo JACQUES
Dankie.
Hein
Kan 'n mens 'n beter getuigskrif vra of kry?
Ambessa
Dankie.
Hein
Kan 'n mens 'n beter getuigskrif vra of kry?
Ambessa
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Roep in die dag
Ek dink die jakkalse het hulle reenbaadjies vergeet daarom die bloutjie die middag.
C
C
Last edited by Christo on Mon Mar 16, 2009 7:37 pm, edited 1 time in total.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Roep in die dag
Het julle al kraai geluide in die middag probeer? Wil dit 'n slag probeer, as iemand dit al probeer het sou ek graag wil hoor.
Is daar al dagroepmetodes en re?ls(seisonaal ens? soggens en smidae?) wat neergel? is?
Hmmm?

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Roep in die dag
DawieDawie wrote: ...Het julle al kraai geluide in die middag probeer?...
Die hoenderhaan probeer nou al lank sonder enige sukses. Inteendeel, sy gekraaiery gaan hom nog in die moeilikheid by sy miesies laat beland!
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Roep in die dag
Neeee Louis 
Die swart vo?l wat 'n kraai genoem word se geluid, nie die hoenderhaan se geluid nie.
Ek sien op my gametrax is 'n geluid van 'n kraai(die swart vo?l wat vlieg) gemeng met 'n varkie(pienk dier) distress. Gewonner hoe hy sal werk vir middag roepie?
Dawie
Die swart vo?l wat 'n kraai genoem word se geluid, nie die hoenderhaan se geluid nie.
Ek sien op my gametrax is 'n geluid van 'n kraai(die swart vo?l wat vlieg) gemeng met 'n varkie(pienk dier) distress. Gewonner hoe hy sal werk vir middag roepie?
Dawie
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Roep in die dag
OOM LEEU.
JY MOET MAAR DIE HAAN SE WYFIETJIE PROBEER.
EK HET AL SUKSES NET DIE HOENDERTJIE OF HENNETJIE GEHAD, MAAR HET NOG NIE DIE HOENDERTJIE IN DIE DAG GESPEEL NIE. EK BEPERK MY DAGROEP PROOI TOT HAAS EN SPRINGHAAS EN IN DIE OGGEND JAKKLAS KLANKE EN NET VOOR SON ONDER DIE LAASTE 45 MINUTE SE LIG GOOI EK WEER JAKKLAS KLANK(e) VERAL AS LAASTE UITWEG EN AS HY ANTWOORD DOODSE STILTE TOT EK HOM GEWAAR OF tot hy nie inkom nie.....(ek het dit saggies genoem ne).
Dawie ek dink ek sal die crow in distress klankie bietjie probeer maar so oor 3 weke ....dalk het ek sukses...
JY MOET MAAR DIE HAAN SE WYFIETJIE PROBEER.
EK HET AL SUKSES NET DIE HOENDERTJIE OF HENNETJIE GEHAD, MAAR HET NOG NIE DIE HOENDERTJIE IN DIE DAG GESPEEL NIE. EK BEPERK MY DAGROEP PROOI TOT HAAS EN SPRINGHAAS EN IN DIE OGGEND JAKKLAS KLANKE EN NET VOOR SON ONDER DIE LAASTE 45 MINUTE SE LIG GOOI EK WEER JAKKLAS KLANK(e) VERAL AS LAASTE UITWEG EN AS HY ANTWOORD DOODSE STILTE TOT EK HOM GEWAAR OF tot hy nie inkom nie.....(ek het dit saggies genoem ne).
Dawie ek dink ek sal die crow in distress klankie bietjie probeer maar so oor 3 weke ....dalk het ek sukses...
Shoot straight and tell the truth!
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Roep in die dag
Jammer DawieDawie wrote: ...Die swart vo?l wat 'n kraai genoem word se geluid...
Ek kon die versoeking nie weerstaan nie!
Ek weet van daai kraai waarna jy verwys en het meer as een van hulle geluide op my Foxpro. Ek het dit nog nooit gebruik nie omdat kraaie so skaars soos hoendertande (
Jakes
Ek hoor daai hoendertjie wat so benoud is werk nogal mooi - het haar so keer of wat al probeer, maar was self nog nie suksesvol nie daarmee nie. Sal haar nog 'n kans gee net omdat jy so s?.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
rednat
Re: Roep in die dag
Dawie
S? as jy iets het wat goed werk.
Hulle kom maar wil nie sit nie
S? as jy iets het wat goed werk.
Hulle kom maar wil nie sit nie
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Roep in die dag
springhaas KOMBO WERK GOED IN DIE LAATMIDDAG EN SO NET VOOR LAASTE LIG VOOR MY MOED EN GEDULD OPRAAK GOOI EK N JAKKALS ROEP IN .. NIE TE AGRESIEF NOU NIE. LEKKER SOSIAAL...EN DAN STILTE...DIE JAKKALS KLANKL NIE LANGER AS 30 - 50 SEKONDES NIE...
IN DIE OGGEND SLEGS KOS, JAVULINA OF HAAS GROOT HAAS EN ORE HET MY OOK AL GEHELP VIR DIE BALANSEER TRUUK..
SE MAAR AS DIE MANNE WAT DIT MEER GEREEELD DOEN IOETS BETER VOORSTEL..
eEEN OGGEND HET EK OOK SUKSES GEHAD MET DIE KLEIN VARKIE.......DIE JAKKALS SE SPOED WAS VERBASEND VINNIG....
GROETNIS
JB
IN DIE OGGEND SLEGS KOS, JAVULINA OF HAAS GROOT HAAS EN ORE HET MY OOK AL GEHELP VIR DIE BALANSEER TRUUK..
SE MAAR AS DIE MANNE WAT DIT MEER GEREEELD DOEN IOETS BETER VOORSTEL..
eEEN OGGEND HET EK OOK SUKSES GEHAD MET DIE KLEIN VARKIE.......DIE JAKKALS SE SPOED WAS VERBASEND VINNIG....
GROETNIS
JB
Shoot straight and tell the truth!
-
Cois
- Full Member

- Posts: 192
- Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am
Re: Roep in die dag
Hier is n span wat die dag roepery net nie kon weerstaan nie. Het nogal lekke vinnig ingekom ook.

Cois

Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals