Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Huidige TPL is 86mm en spoed is 2930fps met S385 71.1grein.Ek weet ek moet
eintlik met hulle geskiet het om die spoed ook te gee,maar ek vra mooi
Kan julle dalk vir my 'n TPL ook voorstel?
Pinkes. Soos jy self se, is hier maar baie gebrekkige inligting, maar ek kan min of meer vir jou n node voorspel, met die inligting gegee van die Sierras. Dit lyk vir my asof jou node spoed in die omgewing van 2910ft/s sal wees. Om n TPL te voorspel is onmoontlik. Jy sal moet die maks TPL bepaal, en van daar af werk. Magasyn lengte kan ook n rol speel. Ek het gewerk op die 86mm wat jy gegee het van die Sierras.
tripodmvr wrote:Sien Pierre het my voorgespring. Hier was my raaislag.
Probeer die' resep wat ek van jou 180 SGK afgelei het. Maak TPL 88,7mm, gebruik 70,5gr S385 en mik vir spoed van 2913vps - en skiet dan net kopskote.
Dit is hoekom jy wag vir oom Marius. Die grysheid kom duidelik deur hier
Nee Pierre, dit wys ons het mooi geluister en opgelet by die kursus. Wys ons dink in dieselfde rigting. Het die TPL van 89mm aanvaar as moontlik en toe daarvan terug gekom met 0,3mm. Pinkes sal moet terugkom en sê wat is moontlik. Tussen ons twee berekenings sal die 3vps nie groot verskil maak nie.
Dankie vir julle raad!Ek is jammer oor die min info,maar sal defnetief
julle info gebruik.Ek waardeer dit.As daar miskien manne is wat dieselfde bestandele
gebruik,sal julle kommentaar ook waardeer word...