Naant se manne, Het die naweek gaan ladings skiet en was nogal verras om so vinnig op n lading te kom!!
375 H&H Vektor
235gr Barnes tsx
66gr S335
TPL 91.7mm
Het 5 ladings gelaai, 65, 65.5, 66, 66.5, 67gr
Die 66gr lading het vir my n 22mm groepering gegee op 100m!
Barnes TSX 375H&H
-
baas
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Thu Aug 22, 2013 7:54 pm
Barnes TSX 375H&H
The difference between Men and Boys is the SIZE of there toys
Riaan Botha
Riaan Botha
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Barnes TSX 375H&H
Dit lyk my dit is 'n goeie resep. Myne skiet 21mm groep met 66gr S335 teen spoed van 2860.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
baas
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Thu Aug 22, 2013 7:54 pm
Re: Barnes TSX 375H&H
Lyk my so, het nog nie spoed gemeet ni.
Sal volgende naweek daarby uitkom.
Spoed van 2860 v/s is nogal haastig, het gedink gaan so by 2650 rond wees!!!!!!
Dankie vir die reply. nou weet ek darm ek is in die kol!!!!!!!!!!!!!
Sal volgende naweek daarby uitkom.
Spoed van 2860 v/s is nogal haastig, het gedink gaan so by 2650 rond wees!!!!!!
Dankie vir die reply. nou weet ek darm ek is in die kol!!!!!!!!!!!!!
The difference between Men and Boys is the SIZE of there toys
Riaan Botha
Riaan Botha
-
Doppies
- Jr. Member

- Posts: 86
- Joined: Wed Oct 24, 2012 5:35 pm
Re: Barnes TSX 375H&H
Dag Baas waste primers het jy gebruik? Ek is self besig met 235gr Barnes TSX. Ek het n BRNO H&H Magnum. Die Max TPL is 96.92mm. CCI 200 of CCI 250????. Wat is die CL wat jy gebruik het?. Enige ander voorstelle van iemand op die Forum.
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Barnes TSX 375H&H
Altyd n Magnum Primer op n Magnum kaliber. Soek n lang warm vlam wat die dryfmiddel so vining en eweredig moontlik brand steek...
Groete
Groete
-
baas
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Thu Aug 22, 2013 7:54 pm
Re: Barnes TSX 375H&H
Doppies, ja Stefan is reg daar. Altyd magnum primer. ek het cci 250 gelaai!
My Max TPL is 97.33 ,maar magesyn is net 93 mm. Het daarom 91.7 mm gelaai, Die eerste ring op die punt steek dan uit!
Het nie die punte gekrimp nie! Het dieselfde ronte 3 skote in die magesyn gelos en na elke skoot weer gemeet, lente bly dieselfde so is nie nodig viir krimp nie!!!
Wat se CL praat jy van?
My Max TPL is 97.33 ,maar magesyn is net 93 mm. Het daarom 91.7 mm gelaai, Die eerste ring op die punt steek dan uit!
Het nie die punte gekrimp nie! Het dieselfde ronte 3 skote in die magesyn gelos en na elke skoot weer gemeet, lente bly dieselfde so is nie nodig viir krimp nie!!!
Wat se CL praat jy van?
The difference between Men and Boys is the SIZE of there toys
Riaan Botha
Riaan Botha
-
baas
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Thu Aug 22, 2013 7:54 pm
Re: Barnes TSX 375H&H
Tripod, wat is jou TPL? Jump is nogal groot 5.6mm , maar dit werk!!!!!!!!!
The difference between Men and Boys is the SIZE of there toys
Riaan Botha
Riaan Botha
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Barnes TSX 375H&H
Toe ek begin herlaai het, het ek die dryfmiddel aangepas om sub MOA te skiet en dan nie verder gevroetel nie. Eers hier op Jaracal geleer van die sweet spot deur jou TPL te verstel. Ek het dus altyd net gesorg dat my koeëls uit die geweer glad kan kamer. In my 375 het ek die SAAMI/CIP lengte van 91.44m in die meeste gevalle gebruik en dit gee 'n sprong van so 3-5mm met die verskillende koeëls.
Daarom sal jy sien dat ek die manne so bietjie aanspreek oor die "stage fright" wat hulle kry as die koeël moet spring in hul nuwe gewere. Tensy jy nou groot koste gaan aangaan om die kamer te laat oorsny gaan jy nie daardie sprong sommer kan wegwens nie. Skiet die beleddie geweer en hy sal gou vir jou wys waarvan hy hou en jou heelwaarskynlik verstom waartoe hy in staat is.
As mens kyk na groepe kyk wat geskiet word is dit eintlik ongelooflik akkurate uitslae wat mens kry met al die faktore wat die koeël se baan kan affekteer.
1. Teleskoop moet konstant bly
2 Lading moet konstantheid gee
3 Kamer dimensies moet reg wees en konsentries belyn met die senterlyn van die loop
4 Loop moet reguit wees en met korrekte dimensies
5 Loop moet konstant bed in kolf
6 Ringe en basisse moet nie skuif nie
7 Nou moet jou oog akkuraat die kruishaar akkuraat op een mikpunt rig - mirage,parallaks en oogprobleme
8 Jou snellertrek moet so wees dat jy die geweer nie van teiken af trek of druk nie
9 Jou hartklop en asemhaling het 'n effek
10 Weet dat 'n verplasing van slegs 0,154mm 'n verplasing van 1 duim (25,4mm) op 100m gaan veroorsaak
11 Die wind en weer en gravitasie begin nou hul vernietigingswerk doen wanneer die koeël die loop verlaat
As jy dit alles so deurkyk moet ons maar die maagseermiddels nader trek as jy wil akkuraat skiet. Tog kry ons wonderlike resultate - dit wys dat jy die praktiese skiet moet doen en ondervinding en statistiek het al bewys dat goeie groepe kom deur foute te elimineer.
Daarom weer my raad - skiet die bleddie ding en dan kan ons kyk wat ons sien en hoe ons kan verbeter. As bewys van my vreesloosheid heg ek aan 'n teiken wat ek gister met my 243AI geskiet het om doppe te vorm. Sierra SBT 80gr met 40gr S365. Die twee 5 skoot groepe bo en onder regs toon baie potensiaal en gee my nou data vir verdere ontwikkeling. Die skote op die middelteiken was met 70gr HPBT Sierras geskiet en druk was laag (ligter koeël ook met 40gr) synde die doppe nie mooi die nuwe kamer gevul het nie. Die 40gr was 'n gemiddelde lading wat ek gekies het om mee te eksperimenteer en skiettyd te kry.
Jammer dat ek die draad so bietjie laat wankel met my relaas, maar ek dink dit kan van hulp wees vir jonger skieters.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
baas
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Thu Aug 22, 2013 7:54 pm
Re: Barnes TSX 375H&H
Die jump pla my nie, het maar net gewonder of jy ook so n groot jump het!
Is waar al die dinge wat mens se groepe beivloed , ons kan seker maar se ons is baie gelukig om sulke goeie groepe te kry as mens na al daai faktore kyk!!!
dankie vir die reply Tripod....