Enige raad asb!!!

Post Reply
schalla
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Wed Jan 16, 2013 5:45 pm

Enige raad asb!!!

Post by schalla »

Naand manne ek wil net hoor by julle hoor wat julle dink oor die volgende,Die helikopter het vanmiddag 3 jong jakkalse geskiet maar die teef en nog 2 jonges het weg gekom.Nou my plan is om more aand daar te gaan sit waar die 3 geskiet is en dan gaan ek klein jak dist vir so 10-30sec roep en dan weer 20 min wag sal die proses so 3 keer herhaal en kyk wat gebeur.Enige raad asb die reun en teef het al amper 20 goed gevang die afgelope maand.
Sal enige raad baie waardeur.
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: Enige raad asb!!!

Post by Wayne »

schalla, it will be interesting to hear what the fundi's say. I would say that you must try what you have suggested, but remember the chances are good that she would have moved the pups away.
Maybe Rooi/ jak alleen from a nearby calling spot might work.
good luck
Pieter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 479
Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am

Re: Enige raad asb!!!

Post by Pieter »

Schalla, hoe gereeld is die grotes al gejag (roep en skiet ), en hoe oud is die jonges ?
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Enige raad asb!!!

Post by jaracal »

Schalla
Die grotes sal nog steeds territoriaal wees. Ek sal begin met 'n jakkals roep voordat ek die kleintjie in distress speel.
Die kleintjies gee baie keer die game weg dan weet jy waar hulle is. Jakkals baklei werk ook goed in die omstandighede veral as jy jakkalse weeskante van jou het.
Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
stan man

Re: Enige raad asb!!!

Post by stan man »

ek dink die teef sal reageer op n jakkals roep, met die dat sy nou alleen moet kos kry vir die kleintjies. sy gaan maar redelik skugter wees,en jy sal hoogs waarskynlik n verder skoot op haar kry. as dit moet gebruik 2 ligte .een om haar dop te hou as jy haar sou sien ,en dan die ander een om te soek vir die kleintjies. sy kon hulle geskuif het ,maar hulle honger en nuskurigheid sal die oorhand kry.
schalla
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Wed Jan 16, 2013 5:45 pm

Re: Enige raad asb!!!

Post by schalla »

Pieter die kleintjies is al mooi sterk die teef het hulle al begin leer jag en is daar al n paar skape gekry wat net gebyt is maar nie dood nie dink dit kan wees omdat die 2/4 tand merinos dalk te sterk is.
schalla
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Wed Jan 16, 2013 5:45 pm

Re: Enige raad asb!!!

Post by schalla »

Baie dankie oom Hein ek sal dan my roep so aanpas en sal oom dink ek sal vanaad moet gaan of hulle eers kans gee ek dink die teef sal opsoek wees na hulle en dat sy dalk nog in die omgewing sal wees.Die jakkies word nie baie gepla nie wel met honde en dan nou en dan die helikopter so as als mooi werk behoort ons hulle te kan laai.
Pieter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 479
Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am

Re: Enige raad asb!!!

Post by Pieter »

Schalla, wat ek sou gedoen het, is om naby die plek waar die ander jonges geskiet is, vroeg aand met 'n groep jakkals roep te begin, Vlek D/ Rooi D/ Blackjack Fullhouse, Elsneus. Indien hul jou antwoord wag so 15 - 20 min, dan fyn kosklanke, werk maar so 'n paar bakleie ook in, daai tik, tik gedeelte, jakkies worstel, tafjak 8, ens. so 'n paar sek klein jak distr, Tafjak 5/Woljak distr ens. om daai teef te laat nader staan, jy noem niks van die reun nie, as hy nie al uitgehaal is nie, sal hy ook in die omgewing wees. Indien die grotes antwoord, kan jak antwoord/ vlek 2, hul ook miskien oorreed om in te kom. Vlek 3 en Vosvlek kan ook help om die jonges nader te laat staan.

Moenie v'geet om by die plek waar skaap probeer vang was ook 'n draai te maak nie, daar kan meer as 1 stel jonges wees.

Ek is nou nie 'n "fundi" maar het al met bo-genoemde 'n paar laat bakkie ry.

Voorspoed
schalla
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Wed Jan 16, 2013 5:45 pm

Re: Enige raad asb!!!

Post by schalla »

Dankie Pieter vir die raad my plan was om met Elsneus/swartrug F of vlekie d met te begin en as ek dan hoor waar hulle is sal ek so 10-20min stilte dan ook saggies met kos begin vir so 2-5 min ek sal dit so 2 keer doen en dan wat lekker is dat my roeper 2 klanke kan meng dan het ek gedink om dalk jak baklei 4 en n hasie te meng en vir so 20 sec te speel en dan weer te wag vir 5min sal dit so 2-3 keer doen en kyk wat gebeur.O ja en pieter die reun is ook nog in die pakkie so hy sal lekker reageer op n baklei.
Pieter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 479
Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am

Re: Enige raad asb!!!

Post by Pieter »

Moenie daai tik, tik (1ste gedeelte van Baklei 1) weggooi nie, laas jaar reun en teef so 2 km van nes met BLJ Fullh en na 15 min BLJ 7 , 10 min stilte toe vlakhaas 1 vir 3min toe teef ingekom het (het nie reageer op roepe nie) 5min later reun met bakleie en jak distr laat inkom, verder gery en 5 jonges so uit gehaal, ek het geweet hulle is daar, begin met tik,tik na 15 min klein hasie gemeng met tafjak 8, die 1ste 1 het geval na 20 min, hulle het so stuk, stuk ingekom, na 90 min was als oor.
schalla
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Wed Jan 16, 2013 5:45 pm

Re: Enige raad asb!!!

Post by schalla »

Dankie Pieter ek sal laat weet hoe dit gaan ek sal seker volgende naweek daar draai die week gaan ek weer op ander plek jag.
Post Reply