PERMITTE

Post Reply
Ambessa

Re: PERMITTE

Post by Ambessa »

Hallo Caller/Hein

Kan ons die VS se konsep te siene kry?

Kom ons gooi dit ook op die tafel vir wyer insae of is dit nog te vroeg? Dit kan dalk net help om ander ouens bietjie vinniger rigting te help gee?

Het julle die LBW van 6 Maart (bladsye 69, 77, 80) en die FW van 6 March (bladsy 14) gesien?

Wonder wat die gro... se siening/klanke hieroor is?

Waar is die ander provinsies?

Daar is merkbare vordering in die samewerking tussen die groot rolspelers (vee- en wildbedrywe). Pogings is onderweg om ook die owerhede (diegene wat nog skynbaar op ander paaie is?) ook aan boord te kry.

Caller, dankie vir jou insette. Doet so voort!

Ambessa
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PERMITTE

Post by Dawie »

Ambessa
Ja dit lyk my teen die tempo gaan sal die 2046 jagordinansie al uit wees dan maak ons nog somme oor die een.  Ek wou nog vir Piet Lodder b?l,  maar dit het bietjie rof gegaan die week oppie plaas.  As ek kan r?g onthou van Maandag se vergadering dan lyk dit of hulle vir Min Cobus Dowry ook betrek by die saak.  hulle gaan nou eers 'n paar goed op die landbou streekskongresse bespreek dan sal dit verder gevat word.  As my vorige post waar is,  sal die persone wat die onderhandelings gaan hanteer ten minste boere,  jagters en probleemdier kenners wees en nie kantoor manne nie.  Ouens wat op genoemde werkgroep is en wat ek weet op die forum is, is Myself,  Heinrich en Andr?.  Die ander is Gideon Viviers,  Piet Lodder,  Douglas Caldo en Pieter Schneekluth die res se name kan ek nie nou onthou nie.

Ek sal sodra ek weer iets hoor julle laat weet.  Nog iets wat op die vergadering uitgekom het was die kommer oor swak komunikasie tussen verskillende departemente. 
Cheers
Dawie 

Ps. vergaderings en feite onthou is nie van my sterk punte nie

 
Ambessa

Re: PERMITTE

Post by Ambessa »

Hallo Dawie

Goed en mooi met die info. Vir 'n "ou met 'n swak geheue" doen jy glad nie sleg nie!

Daar is ook roeringe in die Ooskaap. En die Vrystaat.

Stem saam, kommunikasie is 'n saak wat dringend verbeter moet word. Onthou daar is vir elke groepering binne die land die "1-plus-9" scenario - nasionaal plus nege provinsies. Binne provinsies is dit 'n groot ontnugtering om te sien hoe min hulle (departemente) van mekaar weet - laat staan nog met mekaar praat. Tel daarby die verskillende inisiatiewe binne georganiseerde landbou en produsente-organisasies en ons het die ideale resep vir die gevolge van swak kommunikasie. Die belangrikste aspek van effektiewe kommunikasie is dat die verskillende kleiner stroompies (inisiatiewe) in die land (en daar is baie) baie vinnig moet weet wat die ander stroompies doen. Dit is nodig om die kleiner stroompies in 'n groter STROOM te laat vloei. Die een hand moet weet wat die ander doen? Dit sal beteken dat almal op dieselfde bladsy is.

Hoop nie jy is reg oor 2046.... nie!

Ambessa
Ambessa

Re: PERMITTE

Post by Ambessa »

Hallo daar
Ambessa wrote: Het julle die LBW van 6 Maart (bladsye 69, 77, 80) en die FW van 6 March (bladsy 14) gesien?
Enige kommentaar op die stukke in LBW en FW? Ek verstaan die foto van die koei wat stukkend gevreet is (FW) het die gro... gaande of eerder in opstand. Volgens die oukies is die boere die oorsaak dat die koei so getakel is en soek die boere mos vir moeilikheid deur met vee te wil boer....! Is dit moontlik?

Ambessa
Ambessa

Re: PERMITTE

Post by Ambessa »

Hallo Dawie
en die ander wat die proses in die Weskaap vorentoe neem...

Sterkte. Laat weet hoe dit gegaan het. Onthou die baie kleiner stroompies wat een groter STROOM moet word.

Op 11 Mrt 09 is daar in Pta ook weer 'n geskaaf en geskryf en gestoei aan die nasionale KONSEPregulasies.

Ambessa
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: PERMITTE

Post by jaracal »

Het vandag met Jaco V Deventer gepraat.
Hy se daar is geen kursus wat tans deur Cape Nature voorberei word nie. Sover is dit Tewis wat hulle gebel het en vandag myself. Hy gaan later 'n vergadering bel? om dit te bespreek en sal dit iemand wees wat deur die boere/jagters goedgekeur word om kursusse te gee..

Ek het ook vandag agter die kap van die byl vir die permitte gekom. Jagters kan nie alleen permitte uitneem nie en moet boere/grondeienaars dit doen. Die wet maak nie daarvoor voorsiening nie. Dit is hoekom boere nou vir die permitte aansoek moet doen ipv jagters alleen.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Ambessa

Re: PERMITTE

Post by Ambessa »

Hallo Jaracal

Korrek so ivm die permitte. Kom ons bedink 'n beter stelsel om spesifiek skadeveroorsakende diere soos die rooijakkals/rooikat te beheer: die professionele jagter/operateur is op 'n register en verkry 'n "lisensie/staande permit" by die toepaslike owerheid om die diere te beheer (nasionaal of per provinsie) en benodig daarna slegs die skriftelike toestemming van die grondeienaar/boer wat hom versoek om die diens te lewer. Daar rus dan 'n verpligting op die jagter/operateur om die optrede kortliks aan die koordineerder te rapporteer. Wat is gedoen (metode gebruik) en wat was die gevolge? Het die vagste verminder, waarom? Sodoende kan die stelsel leer en die volgende rondte kan op verbeterde resultate optree.

Ambessa
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PERMITTE

Post by Dawie »

Dit werk nou sooooo

Boere/grondeienaars kan nou permitte VERNIET!!!! by CN :-[ kry,  maw probleemdier beheer op veeplaas.  Net manne wat die goed vir "plesier" skiet moet betaal vir die permit......my vraag is...om wie 'n rat voor die o? te draai....?  Funding??

Arme bome wat nou moet geoffer word vir 'n stuk verniet pampier permit (Hallo Global Warming!!) 

;D  treurige, treurige BL....EMS!!!!
Ambessa

Re: PERMITTE

Post by Ambessa »

Hallo Dawie

Ook die ding verneem. Hoe werk dit in die praktyk. Termyn van permit ens?

Ambessa
tafjak

Re: PERMITTE

Post by tafjak »

Ambessa en Dawie

Doen so 35dae gelede aansoek vir permit.  Natuurbewaring se inspekteur wou toe weet hoekom vir jakkalse!!! Hy weet toe nog niks van enige sout of water nie. Was in die Uniondale area.

Nee wat, dit lyk nog of daar te veel dubbele standaarde heers in CN se binnekringe.

Groete

Taffie
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: PERMITTE

Post by Caller »

Dawie /Ambessa / Taffie

Passop vir die verniet permit storie. Hulle wil net 'n voet in die deur kry. As die boere eers gewoond is aan verniet permitte, laai hulle 'n prys op. En dan het hulle meeste van die jakkalsjagters se besonderhede. Ek het lanklaas so 'n openlike makmaakproses gesien.

Nee my maters, dis of als, of niks. No inbetweens.

Caller 
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: PERMITTE

Post by Christo »

Caller

Jy let skerp op. Die ding lyk nou meer vir my ook so.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ambessa

Re: PERMITTE

Post by Ambessa »

Hallo Dawie

...sien jy is warm onder die kraag...

ek lees eers verder voor my antwoord hierop geplaas word...

Ambessa
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PERMITTE

Post by Dawie »

Wat ek nou skryf moet nog bevestig word,  maar ek kan dit nie hou nie....

{Ek was nie by die vergadering vandag nie,  was gistraand by Kaapjagbestuursvergadering in Durbanville waar ek die go-ahead gekry het(met bietjie teenstand) om 'n Probleemdier beheer belangstellingsgroep te stig  YEAH!!!}

Anyway...

Volgens Andr? per selfoon....
Daar was vandag 'n DLV vergadering op B-Wes. Lede is daar ingelig dat as jou naam op 'n lys is by jou DLV (of landbou vereniging?)  JY NIE 'n PERMIT NODIG HET AS JY JAK/RKAT NAGJAG in landbou hoedanigheid nie.  Net die perde wat dit vir sports doen moet vir permitte vir nagjag aansoek doen.

Nou my blinkgedagte is dat DLV's, ipv om eie lys te h?, onder andere na die link van ons Probleemdier-jagter register verwys ;)


Dawie
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PERMITTE

Post by Dawie »

Smaak my ek het weer te gou gepraat,  boere het glo nog permitte nodig. 

Daar is glo 'n vergadering die 14de met CN,  dep. omgewingsake,  landbou probleemdier aksiegroep se verteenwoordiger, regskenners,  ens.  Daar gaan gepoog word om probleemdierbeheer weg te kry van natuurbewaring en in landbou se beheer of om die ordinansie so terug te kry soos hy was in 2006.

???

Dawie
Ambessa

Re: PERMITTE

Post by Ambessa »

Hallo Dawie
Dawie wrote:...is glo 'n vergadering die 14de met CN,  dep. omgewingsake,  landbou probleemdier aksiegroep se verteenwoordiger, regskenners,  ens.   Daar gaan gepoog word om probleemdierbeheer weg te kry van natuurbewaring en in landbou se beheer of om die ordinansie...
Jy hoef nie sleg  ??? te voel nie. Hou ons net op hoogte van vordering.

Ons moet die twee departemente bymekaar hou (op dieselde bladsy van die boek), elkeen met sy spesifieke rol en verantwoordelikheid (natuurbewaring vir bewaring/biodiversiteit en landbou vir produksie/voedselsekuriteit).

Ambessa
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PERMITTE

Post by Dawie »

Uit skrywe van CN 19Aug2009 ivm versoek vir kommentaar oor 2010 "Sport" Hunting Notice

"6.9 The sport hunting notice is not a tool to be used to control damage causing animals(e.g. baboon, bushpig, caracal and blacked-backed jackal)."

???

Die woordjie "sport" word taamlik gebruik.

Dawie
Ambessa

Re: PERMITTE

Post by Ambessa »

Hallo Dawie
Dawie wrote:...Uit skrywe van CN 19Aug2009 ivm versoek vir kommentaar oor 2010 "Sport" Hunting Notice

"6.9 The sport hunting notice is not a tool to be used to control damage causing animals(e.g. baboon, bushpig, caracal and blacked-backed jackal)."

Die woordjie "sport" word taamlik gebruik.
Die idee is dalk dat hulle "sport hunting" wil skei van die optrede van meer professionele / spesialis roofdierjagters?

Die dokument doen ook 'n redelike sterk beroep op verantwoordelike boere (volgens hulle die groter meerderheid) se samewerking teenoor die kleiner minderheid waarop die staat vir optrede moet konsentreer (volgens die dokument: on the small percentage of "ruthless exploiters and swindlers"). Nogal sterk bewoording vir 'n amptelike dokument?

Ambessa
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PERMITTE

Post by Dawie »

Ambessa wrote: Die idee is dalk dat hulle "sport hunting" wil skei van die optrede van meer professionele / spesialis roofdierjagters?
Wat miskien nie so 'n slegte ding is nie.  :-\

Hallo Ambessa

Ek sal more vir Deon Hignett vra om die dokument vir my in 'n vorm te e-mail dat ek dit kan copy en paste en oppie forum plaas. 

Dan kan ons dit sinvol bespreek.

Dawie
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PERMITTE

Post by Dawie »

Uit AWK brief 15 Sept 2009

"ons u daarop wys dat dit slegs na sport jag verwys.  Hierdie kennisgewing het geen betrekking op probleemdierbeheer as sodanig nie.".....dis nou jagordinansie

"die hantering en beheer van probleemdiere (?damage causing animals? (?DCA?s?) tans deur aparte permitte hanteer word en val dit nie onder bostaande Sport Jag Kennisgewing nie.  Dit is hiervoor dat AWK tans in samesprekings met Cape Nature is."

Daar kom ?n meer volledige Media vrystelling waar die vergadering van 14 Sept waarvan ek gepraat het,  paar posts terug,  toegelig gaan word.  Het vandag gou met ou gepraat wat op daai vergadering was.  Hy't ges? dit het baie goed gegaan,  kon nie lank praat nie, hy moes gaan en ges? hy't tyd nodig om dit oppie foon met my te bespreek,  sal weer probeer as ek more kansie kry b?l om meer uit te vind.

Ene ore ??? Lyk my dinge is nog aan't beweeg

Cheers

Dawie
Ambessa

Re: PERMITTE

Post by Ambessa »

Hallo Dawie

Dankie vir die info. Hou ons maar deurgaans op hoogte van vordering.

Ambessa
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PERMITTE

Post by Dawie »

Weskaapenaars en belangstellendes

Sal nou maar probeer om te onthou wat als ges? is.  Gelukkig gaan daar nog 'n skrywe uitkom.  Het toe nou vamiddag gesprek per telefoon gehad met persoon wat op genoemde 14de Sept vergadering was.  Niks het verander vir 2009 nie,  moet nogsteeds verniet permit kry,  rede...te veel shlep om te papierwek te verander by polisie ens.  In 2010 word beoog om sportjag en prob.d beheer te skei en sal p.d.b. permitte deur DLV's gehanteer word.  Daar kom 'n beleidskomitee en werkskomitee om die goed uit te sort.  Glo 3 ministers sal ook betrokke wees Landbou,  Omgewingsake,  Toerisme as ek dit reg het.  

Bv.  om slagysters vorentoe te verban moet daar eers een of ander betroubare studie gedoen word en moet daar 'n werkbare alternatief in plek gestel word.  Nog goed is genoem,  maar dis nog net planne.

Dis eers in 'n neutedop as weer iets hoor wat moeite werd is sal ek skree.

Dawie
Last edited by Dawie on Wed Sep 16, 2009 7:39 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: PERMITTE

Post by Christo »

Dawie

Dankie vir die info. Ek kyk met belang na jou volgende post.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ambessa

Re: PERMITTE

Post by Ambessa »

Hallo Dawie
Dawie wrote:...om slagysters vorentoe te verban moet daar eers een of ander betroubare studie gedoen word en moet daar 'n werkbare alternatief in plek gestel word.
Dankie. Hou maar die oor op die grond.

Ambessa
Ambessa

Re: PERMITTE

Post by Ambessa »

Hallo Dawie
Dawie wrote:...Daar kom 'n beleidskomitee en werkskomitee om die goed uit te sort.  Glo 3 ministers sal ook betrokke wees  Landbou,  Omgewingsake,  Toerisme as ek dit reg het. dis nog net planne.
...die proses om twee departemente (landbou en omwingsake) gesamentlik betrokke te kry begin nou deur te suurdeeg. Word in my oor gefluister dit gaan spoedig op nasionale vlak deurgehaak word. ;)

Ambessa
Post Reply