Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Arnold, ek het slegs die noslers gekoop omdat die prys goed was en ek glo vas mens moet 'n goedkoop punt hê om mee te speel. Moenie vasstaar in die hoeveelheid nie. My volgende 3000 punte wat ek gaan koop is Bergers. Die noslers sal ek gebruik vir SA Jagter en CHASA kompetisie, wat regtig nie die BC en akkuraatheid van die duurder punte waardeer nie.
So ja ek sal toegee dit was 'n impulsiewe besluit, maar as ek die noslers min skiet en hulle my 5 jaar hou, dan was dit nogsteeds die geld werd.
Ek was eintlik slegs van plan om die bergers te koop om te begin kyk na raemer ontwerp en die tipiese dopvulling wat ek kan verwag, en of dit prakties sal wees om te laai. Die Noslers is 'n bysaak.
So ja ek sal toegee dit was 'n impulsiewe besluit, maar as ek die noslers min skiet en hulle my 5 jaar hou, dan was dit nogsteeds die geld werd.
Ek was eintlik slegs van plan om die bergers te koop om te begin kyk na raemer ontwerp en die tipiese dopvulling wat ek kan verwag, en of dit prakties sal wees om te laai. Die Noslers is 'n bysaak.
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Weereens, ek beplan gladnie om baie met die noslers te skiet nie. So al hou hulle my 10 jaar is dit ook fine. Dit was 'n finansiele besluit en nie 'n AWESOME een nie.
-
immelmanw
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Ek het nou te koop. 284 WinArnold wrote:Fritz, vergeet asb dadelik van die 7mm Tombi. Nie omdat dit 'n slegte kaliber is nie maar kyk eerder na die 284 Win. Die 284 Win doen alles wat die Tombi kan doen maar jy gaan nie sukkel met doppe nie!!!
Ek dink jy moet bietjie stadiger en gaan navorsing doen. Besluit waarvoor jy die geweer wil gebruik anders gaan jy altyd 'n beter kaliber kan kry. Binnekort bou jy 'n 338 supermagnum wat jy nie kan bekostig om te skiet nie ...
Deffiance Rebel aksie
Jewell HVR Sneller
HS precission bottom metal
Broughton 1-8 palma of light palma loop
B&C A5 tactical (dink dis model) kolf (grys met swart spikkels)
Klaar gebou en convert van parte na geweer
Gunsmith Morkel & Crouse
R40000.00
Nie een skoot geskiet behalwe in SABS.
Frans Snyman se reamer gebruik.
Rede vir verkoop. Kliente skuld ons geld en is "gone"
Groete
Willem
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Daai geweer klink great. As mense eers uitvind wat komponente nou kos gaan hy vinnig verkoop. Maar ek het klaar besluit op die 260. Dankie vir die post! Sal die woord versprei.
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Arnold, hoekom sê jy die Nosler CC's se BC is so sleg? Ek sal saamstem dat hulle nie by die bergers kan kers vashou nie, maar volgens my informasie is die 140gr Nosler se regte BC baie naby aan die Lapua 139 Scenar se REGTE BC. So vir helfte die prys en dieselle BC is dit nie so bad nie.Arnold wrote:Jy wil n AWESOME geweer bou en nou wurg jy hom deur Noslers met hulle "average" bc te skiet. Ek sou eerder die helfte minder skiet en weet elke skoot is awesome as om maar net te skiet omdat skiet skiet is.
Ek het al die 123 en 140gr Nosler geskiet en hulle groep mooi, maar ek het nie my geweer gebou om average te perform nie. Ek skiet min genoeg dat ek die beste vir my awesome geweer kan voer.
Some food for thought ...
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Jy is reg oor die 140gr Noslers en Lapua, maar dit is nie wat jy gekoop het nie. Dit is ook die rede hoekom ek nie die 139gr Lapua sal skiet nie. Teenoor die 140gr Bergers is daar n taamlike verskil en as goedkoper sou ek eerder na die 140gr A-Max kyk.
Volgens my inligting is sie 123gr Nosler dieselfde basiese ontwerp as die 120gr SMK (nie die 123gr SMK nie)
Let ook dat ek nie sê die BC is sleg nie maar ek sê average. As jy doedkoper wil skiet moes jy dalk 6mm oorweeg het?
As ek nou koeëls moet koop sou dit soos volg wees:
140gr Berger Hybrid
140gr Hornady A-Max
130gr Berger Vld
123gr Lapua Scenar
Maar dit is vir my spesidieke gebruik.
As mens na kalibers kyk en vergelyk is dit onregverdig om die beste bc te vergelyk as dit nie is wat jy gaan skiet nie. Die Nosler CC aanbiedinge in 6mm bv skop die 6.5mm aanbiedinge se gat. By die berger is dit nie dieselfde geval nie.
Persoonlik koop ek eerder 500 Bergers as die 1000 Noslers soos wat jy nou gedoen het en my siening is dat niks se pryse gaan sak nie. Die bergers gaan net duurder raak en so ook die Noslers maar ek koop eerder oor n jaar noslers teen die huidige prys van bergers as wat ek Bergers koop te R10/koeël. Dit is maar hoe ek die ding sien en jy is vry om te verskil. Die Noslers het n baie goeie prys en dit is moeilik om verby te hou.

Welkom om te kom loer, maar SOLD. Geluk Chris!Fritz wrote:Daai geweer klink great. As mense eers uitvind wat komponente nou kos gaan hy vinnig verkoop. Maar ek het klaar besluit op die 260. Dankie vir die post! Sal die woord versprei.
-
immelmanw
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Die grootste verskil kom in dat jy kon aansoek doen en oor n maand skiet, wag tot jy deur die application te build proses gaan, DIT IS SPORTS!Fritz wrote:Daai geweer klink great. As mense eers uitvind wat komponente nou kos gaan hy vinnig verkoop. Maar ek het klaar besluit op die 260. Dankie vir die post! Sal die woord versprei.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Willem, jy stel dit baie mooi.
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Arnold. Met die afslag wat ek gekry het, het die nosler my R2.80 per koeël gekos! Waar gaan jy dit ooit weer kry? En dan wil ek verder gaan en sê dat Lapua al hul BC's met 10% ooradverteer. Ons sien dit met die 108 en 139. Die 123gr Scenar gaan dieselle paaidjie loop en sit hom in die nosler se klas. Maar jy is reg, dit is moeilik om verby te hou.
Die ander ding wat jy in gedagte moet hou is dat my behoefte van jou e verskil. Ek is lojaal teenoor my SA Jagter en Chasa skietklubs en woon die kompetisies ten minste een maal 'n maand by. Ek stuur eerder daai R2.80 koeël teen die gong op 300m, as wat ek met elke skoot my beste bergers van R6.50 downrange gooi.
Die ander ding wat jy in gedagte moet hou is dat my behoefte van jou e verskil. Ek is lojaal teenoor my SA Jagter en Chasa skietklubs en woon die kompetisies ten minste een maal 'n maand by. Ek stuur eerder daai R2.80 koeël teen die gong op 300m, as wat ek met elke skoot my beste bergers van R6.50 downrange gooi.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Onthou Lapua het hul BC waardes aangepas. Ek kyk egter na die Litz BCs van die koeëls en nie die vervaardiger se waardes nie.
Ons doel is verseker verskillend!
Ons doel is verseker verskillend!
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Ja ek stem met jou saam Arnold. Ai maar so leer mens nê?
groete
groete
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Willem, sal jy omgee om te verduidelik wat die proses behels? Ek sal baie graag wil weet.immelmanw wrote:Die grootste verskil kom in dat jy kon aansoek doen en oor n maand skiet, wag tot jy deur die application te build proses gaan, DIT IS SPORTS!Fritz wrote:Daai geweer klink great. As mense eers uitvind wat komponente nou kos gaan hy vinnig verkoop. Maar ek het klaar besluit op die 260. Dankie vir die post! Sal die woord versprei.
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Net so vir interessantheid, vir "kortafstande" dink ek nie die 123 Nosler doen te vrot nie. Dis nou as die eksterne balistiese sagteware nie vir my jok nie. Op 600m met 'n 6mph wind is die verskil in windskuif 1.2 duim tussen die CC's en die 130gr Berger VLD. Albei gedryf teen 3000fps.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Ek kry 'n 8.5" verskil ... tussen die Nosler en Berger
Ek mag verkeerd wees in my aannames.
Ek mag verkeerd wees in my aannames.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Die 123gr Nosler se BC moet soortgelyk wees aan die 120gr SMK en glo nie hy is in die klas van die 123gr SMK nie.
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Help my gou uit hier. Ek het die G1 BC van 0.510 vir die Nosler gebruik (ek weet nie wat die Litz BC vir hom is nie).
Ek het 6mph wind 90 grade.
En die berger het ek op die Litz BC van 0.552 gewerk. Ek kry +-1.2" verskil.
Ek het by jou 8.5" probeer uitkom, deur die 0.552 vir die Berger en 0.421 BC van die 120SMK te gebruik. Maar kom nie daarby uit nie. Ek kry 6" verskil.
Hoe het jy by jou antwoorde uitgekom, en hoekom gebruik jy nie die 0.51 BC van die Noslers nie? Op grond van wat sê jy die Nosler se BC moet eerder 0.42 wees en nie 0.51 nie?
Ek het 6mph wind 90 grade.
En die berger het ek op die Litz BC van 0.552 gewerk. Ek kry +-1.2" verskil.
Ek het by jou 8.5" probeer uitkom, deur die 0.552 vir die Berger en 0.421 BC van die 120SMK te gebruik. Maar kom nie daarby uit nie. Ek kry 6" verskil.
Hoe het jy by jou antwoorde uitgekom, en hoekom gebruik jy nie die 0.51 BC van die Noslers nie? Op grond van wat sê jy die Nosler se BC moet eerder 0.42 wees en nie 0.51 nie?
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Dit mag dalk so wees dat die Nosler meer soos die 120 SMK is, maar ek sal net graag wil weet wie die toets gedoen het?
Dis nie dat ek wil stry nie, ek hou net nie daarvan om als op te vreet wat ek hoor nie. Soek feite.
Dis nie dat ek wil stry nie, ek hou net nie daarvan om als op te vreet wat ek hoor nie. Soek feite.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Fritz, toets dit vir ons en laat weet.
Soos ek sê, ek mag verkeerd wees met my aannames.
Die maklikste sal wees om die koeel se vorm met die 120gr en 123gr smk te vergelyk.
123gr SMK = 1.295" lank (internet data)
120gr SMK = 1.180" (internet data)
123gr Nosler = 1.205" (gemeet)
107gr SMK = 1.225" (gemeet)
'n Langer koeel met dieselfde gewig moet mos 'n beter BC hê?
Soos ek sê, ek mag verkeerd wees met my aannames.
Die maklikste sal wees om die koeel se vorm met die 120gr en 123gr smk te vergelyk.
123gr SMK = 1.295" lank (internet data)
120gr SMK = 1.180" (internet data)
123gr Nosler = 1.205" (gemeet)
107gr SMK = 1.225" (gemeet)
'n Langer koeel met dieselfde gewig moet mos 'n beter BC hê?
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Ja ek hoor jou hard en duidelik. Maar die feit bly staan dat dit bloot spekulasie is, en dat 'n fout van 17.5% op die geadverteerde waarde net nie waar kan wees nie. Ek sal hulle maar deur die chrony's moet gooi om regtig vas te stel.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Toets dit en laat weet ons. Hoeveel die BC swakker is weet ek nie maar as jy die geadverteerde BC gaan gebruik gaan jy nie die goed kan reg uitwerk nie.
Gebruik ook maar liewers JBM vir enige berekeninge as jy na die langer afstande kyk, die program werk!
Gebruik ook maar liewers JBM vir enige berekeninge as jy na die langer afstande kyk, die program werk!
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Thanks Arnold. Sal so maak.
-
immelmanw
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Fritz, beste sal wees om vir Terry wat jou geweer gaan bou te vra. Ek het dam al so een of 20 laat bou en die proses het as volg gewerk.Fritz wrote:Willem, sal jy omgee om te verduidelik wat die proses behels? Ek sal baie graag wil weet.immelmanw wrote:Die grootste verskil kom in dat jy kon aansoek doen en oor n maand skiet, wag tot jy deur die application te build proses gaan, DIT IS SPORTS!Fritz wrote:Daai geweer klink great. As mense eers uitvind wat komponente nou kos gaan hy vinnig verkoop. Maar ek het klaar besluit op die 260. Dankie vir die post! Sal die woord versprei.
Kry jou aksie en loop. Eers as jy beide het kan jy begin met die proses. Onthou n loop is nie n geweer nie, daar is slim mense wat dit so invoer maar iewers gaan dit jou in die gat byt.
Nou se jy vir die polisie jy wil die loop en die aksie aanmekaar sit, EERS as hulle toestemming gee begin die bou proses.
As die geweer klaar is gaan hy na SABS proef en vat die geweersmid die SABS sertifikaat En toestemmingspapiere en se nou vir die polisie dat die werk nou gedoen is, die geweer is geproef en dat die komponente nou een is.
Dan wag jy tot dit as n vuurwapen op die polisie se stelsel wys, dan kan jy aansoek doen.
Dit klink seker eenvoudig, in ag geneem hoeveel admin op verskillende tye gedoen moet word,is die kanse baie goed dat die SAPS dit iewers gaan opneuk of iets gaan verloor. Dan is die lekker deel as jy self vir Croukamp begin bel om te hoor waar die "application to build" is. Om hom in die hande te kry is moeiliker as om vir my op die foon te kry!
Anyway, dit bly seker die moeite werd........as jy geduld het!
Elke geweersmid of handelaar se storie sal seker verskil, hierdie was my weergawe.
Groete
- Johan JvR
- Hero Member

- Posts: 617
- Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Ek het darem gevorder tot stap 1 (kry jou aksie en loop).
Toe na 6 maande stuur ek dit maar weer terug. Het nie die geduld nie. Rakgeweer gekoop.
Toe na 6 maande stuur ek dit maar weer terug. Het nie die geduld nie. Rakgeweer gekoop.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Tikka aksie vir 6.5mm ombouing
Ek het ook maar nou 'n rakgeweer gekoop want ek sien nie kans vir daai proses nie. Sal eerder 'n loop vervanging doen op die rakgeweer.