Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Vra jou vraag hier en ons verwys dit na kundiges of hoor wat ander ons meedeel.
Post Reply
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by Christo »

Ek het verlede naweek met my 338WM Nosler so bietjie geskiet. Nooit die laaste dop uitgehaal en vanoggend my scope level wil gaan toets toe ek die slot oopmaak en net die agterkant van die dop kom uit.

Klaar gekarring met stukkie draad, hy kom nie uit.

Wat doen ek om hom uit te kry? Is daar veilige DIY plan of nie? Moet ek hom maar geweersmit toe vat, en na wie nabyste ;D aan Ceres. Ek sal hom moet terugkry voor die naweek as ek enige iets wil raakskiet de 2de.

:'( :'( :'( ai my hart is seer.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by Cobus(Cobb) »

Jo Jo, Chris...

My eerste vraag sal wees wat die dop laat breek het??

Ek sal van agteraf, met die slot verwyderd, kyk of jy hom met 'n "easy out" kan tap en uittrek...
Spookpis sal dalk ook help.
Annersins, gunsmith toe met hom...
Sterkte
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by HennieC »

Easy out druk goed oop en sit dan beter vas om dat hul 'n kwaai taper het.
Vat 'n tap wat in die dop begin pas. Weld 'n stukkie round bar aan dat jy van die slot se kant af inkom.
Begin die dop skroefdraad te sny.
Sodra 'n paar drade gesny is kan jy van voor af met 'n houd dowl hom begin uit tik met hamer.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by JPS »

Christo,

My 303 het dit gedoen toe maak ek vir my tool. Het tap en die threader gevat en op metaal rod gemount een wat klein henoeg is.om in qgterkant van dop wat geseperate het in te gaan, al wat jy nou doen is hom van agter te insert en so klein drAi te gee tot hy vasbyt.

Vat nou skoonmaak stok en tik hom liggies van voor van loop af die dop behoort maklik uit te kom.

Ander ops wat ook al yewer het is om ronde vyl te vat wat gaan inpas en dan ook so draai om te gee om vas te bat en dan ook terug te druk soos bo genoem.

As jy nog nie regkom nie stuur.jy mail adres.dan mail ek fotos.

JP
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by JPS »

Hennie sien ons het selfd gedagte.
Nie gesien jy het klaar gepost.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by Christo »

Cobus(Cobb) wrote:Jo Jo, Chris...

My eerste vraag sal wees wat die dop laat breek het??
Cobus, ek dink hulle was net te veel herlaai, ek het 50 Remington doppe gekoop en besluit om 10 te gebruik tot alles uitgesort is. Het reeds paar met skoonmaak weggegooi en nog 2 het krakies gewys na die vorige keer. Seker so 8+ kere herlaai, die krakies het gekom na die eerste keer wat ek hulle weer ge"fullsize" het.

Ek het ook die tap rigting gedink, maar sal Maandag een moet gaan soek in die dorp.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by HennieC »

Christo nog iets wat ander oom vir my gesê het is druk ander patroon in met slot party keer jam hy vas dan kom hy uit saam. Dit kan maar net probeur word dan spaar dit jou ry om tap te koop.
Het dit self gedoen al met PMP dop wat af gebreuk het in my 303
atplay
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sun Mar 18, 2012 12:19 am

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by atplay »

In die veld moes ons plan maak, gooi boresnake van voor af in loop in en trek deur, het al twee of drie keer moes gebruik in die veld met vriend se . 270, mooi gewerk.

My 2c bydrae |-)
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by Martin Marais »

Christo,druk 'n skoonmaakstok met 'n nuwe draadborsel van die tromp se kant deur die loop. Somtyds sit daardie doppie nie baie vas nie,en is die borsel sterk genoeg om dit uit te druk.

Atplay,ek sien ons post op dieselfde tyd. ;) (Great minds think alike)

Groete

Martin Marais
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by DWB »

Vat ñ kleiner kaliber se dop, smeer hom bietjie superglue en druk van agter af in die afgebreukte dop in. Laat hom droog word en tap met skoonmaakstok uit
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by Wielie Waps »

Christo
Ek was ook al in die moeilikheid op 'n plaas met 'n hornet dop wat gebreek het. Al wat ons kon kry was 'n chipboard skroef wat dik genoeg was om in dop vas te sit. Halwe draai om vas te byt en trek uit met Leatherman.
Seker nie die beste raad nie , maar het gewerk op daai stadium.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by Christo »

Ek Superglue gou, sal laat weet, anders more 12mm tap kry.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by Christo »

https://db.tt/woG2QItv

Dankie manne, my gemoed is sommer reg
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by Silent Hunting »

Sjoe, bly jy kon reg kom. Is nie lekker as iets jou "Karma" op voeter nie.....
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by Christo »

Silent Hunting wrote: jou "Karma" op voeter nie.....
Ek was amper in 'n koma, nevermind "karma", sy :laugh: sou nie iets vir my kon doen nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by DWB »

Bly ek kon help
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by spekieries »

Sommer vinnig 'n klomp goeie planne. Wel gedaan manne, 'n boer maak 'n plan. Bly hy is uit Christo, ek moet daardie een onthou.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by LUAN »

Ek het n ronde veil gebruik hy moet net klein genoeg wees dat hy in die nek gedeelte van die dop vasdraai en trek die dop dan uit.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by Jean Marais »

Daai ronde vyl metode werk baie goed. Pel van my se 6mm Musgrave het gereeld so 'n probleem, Die vyl gaan tot al saam veld toe.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
ANDRIES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 353
Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by ANDRIES »

As dit by my op die baan gebeur vat ek 'n tissue of toiletpapier en rol dit op in 'n rolletjie wat ek dan deur die dop druk.As jy 'n geweerstok van voor af in die loop afdruk sit die papier bo-op die dop vas en hy kom dan maklik uit.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by Marc »

Manne dankie vir die deel van al julle ondervinding, ek self bet sommer nou n broek vol planne opgedoen ;D Ek hoop nie ek gaan dit ooit eendag oor kom nie, maar as die gebeur is ek darem nou gewapen en reg daarvoor :)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by junglejulian »

Ek sal bang wees vir die superglue in my geweerkamer.as dit uitloop kan dit n gemors wees om skoon te kry.ek het die week gesien hoe lyk n bedding job wat opgevoeter was.die epidermix het by die voorste skroef deurgedruk tot in die kamer in..die hele geweer moes omtrent uitmekaar gehaal word om skoongemaak word.
Last edited by junglejulian on Mon Oct 21, 2013 9:28 am, edited 1 time in total.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by Piet Pille »

Marc wrote:Manne dankie vir die deel van al julle ondervinding, ek self bet sommer nou n broek vol planne opgedoen ;D Ek hoop nie ek gaan dit ooit eendag oor kom nie, maar as die gebeur is ek darem nou gewapen en reg daarvoor :)
Ek weet darem nie of dit 'n goeie idee is om daai "broek vol planne" en superglue te meng nie.... :o :laugh:
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by Christo »

Dankie weereens. Die ronde vyl wou niks help. Ek dink die kamer was warm en omdat ek die dop ingelos het, het hy met die afkoel vaster gesit as normaal. Daar is 'n bietjie superglue op die magasyn se metaal, maar ek gaan dit nie probeer afhaal uit vrees dat die cerocote kan afkom.

Ek gaan in elk geval vir my 'n 12mm tap kry, just in case the next case got stuck again.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Koot
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Fri Sep 28, 2012 8:10 am

Re: Dit kom van slapgat wees. HELP ASSEBLIEF?

Post by Koot »

Christo,
Remington doppe se nekke is nie sag gemaak as hulle uit die fabriek uitkom nie.
Jy moet hulle sag maak voor jy begin laai en ook gereeld daarna anders kraak hulle nekke sommer gou.
Post Reply