PFTC - IEMAND AL HIERVAN GEHOOR

Post Reply
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

PFTC - IEMAND AL HIERVAN GEHOOR

Post by jamalley »

Ek kry in die week 'n uitnodiging na 'n "workshop" wat aangebied word om die nuwe instansie, South African Professional Firearms Training Council of so iets bekend te stel, hulle is blykbaar nou die organisasie wat Sasseta vervang, maar dit gaan gepaard met 'n stukkie wat ek dalk uit Engels verkeerd verstaan het, maar wat meld dat na 1 Junie 2013, die CFR nie meer ons gewone bekwaamheid sertifikaat gaan aanvaar tensy dit vergesel gaan van 'n Sasseta Sertifikaat nie en dat daar een of ander PFTC puntestaat ook saamgestuur moet word - weet iemand iets meer hieromtrent, want dit klink vir my na nog net 'n verdere geldmaak storie?
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: PFTC - IEMAND AL HIERVAN GEHOOR

Post by PWV »

Nog 'n geldmakery?
Kry mens inligting daaroor op die Internet?
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: PFTC - IEMAND AL HIERVAN GEHOOR

Post by jamalley »

Ek weet nie Oom PW, maar ek gaan Vrydag die werkswinkel bywoon en sal dan iets opsit
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: PFTC - IEMAND AL HIERVAN GEHOOR

Post by jamalley »

Was toe by die Roadshow:

PFTC is nou aangestel in die plek van Saseta om die standaard van opleiding vir die bekwaanheidstoetse, die gebruik en hantering van vuurwapens, ens te kontroleer en te monitor.

Alle opleidings instansies wat opleiding in die verskillende fasette van vuurwapens, bv kennis van die Vuurwapenwet, Artikel 49 van die Strafproseswet, die gebruik en hantering van vuurwapens aanbied/doen, gaan by PFTC moet registreer en akkrediteer.

Dit klink vir my hulle gaan die opleidings instansies behoorlik monitor, sodat die opleiding wat gebied word, aan die voorgeskrewe standaarde en vereistes voldoen (Die opleidingsinstansies gaan rekords moet hou, teikens van die skiettoetse moet bewaar, skietbaankwitansies beskikbaar moet hou, ens).

Die opleiding vir junior jagter, toegewyde jagter, trofeemeter, baanoffisier ens, wat die jagverenigings aan hul lede bied word egter nie hierdeur geraak nie.

Die reeling na 1 Junie 2013 met die SVR is dat slegs die volgende vir nuwe aansoeke om bevoegdheid aanvaar sal word - jou opleidingsinstansie se eie sertifikaat, tesame met of 'n Saseta sertifikaat (wat blykbaar vir die afgelope paar maande nie meer deur Saseta verskaf word nie - geld is op en stelsel is na moer) of die PFTC puntestaat.

Opleidingsinstansies wat by PFTC geregistreer en ge-akkrediteer is, word versoek om die kliente/leerders se inligting tot en met 1 Junie 2013 nog steeds aan Saseta deur te gee, maar terselfdertyd die leerder se besonderhede en uitslag van die toetse, op die PFTC stelsel te laai en dan onmiddelik die klient/leerder se PFTC puntestaat uit te druk en te verskaf, tesame met hul eie opleidingsertifikaat.

Hierdie reeling is net van toepassing op persone wat nou en na 1 Junie 2013 gaan aansoek doen vir 'n nuwe bevoegdheidsertifikaat en nie op hernuwings van bestaande bevoegdheidsertifikate nie. (Die SVR soek in elk geval blykbaar nie weer jou bekwaamheidssertifikaat daarvoor nie, maar ons weet hoe deurmekaar is hulle van plek na plek oor wat jy saam met jou aansoek moet indien)

Verby is die dae wat sertifikate verkoop/gekoop kan word of sertifikate vir hantering van 'n vuurwapen uitgereik word en die instansie nie eers toegang tot 'n skietbaan het nie.

Ek wag net dat PFTC my brief aan die lede van Vrystaat Jagters en wat ek by die Chasa Raadsvergadering gaan voorhou, nagaan en seker maak ek gee die inligting korrek en waar deur, dan sal ek dit ook hier plaas.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: PFTC - IEMAND AL HIERVAN GEHOOR

Post by Marc »

Dankie Riaan, hou ons op hoogte asseblief ;)
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: PFTC - IEMAND AL HIERVAN GEHOOR

Post by jamalley »

More Manne

Ek sien Agriforum het 'n dringende aansoek in die Hooggeregshof teen die SAPD en SAPFTC.


Media Notice

AfriForum

4 November 2013

Urgent application against firearm training monopoly – AfriForum

The civil rights organisation AfriForum is bringing an urgent application against the National Police Commissioner, General Riah Phiyega, and the South African Professional Firearms Trainers Council (SAPFTC) after the SAPS has compelled all service providers to register for accreditation with the SAPFTC before 1 November 2013. The SAPFTC is managed by other competitors in the profession, and members of the board are service providers themselves. It means they can now also regulate their competition.

AfriForum believes that the SAPS and SAPFTC hereby created a monopoly, enabling the SAPFTC to control, limit or manipulate the operations of its competitors. The SAPFTC will also be able to obtain confidential information about its competitors. This can seriously undermine the sustainability and viability of other service providers.

"Firearm legislation and regulations are already complicated and difficult to manage. Costs are also continuously escalating and ordinary people find it increasingly difficult to register firearms," said Ian Cameron, AfriForum Head of Community Safety.

According to Cameron, the SAPS and SAPFTC have invalidated the right to provide training without any consultation with role-players. The court will be requested to decide whether these actions were legal and to protect the rights of service providers.

The media is hereby invited to attend the court proceedings. Details are as follows:

Time: 15:00
Court: North Gauteng High Court, corner of Vermeulen and Paul Kruger Street, Pretoria

Ian Cameron
Head: Community Safety
AfriForum
Cell: 073 388 0474
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: PFTC - IEMAND AL HIERVAN GEHOOR

Post by Eugene »

Sien Agriforum het geslaag.
Afriforum wins firearms training order

November 8 2013 at 04:14pm
By SAPA

Pretoria - The High Court in Pretoria has granted AfriForum an urgent order against national police commissioner Riah Phiyega and the SA Professional Firearms Trainers Council (SAPFTC).

The civil right organisation's community safety head Ian Cameron said on Friday the court case came after the police compelled all service providers to apply for accreditation with the SAPFTC before November 1.

“The latter is managed by competitors in the industry, and members of the board of SAPFTC are service providers themselves. This means they are now able to regulate their competitors,” he said.

“This is a huge victory for AfriForum and service providers in the firearm training industry, and the order also ensures the validity of the current accreditation of service providers.”

He said AfriForum believed that the SAPFTC has created a monopoly whereby it would have been able to control, manipulate and inhibit the operations of its competitors in the industry.

He said SAPFTC would also have been able to obtain confidential information about its competitors.

“The sustainability and viability of other service providers would have been endangered by such a measure.”

Sapa
Aim small, miss small
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: PFTC - IEMAND AL HIERVAN GEHOOR

Post by Jean Marais »

Dis goeie nuus. Beteken dit dan dat die bestaande status quo gehandhaaf word?
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: PFTC - IEMAND AL HIERVAN GEHOOR

Post by Eugene »

Jean Marais wrote:Dis goeie nuus. Beteken dit dan dat die bestaande status quo gehandhaaf word?
Yip. Dit gaan hier maar net oor nuwe ouens wat die vaardigheidskursus moet aflê en die instansies waar hulle dit doen, as jy reeds bevoegdheid het, het dit nie werklik 'n invloed op jou nie.
Aim small, miss small
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: PFTC - IEMAND AL HIERVAN GEHOOR

Post by Alwyn »

Jean Marais wrote:Dis goeie nuus. Beteken dit dan dat die bestaande status quo gehandhaaf word?
Dit wil ek ook graag weet....

My vrou moet ook nou gan vir haar training
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: PFTC - IEMAND AL HIERVAN GEHOOR

Post by Jean Marais »

Dankie. Dis goed om die goete te weet.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: PFTC - IEMAND AL HIERVAN GEHOOR

Post by jamalley »

Ons moet nie te gou opgewonde raak nie, daar is slegs 'n tussentydse bevel toegestaan, met die keerdatum 22 Januarie 2013.
Post Reply