Geweer Blou

Post Reply
User avatar
Wilhelm Schultz
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Tue Sep 03, 2013 9:37 pm

Geweer Blou

Post by Wilhelm Schultz »

Goeie middag almal

Ek wil graag weet waar in die Kaap omgewing kan 'n mens jou hele loop en aksie kan laat blou? Of het iemand 'n blou bad wat ek kan huur?

Baie dankie
Wilhelm
Hou die lood in die lug
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Geweer Blou

Post by Gawie(13mm) »

Nee maat, ek weet die WP het verloor, maar nou wil jy darem te ver gaan. ;D

Grappies op 'n stokkie. Morkel en Krause by S&O doen dit en Wildman in Brackenfell het ook 'n bad. Ek dink die kostes is ongeveer R1600.00 vir loop en aksie as ek vir Gerrie Vark hier op die forum reg verstaan het.

Groete,
Gawie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Geweer Blou

Post by Arnold »

Ek is seker Harrison Bros sal dit ook doen, maar S&O is seker die naaste aan Stellenbosch
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Geweer Blou

Post by Pappabeer »

Wilhelm, jy gaan nie n beter ou as Johan Morkel kry om dit te doen nie en hy is op jou deurstoep. Betaal maar die bietjie meer, en jou geweer het die mooiste satyn blou afwerking wat jy kan kry, eerder as wat een of ander Cowboy hom vir n paar honderd goedkoper opfoeter.

Hier was al drade op die forum oor sulke paloekas.

Wat doen jy in Stellenbosch?
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Wilhelm Schultz
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Tue Sep 03, 2013 9:37 pm

Re: Geweer Blou

Post by Wilhelm Schultz »

Gawie. Ek oorweeg swart en wit of oranje en wit ook al want die blou en wit beteken ook maar niks deesdae nie ;)

Goed dankie manne sal gaan uitvind by S&O maar hulle is gewoontlik so besig, en hulle vat maande om klaar te maak met mens se goed. Sal miskien gaan hoor hier by Gun'O'Clock ook.

Papabeer ek is nou 'n 4de jaar BScAgric student by die Universiteit.
Hou die lood in die lug
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Geweer Blou

Post by Pappabeer »

Piet-Skiet wrote:Doen morkel hoe glans blou werk?
Ek is seker hy sal kan
Wilhelm Schultz wrote:Gawie. Ek oorweeg swart en wit of oranje en wit ook al want die blou en wit beteken ook maar niks deesdae nie ;)

Goed dankie manne sal gaan uitvind by S&O maar hulle is gewoontlik so besig, en hulle vat maande om klaar te maak met mens se goed. Sal miskien gaan hoor hier by Gun'O'Clock ook.

Papabeer ek is nou 'n 4de jaar BScAgric student by die Universiteit.
Ek het ook daar geswot. Lekker dorp

Ek sal jou ten sterkste afraai om binne n hondert meter van Jacques Arzul by Gun O'Clock te gaan met n geweer. Ken die ou al jare en hy het al baie mense se gewere lelik beseer op Stellenbosch.

Gaan dan liewers vir die Harrisons in Durbanville of bel net eenvoudig vir Johan en maak n afspraak. 021 865 2223. Dan mis jy Safari se besigheid. Sê vir hom ek het jou verwys.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Post Reply