Karring van botter, hoeveel sout?

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Karring van botter, hoeveel sout?

Post by Gert Odendaal »

Goeie dag lede, tydens die Geloftefees tydperk wil ek graag `n ou botterkarring gebruik wat ek as kind mee gekarring het. Ek probeer onthou wat Tannie Anna Louw van Komatipoort als in die botter gesit het as ons dit uit die karring gehaal het en dit in die hout raampies ingedruk het. Ongelukkig kan ek nie onthou hoeveel sout it by die botter gegooi nie.

As iemand my kan raad gee hoe om die regte hoeveelhede ek by `n blok (500gram) botter moet gooi om dit in die houtraampie in te pers vir die blok vorm.

Ek hoor graag van julle.

Groete

Gert Odendal
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Karring van botter, hoeveel sout?

Post by mariusr »

My ouma het ook altyd gemaak dan wag ons eers vir haar warm brood uit die koolstoof :): het altyd gekyk hoe sy die botter maak maar kan nie onthou hoeveel sout al wat ek weet was dat dit maar min sout kry? :o
User avatar
3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm

Re: Karring van botter, hoeveel sout?

Post by 3006 »

Ongeveer 1/4 teelepel per 200g botter afhangende van jou smaak.

Ai daai groot "paraffin blik brode met varkvet en stroop, gemaalde vleis kaings op pap, man ek mis dit baie.
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Karring van botter, hoeveel sout?

Post by LongWolf »

gooi na smaak, begin met baie min.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Karring van botter, hoeveel sout?

Post by Gert Odendaal »

3006 wrote:Ongeveer 1/4 teelepel per 200g botter afhangende van jou smaak.

Ai daai groot "paraffin blik brode met varkvet en stroop, gemaalde vleis kaings op pap, man ek mis dit baie.
Nee,Nee .3006, jy kan nie meer so eet nie, daar is nou kolestrol en jou hart is deesdae meer geneig om jou aan te val as jy daardie dieet volg, ek sal darem fotos neem van die Boer brode, ek het die broodpanne se mates as volg gemaak, 500x150x150, so daar gaan `n Brooood uitkom... :laugh: :laugh: 1/4 teelepel klink vir my aanvaarbaar....die brood gaan dan groot genoeg wees...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Karring van botter, hoeveel sout?

Post by Henry 7 »

Gert
Ons doen dit nog-gooi na smaak
stan man

Re: Karring van botter, hoeveel sout?

Post by stan man »

hello gert.
as ek botter maak en ek gooi die botter uit ,was ek eers die botter met sout water. ek gooi so n teelepel sout op n liter water. dan was ek die botter met n botter spaan,tot al die karring melk uit gewas is. ek is nie mal oor baie sout botter nie,so dan gooi ek net so n knypie sout by n blok botter en meng dit dan in.
vir my werk dit die lekkerste. daardie karringmelk werk dan ook die lekkerste in beskuit.

man hoe verlang ek nou na my pa !! hy het altyd die karringmelk gedrink as ons botter maak.dit was vir hom die lekkerste om vars karringmelk te drink.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Karring van botter, hoeveel sout?

Post by Gert Odendaal »

Stanman en lede
Groot dankie, ek gaan die resep volg, sal maar moet die karringmelk gebruik om sommer beskuit te knie en te bak...sal die week eers gou die karring skoonmaak en regkry vir die fees tydperk. Sal moet hout raampies maak vir die botter blokke.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm

Re: Karring van botter, hoeveel sout?

Post by 3006 »

More Gert
Ek gaan gereeld na Marico se Herformde kerk basaar toe en daar is lekker kaaings met pap (met chillies ook as jy wil).
Ek moet daai cholesterol pille iets gee om te doen :laugh: :laugh:

Groete
Lekker bak
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Karring van botter, hoeveel sout?

Post by jamalley »

Gert as jy daai raampies maak onthou om 'n foto op te sit en as ek reg onthou het my ouma later jare sommer was papier ingevou sodat die botter maklik uitgehaal kan word.
User avatar
PaulM
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm

Re: Karring van botter, hoeveel sout?

Post by PaulM »

Gert Odendaal wrote:Stanman en lede
Groot dankie, ek gaan die resep volg, sal maar moet die karringmelk gebruik om sommer beskuit te knie en te bak...sal die week eers gou die karring skoonmaak en regkry vir die fees tydperk. Sal moet hout raampies maak vir die botter blokke.
Bêre 'n bietjie van daardie karringmelk om saam met krummelpap ook te eet. My bek water nou so ek lyk soos 'n honger Boerboel....
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Karring van botter, hoeveel sout?

Post by jamalley »

Dan moet jy nie die draad oor die "patty" oopmaak nie
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Karring van botter, hoeveel sout?

Post by Gert Odendaal »

Ek en `n vriend het broodpanne vir Johan gemaak wat hy tydens die Gelofte fees tyd wil gebruik, hierdie is Boer brode...mates van die broodpan...500x150x150 ...die brood kom tog te mooi uit, sal maar fotos moet neem en oplaai...Ek gaan more my karring uithaal en skoonmaak, sal maar moet begin oefen om die karring te draai...Hierdie is regtig `n baie ou karring, sal fotos oplaai...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Post Reply