Wilde makvarke[Feral pigs]

Post Reply
User avatar
donderkop
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Sat Nov 13, 2010 7:39 pm

Wilde makvarke[Feral pigs]

Post by donderkop »

Ek het 'n tyd terug oor bogenoemde varke geskryf. Op daardie stadium was daar omtrent 40 van hulle in die oewerbos langs die rivier.

Net 'n mielieboer weet hoe dit voel om die vorige dae se inplanting[mieliesaad] te sien verdwyn as vark se kind sy snoet hierdie kant in die grond[op die saaivoor van die planter] gedruk het on 50 tree verder sy kop weer op te lig en nie 'n enkele pit te gemis het nie! 40 varke maak dat jy tot 3 keer weer moet oorplant...

In elkegeval teen verlede seisoen se planttyd was van die ongeveerd 40 varke so 6 oor. Dit was lekker on vark se kind op die land en in die oewerbos te jag. Ons het net een kleinerige "nes" in die mielieland gekry, MAAR ek het geweet dat vark se kind jong..en deur die laat herfs en lente het ek tevergeefs die laaste paar varke gesoek. Spore het ek genoeg gekry!
Tot 'n voerder gemaak van 'n meter lange plastiek pyp wat eenkant toeskroef en aan die anderkant aan 'n ketting wat weer aan 'ring om 'n paal roteer. Gate[groot genoeg vir die mieliepitte om uit te val] is oor die lengte van die pyp geboor.
Die vark(e) het die pyp in die rondte gestoot om die mielies by te kom...

Drie dae gelede word die eerste mielies vir die seisoen geplant en twee dae later staan en kyk ek na 50 tree lange voor waar eergister se duur saadmielies geplant is!!

Vanmiddag het ek weer op my "hoogsit" gaan sit toe die son begin sak het en so 'n 15 minute later gewaar ek twee jong uitgegroeide varke uit die oewerbos op pad na die voerder[die voerder is nie sigbaar van die "hoogsit" nie]. Die twee was reg agtermekaar en ek het laat waai[my rekort is 3 met een skoot] Die skoot het na raak geklink, maar hulle is die bos in - ek was te oorhaastig!

Ek het 'n Led Lenser L7[ met 'n filter stel] op my geweer.. Ek het al die verskillende kleure al probeer en op die groen filter besluit, maar nog nooit die kans gehad om die groen kleur op 'n vark uit te toets nie. Vanaand het ek dit getoets! Toe dit te donker word om te sien, het ek afgeklim en met die flitslig aan versigtig nader na die voerder gestap. Die lig het op 'n vark geval wat rustig by die voerder gevreet het! Die vark het seker nie eens die skoot gehoor nie.

More oggend sal ek gaan kyk of daar dalk nog 'n vark in die dikbos le. :)
Last edited by donderkop on Mon Nov 18, 2013 9:43 pm, edited 1 time in total.
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Wilde makvarke[Feral pigs]

Post by F.L.A.S.H »

Mooi man donderkop roor hulle

as jy help nodig het skree, ek like van jag in die digte van dig bosse

gooi so paar kikis man.

mooiloop
Dave
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: Wilde makvarke[Feral pigs]

Post by Roger »

Lekker, knap gedaan.

Ja, skree as jy hulp nodig het :-)
Too many to mention ;-)
stan man

Re: Wilde makvarke[Feral pigs]

Post by stan man »

naand mater
mooi gedoen.
skree maar as ons kan help. ek en rodger sal baie maklik ry om jou te gaan help oor n naweek. ek plant ook nou en ek weet hoe jy voel. by ons begin die vlakvarke nou kop uitsteek.gelukkig het ons van die begin af die peste geroer ,maar jy kry nooit almal geskiet nie. huidiglik is hier by my net een vlakvark beer wat ons sien,maar hy is meer skelm as n ou jakkals wat al 4 keer mis geskiet is.
groete
frans

ns. ons is so 400km van jou af. maar ek sal skree as ek weer in trompsburg gaan springbokke oes.anders kan jy my omkoop met die belofte van n koue bier langs n kampvuur met my tuis gemaakte swb sosaties . die swb is hoeka in julle omgewing by lesatsi geskiet.
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: Wilde makvarke[Feral pigs]

Post by Roger »

stan man wrote:naand mater
mooi gedoen.
skree maar as ons kan help. ek en rodger sal baie maklik ry om jou te gaan help oor n naweek. ek plant ook nou en ek weet hoe jy voel. by ons begin die vlakvarke nou kop uitsteek.gelukkig het ons van die begin af die peste geroer ,maar jy kry nooit almal geskiet nie. huidiglik is hier by my net een vlakvark beer wat ons sien,maar hy is meer skelm as n ou jakkals wat al 4 keer mis geskiet is.
groete
frans

ns. ons is so 400km van jou af. maar ek sal skree as ek weer in trompsburg gaan springbokke oes.anders kan jy my omkoop met die belofte van n koue bier langs n kampvuur met my tuis gemaakte swb sosaties . die swb is hoeka in julle omgewing by lesatsi geskiet.
Frans,

Ek dink so lekker soos ons twee gesels voel daai 400km soos 40km :-)
Too many to mention ;-)
Post Reply