Witkwasjakkals
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: Witkwasjakkals
So iets op die witkwas.
Het julle al kannibalisme by van die jakkals spesies teegekom?
Ek dink daar was dalk al so vraag?
Ek plaas dit hier want ek het gister met n oom gesels wat n witkwas betrap het waar hy aan n ander een vreet.
Die jakkals is half gevreet die eerste aand en toe weggesleep die tweede aand.

-
Danie Lombard .243
Re: Witkwasjakkals
Janjak.
So effens van die topic af, maar hou verband oor wat jy vertel van die omie wat se van die twee jakkies (sidestripe) wat mekaar vreet,of eerder die een die ander. Kanibalisme. My ondervinding oor dit. Het al meer as een keer gesien dat iets aan witrug jakkie gevreet het as ek die volgende oggend die jakkie gaan haal in die veld. Ek is nie gaande oor die reuk van dooie jakkie op die bakkie nie, en my honde raak lekker mal as ek met 'n dooie jakkie op die bakkie by die huis opdaag. Snags wil ek slaap en nie luister na werf honde wat moerrig is oor die dooie jakkie reuk op die bakkie nie. So los ek hul (jakkalse) gewoontlik in die veld na die skoot en gaan laai hul die volgende oggend op om te gaan weggooi by my bene park. So kom ek een oggend vroeg af op 'n maanhaar jakkals vat te lekker staan en vreet aan die dooie witrug jakkals. EK weet dat maanhaar en witrug nie direkte familie is nie, maar albei is mos jakkals, canis? Is dit dan ook kanibalisme? Miskien moet oom Ambesa help met die een. So ek sal dit glo, dit wat die oom jou vertel het van die een wat die ander eet.
Danie

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Witkwasjakkals
DanieDanie .243 wrote: ... So kom ek een oggend vroeg af op 'n maanhaar jakkals vat te lekker staan en vreet aan die dooie witrug jakkals....
Weet dat ons gewone rooijakkals vrek oor maanhaar. Hulle sal hom heel opvreet, maar die eerste keer wat ek hoor dit werk andersom ook.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Witkwasjakkals
Ek dink as enige dier(jakkals) dood is, is hy nie meer familie vir die ander een nie maar wel aas en sal hy hom vreet. As ek kanibalisme reg verstaan is wanneer een soort dier sy eie soort doodmaak en dan vreet.
Skolla
Skolla
-
Danie Lombard .243
Re: Witkwasjakkals
A-Ha Skolla.
Ek wil saam met jou oor kanibalisme stem. Jou verduidelik maak sin. Dit wat ek dan beleef/gesien het is vreet en niks anders nie. Laat mens dink oor die myth oor die maanhaar wat geensins vleis vreet nie. Honger is honger "and meat is meat and a man must eat".
Ek en my vrou Yolandi het so 'n paar jaar terug iets gesien by bakoor jakkals en 'n vlak haas. In die lande is daar maar altyd bakoor jakkals. In die lande is daar vir hul baie kos om te eet. Insekte en muise ens. So sien ons een aand terwyl ons jag 'n familie bakore rond snuffel in die gestroopte mielie land. Die gang waarin ons gery het loop noord op die plaas en gaan by die land verby. Toe ons terugkeer vanuit die kamp aan die noorde kant sien ons weer die bakore. Die een hardloop voor met 'n vlakhaas kop is sy bek en die ander is agterna. Of hul die vlakhaas gevang het en of die haas self gevrek het of deur 'n nader roofdier gedood is weet ons nie. Dit was net vir ons baie snaaks om die bakoor te sien met die vlakhaas in sy bek en die bakoor op volle vaart. So asof hy die kop allen wou geniet.
Ek reken dat hy dit wou vreet. 'n Wilde dier doen niks vir plesier of om ander in die trop te amuseer nie. 'n Wilde dier leef net vir vreet en voortplanting. Die diere van die veld verbaas mens soms met hul optrede en gewoontes en is soms heel teenstrydig met dit wat ons gehoor of geleer het oor hul, die diere.

Ambessa
Re: Witkwasjakkals
Hallo Danie .243
Enigiets is seker moontlik, daarom sou dit nie onmoontlk wees dat aardwolwe benewens die hoofdis van termiete wel ook aas sal vreet nie.
Om aan aas te vreet is nie kanibalisme nie.
Ambessa
Die volksnaam is dikwels verwarrend - maanhaarjakkals verwys eintlik na die Aardwolf Proteles cristatus wat inderwaarheid die kleinste lewende hi?na is. Net so word die rooijakkals soms die silwerrugjakkals genoem, maar hy bly Canis mesomelas.Danie .243 wrote:...af op 'n maanhaar jakkals vat te lekker staan en vreet aan die dooie witrug jakkals. EK weet dat maanhaar en witrug nie direkte familie is nie, maar albei is mos jakkals, canis? Is dit dan ook kanibalisme?
Enigiets is seker moontlik, daarom sou dit nie onmoontlk wees dat aardwolwe benewens die hoofdis van termiete wel ook aas sal vreet nie.
Om aan aas te vreet is nie kanibalisme nie.
Ambessa
Last edited by Ambessa on Fri Jun 11, 2010 12:18 am, edited 1 time in total.
-
BOMA
Re: Witkwasjakkals
Hallo almal
Ons het so 600ha plasie naby Nelspruit en ek het omtrent so 10 witkwaste hier by my.Ek kan verseker nie praat oor die kleinvee nie maar ek het eerlik nog nooit een van die jakkalse gekry wat die Rooibok of Duiker lammers gevang het nie.Dis ook waar ons sien hulle bedags meer as saans en ek het hulle ook nog nooit gehoor roep soos die ander nie.

Hallo Boma
Ambessa
Gooi dalk 'n foto of twee. Hou hulle fyn dop en laat ons weet van hulle dinge. Loop hulle in pare?BOMA wrote:...omtrent so 10 witkwaste... ...nog nooit een van die jakkalse gekry wat die Rooibok of Duiker lammers gevang het nie... ...sien hulle bedags meer as saans en ek het hulle ook nog nooit gehoor roep soos die ander nie.
Ambessa
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Witkwasjakkals
Oom Taftafjak wrote: Skiet nogal die laaste ruk heelwat van die goed in die Willowmare en Aberdeen omgewing. . Het nie 'n wit pens en duidelike saal nie al is hulle al in die 2-3jaar oudedoms groep en kom soos die Skim in.
Ek weet dit is meer as 'n jaar terug wat oom hierdie post geplaas het, maar dis die heel eerste keer wat ek dit lees... Ek het nog nooit hierdie jakkals by ons gesien nie, wat eet hy? vang hy ook lammers? Jammer as ek nou vrae vra wat reeds beantwoord is, maar ek vind dit baie interessant...!
Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
tafjak
Re: Witkwasjakkals
Ponkie
Nee, dit is nie witkwasse nie. Die jakkalse daar by oom Kieth Kroon anderkant die Beervlei het so blekerige kleur(veral in die Kariege op).

- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Witkwasjakkals
Ponkie,Ponkie wrote:Oom Taftafjak wrote: Skiet nogal die laaste ruk heelwat van die goed in die Willowmare en Aberdeen omgewing. . Het nie 'n wit pens en duidelike saal nie al is hulle al in die 2-3jaar oudedoms groep en kom soos die Skim in.
Ek weet dit is meer as 'n jaar terug wat oom hierdie post geplaas het, maar dis die heel eerste keer wat ek dit lees... Ek het nog nooit hierdie jakkals by ons gesien nie, wat eet hy? vang hy ook lammers? Jammer as ek nou vrae vra wat reeds beantwoord is, maar ek vind dit baie interessant...!
Groete
Ponkie
Witkwas jakkals kom in die Oos Transvaal voor.
Eers net in ver oos transvaal maar hulle loop nou al in Carolina en Dullstroom se werled ook.
Hulle het maar vleis soos gewone jakkals.
Muise, voels, insekte en dan ook karkasse.
Ek weet nie of hulle skaap aktief jag nie.
Hulle kom wel net soos die gewone vlekkie in as mens begin roep...
Hoop dit help
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Witkwasjakkals
Oja nou verstaan ek waarvan Oom praat! Daai is vrek skelm jakkalse, ek hou nie van daar gaan jag nie!tafjak wrote: Die jakkalse daar by oom Kieth Kroon anderkant die Beervlei het so blekerige kleur(veral in die Kariege op).
Groetnis!
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Witkwasjakkals
Die Witkwas Jakkals vang definitief skape. n Vriend van my, en bekende in skaapkringe, Johannes Klopper van Ermelo, het so maand terug 7 groot ooie in net meer as n week verloor, en toe n 2 x Witkwas Jakkalse redhanded gevang.
-
henslin
- Sr. Member

- Posts: 401
- Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm
Re: Witkwasjakkals
Naand vriende
My stukkie kennis vir wat dit werd is.
Die witkwas jakkals/sie kom redelik algemeen hier by ons voor. Wat ek kon agterkom is dat hy baie beslis nie die domste van die outjies is nie. Omtrent so groot soos 'n foxterier, baie lig van kleur en dan die redelike lang donker stert met die PVA punt. Nie enige hond wat hom in die digbebosde dele hier by ons sal vang nie. My Irish teriers het nog elke keer hulle name g@t gemaak !! Hy gebruik die wit kwas op spoed weerskante van sy lyf om die honde te 'bluf'. Glo my, hy kan versit - en dit werk. In ons omgewing beskou ons hulle as insek, knaagdier en vrugte vreters. Hulle sal wel aan enige vleisaas wat jy uitsit kom proe. Ek kan nie glo dat die tingerige outjie skape sal aanvat nie.
Heg twee videos van my kamera aan waar hulle my varkvoerplekke bietjie kom bekyk het.
http://s1038.photobucket.com/albums/a469/henslin1/Witkwas%20Jakkals/

Last edited by henslin on Tue Oct 26, 2010 7:00 pm, edited 1 time in total.
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
-
mynhard
Re: Witkwasjakkals
Hallo Almal
Ek het twee witkwasjakkalse met kliente gejag hierdie jaar in Mpumalanga(Piet Retief).Sy slagtande is nie so goed ontwikkel
soos sy rooi neef sin nie.Lank en dun en baie meer gebuig.
Ek twyfel of hulle n skaap sal vang ,n lam wel.
Hulle is ook lief vir neute en jy kry hulle ook baie in Pekanneut boorde.
Hulle het altwee ingekom op hasie en vinnig.My ervaring is dat hy nie so
slim is soos sy rooi neef nie.
Hulle is skaars in Suid Afrika en na my wete kom hulle net in Noord Natal,
Mpumalanga en Limpopo voor.Vir my is dit n baie spesiale dier.
Mynhard

Ek is nog nuut hier by julle en tegnologies agtergeblewe-se my hoe en ek sal probeer.

- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: Witkwasjakkals
Oom Mynhard,
Gaan kyk hier: http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?t=9
Kalahari Groete
Hein

Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Witkwasjakkals
En kyk net hoe drink so witkwas gisteraand in die Kruger water.

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Witkwasjakkals
Het weer in geroep so 2 weke terug naby Dullies... 
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment