Braai wors!
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Braai wors!
Mense hier is nou iets wat my nou al lank pla!!Hoekom is die braai wors in die kettingwinkels nooit lekker nie en ook in baie slaghuise? Dan is dit nogal nr 1 boerewors wat eerste gekom het dan proe die soos kaartbord of hond se gat!? Het die mense hulle smaakkliere begin verloor of weet hulle net nie om boerewors te maak nie!?Ons is tog boerewors nasie en moet tog weet hoe!? Mens wil ook nie altyd jou eie wors eet nie en soek darem bietjie iets anders!?Maar ek word nog elke keer ontnugter!!Is die speserye of die vleis verkeerd wat die mense gebruik of wat of word daar goed in gegooi wat ons nie weet nie!?Robbie weet jou wors is lekker gee tog net asb! die geheim dat almal dit weet!!!
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: Braai wors!
Maruis gaan loer gerus hier, dalk leer jy iets soos ek http://kampkosenwenke.weebly.com/wors-e ... septe.html
http://kampkosenwenke.weebly.com/bilton ... lwors.html
http://kampkosenwenke.weebly.com/bilton ... lwors.html
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Braai wors!
Marius ons het al elders hier daaroor gepraat. Die groot ding kom by die strond wat wettig daarin gegooi mag word. As jy op enige plek wors of nince vir goedkoper as R50.00/kg kry, kan jy weet daar fout. Enige wors met n naam, kameelhout, rooiberg, bosveld, egte plaaswors ens ens ens, mag ek as slagter soja, ekstra vet en water byvoeg. Dit is slegs "Boerewors", wat geen naam het nie, maar slegs as boerewors bemark word, wat suiwer MOET wees.
Pasop vir "braaiwors"!!! Dis die grootste gemors onder die son! Ek maak net een wors, en dis nie Robbie se boerewors
nie, dis net Boerewors, jy betaal my prys, en jy kry kwaliteit, dis maar dit. Ek hou nie ekono wors en mince aan nie, jammer, gaan koop dit maar by n ander plek as jy dit soek, maar soos ek se, kwaliteit het n prys.
Pasop vir "braaiwors"!!! Dis die grootste gemors onder die son! Ek maak net een wors, en dis nie Robbie se boerewors
Last edited by ROBBIE1 on Tue Oct 22, 2013 11:40 am, edited 1 time in total.
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: Braai wors!
Stem saam oor die kwaliteit wors, betaal liewers bietjie ekstra 
Last edited by Frikkiedbr on Tue Oct 22, 2013 12:26 pm, edited 1 time in total.
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Braai wors!
Ja nee daai Championship boerewors proe soos die hond se G*t! Kon nog nooi glo dat dit elke jaar se wenner is nie. Dit lyk my hulle maak hom net vir so 2 weke nadat hy die prys gekry het, dan is dit maar weer terug na wat ever die inhouse slaghuis besluit om in te sit. Solank die label net se dis "championship" wors. Van die lekkerste boerewors wat ek nog ooit geproe het, is Douvoordag Slaghuis in Merweville se boerewors. Hulle lewer in die kaap af elke week.
http://www.douvoordag.co.za/
http://www.douvoordag.co.za/
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Braai wors!
Stem saam oor die "braai wors" my honde wil die nie eers eet nie! Bedoel nou eintlik boerewors braaiwors in die kettingwinkels! Maar dankie Robbie jy het my klaar iets geleer oor die kalmeerdoring ens wors!
-
WILLEBEES
- Sr. Member

- Posts: 370
- Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am
Re: Braai wors!
More manne
Laat ek ook maar my stuiwer in die armbeurs gooi.....
Het baie lanklaas boerewors gekoop, maar die smaaklikste gekooptes onthou ek soos gister.
Dedekind slaghuis in Newcastle
Groenkloof slaghuis Pretoria
Bynes slagtery naby Harties
Laat ek ook maar my stuiwer in die armbeurs gooi.....
Het baie lanklaas boerewors gekoop, maar die smaaklikste gekooptes onthou ek soos gister.
Dedekind slaghuis in Newcastle
Groenkloof slaghuis Pretoria
Bynes slagtery naby Harties
Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A
Sola Gratia ~ Deur genade alleen
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A
Sola Gratia ~ Deur genade alleen
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Braai wors!
Marius ek maak elke keer 3 soorte wors as ek gaan jag het,sodoende raak ek nie moeg vir dit omdat alles dieselfde is nie.mariusr wrote:Mense hier is nou iets wat my nou al lank pla!!Hoekom is die braai wors in die kettingwinkels nooit lekker nie en ook in baie slaghuise? Dan is dit nogal nr 1 boerewors wat eerste gekom het dan proe die soos kaartbord of hond se gat!? Het die mense hulle smaakkliere begin verloor of weet hulle net nie om boerewors te maak nie!?Ons is tog boerewors nasie en moet tog weet hoe!? Mens wil ook nie altyd jou eie wors eet nie en soek darem bietjie iets anders!?Maar ek word nog elke keer ontnugter!!Is die speserye of die vleis verkeerd wat die mense gebruik of wat of word daar goed in gegooi wat ons nie weet nie!?Robbie weet jou wors is lekker gee tog net asb! die geheim dat almal dit weet!!!
Chiliwors,kaasspekwors en boerewors.
het seker 2 jaar laas wors gekoop.

