Bosvark Aas

User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Bosvark Aas

Post by iceman1982 »

Hi Manne,
Ek wil graag weet van die manne wat die Bosvarke voer. Ek het gehoor die ouens praat van Hominy Chop wat so dodelik werk. Ek het lank gesukkel om die goed in die hande te kry. Het sommer n paar sakke gekoop en n drom molasse (Corn Candy). Wil nou weet vanaf die ouens wat ken, hoe presies n mens die goed aan maak. Wat gooi ek by, van wat, en hoeveel. Hoe lank het dit dan nodig om te staan en so.

Danke Voorbaat,
Groete
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Bosvark Aas

Post by Geno »

Wat al vir my gewerk het is 25kg mielies, 10kg honde pille, 5lt suur melk, 2 pakkies gis, 5kg maroek en water, meng alles, sit in 'n drom in die son todat hy lekker vrot en voer elke dag of twee so klompie. Maak dit net toe met blare/sand anders eet die ape en voels alles op.
Anders moet jy vir Freek vra, hy's 'n mamba as dit by bosvarke kom.
Ek het ook tussen Adelaide en Fort Beaufort gesien hoe bosvarke aan 'n waterbok karkas vreet.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Bosvark Aas

Post by iceman1982 »

Dankie Eugene,
Ek het begin met mielies gemeng met bier, suiker en yeast. Die v arke het die eerste paar aande  gevat maar lyk amper asof hulle moeg raak vir die goed. Wonder of ek n botteltjie Eno's lanks die pit moet sit? Het al gehoor van hierdie Hominy chop , so wil hom graag probeer. Anders gee ek jou resepte n go!
Groete
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
User avatar
Theo E
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 333
Joined: Thu Feb 18, 2010 7:44 pm

Re: Bosvark Aas

Post by Theo E »

Hi iceman
Genos recipe sounds very good
I just use plain old chop with molasses put it in a drum with water and let it ferment in the sun you can also add any of Geno mix to it.
good luck
Theo

http://i782.photobucket.com/albums/yy110/theoe1976/pigbait036.jpg
 
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Bosvark Aas

Post by iceman1982 »

Theo E wrote: Hi iceman
Genos recipe sounds very good
I just use plain old chop with molasses put it in a drum with water and let it ferment in the sun you can also add any of Geno mix to it.
good luck
Theo

http://i782.photobucket.com/albums/yy110/theoe1976/pigbait036.jpg
 
Thanks Theo,
What are you're quantiies, how much molasses do you add to how much chop? Chop mass to water ? How long do you let it stand?
These pigs have been raiding a friend of mine's lands, so would like to sort the story out for him.

Thanks for the help so far.
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Bosvark Aas

Post by Jaco Swart »

Theo E...

Gaan daai bosvarke nou net elke aand die kos opvreet of kan ons maar kyk of ons nie een geskiet kan kry nie!!

Groete

Jaco
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
Theo E
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 333
Joined: Thu Feb 18, 2010 7:44 pm

Re: Bosvark Aas

Post by Theo E »

Hi Iceman
i use about 10kg of chop a spade full of molasses throw it in a drum pour water in till all is wet mix it put a lid on it and leave it in the sun for about 3 days.
I cover it with rocks so that the birds and porcupines don't eat it all unfortunately the baboons and warthog will get to it
If they start to eat put the bait out before sun down to ensure that the bushpig get to eat and not the baboon and warthog
DO YOU HAVE A TRAIL CAM ? 
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Bosvark Aas

Post by iceman1982 »

Thanks Theo,
That explained it nicely. Do you put all 10kg out at once? I suppose you start to make the next batch as you put the first batch out?  So that its ready as soon as they hit. Yes , I have a trail cam. Will put it out when I go feed to see whats walking about.

Thanks again...
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
daantjie

Re: Bosvark Aas

Post by daantjie »

Week jou mielies so n paar uur in "shake-shake", Chibuku is die een wat ons altyd gebruik het, werk soos n bom.

Net n ander tip, jy moet sommer voor skemer al sit, soms kom die varke sommer vroegaand al in, seker as hulle n vroee aandjie wil he!  Ons het menigmale te laat gaan sit, dan was die boggers klaar vroegaand al daar en als opgevreet!
User avatar
Theo E
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 333
Joined: Thu Feb 18, 2010 7:44 pm

Re: Bosvark Aas

Post by Theo E »

Iceman
I put out a 20l bucket at a feeding place
If I see that the bait is going to run out I just add more chop, molasses and water to the drum
What daantjie said is true but with the trail cam you can monitor the time they come in, you will find the some feeding at different times by me they first started to eat @ around about  2am for 1 or two days then they were gone for 2 to 6 days  they even came in at sun down again at about 3am
The last time I fed there was a small group of about 7 that came in at 8:30pm for 4 days but did not have time to sit 
Will start to feed next week again will let you know how it goes
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Bosvark Aas

Post by Robert »

Week jou mielies so n paar uur in "shake-shake", Chibuku is die een wat ons altyd gebruik het, werk soos n bom.
Gooi bottel witblitz by en kom die volgende oggend na die naaste watergat. Hulle sal daar le en tiep ;D :D :P

Ek gebruik 25kg heel mielie, 2.5kg suiker, 2kg aartapels(gerasper) en so 50lt water in 'n 200lt drom. Sit deksel op en sit in die son vir so week. Sorg net dat daar 'n gaatjie in die deksel is vir die gas om te ontsnap anders bou jy 'n bom  :'( (gooi goeie skoot voermolasse by so 'n dag voor voer. gooi en skiet dronk varke.

Robert
Oorwining deur opleiding
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Bosvark Aas

Post by iceman1982 »

Manne,
Dankie vir julle hulp. Ek het so ruk terug n DVD op Bosvark jag gekoop. Ek die ou van die DVD gemail en het hierdie terug gekry. Al die manne se goed klink omtrent dieselfde,wat ook al jy uitsit moet vrot. Hier is wat die ou gese het:
"
Hi Marius

Th Hominy chop bait is pretty simple, just pour some into a big 44 Gallon drum (or likewise), add some water and stir till you get a thick paste, continue this until the container is full. If you pour all the homuny chop in at once and then add water you will never be able to stir the bottom. Then just leave this for a couple of weeks (covered) to ferment. It will get a sweet smell to it and be slightly soppy (but will absorb most of the water). Then put a bucketfull out in the evenings at the same place. Cover it with some grass or leaves.
If they are just not taking that bait, then cook up some maize meal and add some King Korn beer to it-that will get them feeding ( but cooking these baits takes time and i sometimes use them just to get the pigs to feed then switch over to the Hominy chop)."

Maar gaan so paar vn julle ouens se reseptes ook gebruik.
Groete
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
daantjie

Re: Bosvark Aas

Post by daantjie »

Net nog n tip wat niemand nog hier genoem het nie, geduld, geduld, en nogmaals, GEDULD ;D  Hulle gee die woord uitgeslaap nuwe betekenis ou maat, jy sal nog sien!  Maar glo my, as jy hulle sien inkom so in die maanlig is dit n belewenis, daar is nie wild wat my hart so vinnig laat klop nie (behalwe natuurlik die langhaar tweebeen weergawe ;D)

Groetnis en sterkte!
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: Bosvark Aas

Post by Nico de Jager »

Jis manne
Ons voer sommer gewone mielies net so, wat ook goed werk is dooie skape of beeste. Sodra dit begin vrot kom die varke van heinde en verre. Dit hang natuurlik af van hoeveel kos in die omgewing op daai spesifieke oomblik beskikbaar is vir varke, as dit droog is en kos skaars vreet hulle enige ding.
Groete
Ribbok
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Bosvark Aas

Post by Gerhard »

Manne het nou die dag 'n donkie uit gesit vir die bosvarke ander kant Thaba...

En toe kry hulle twee luiperds en bruin hyena op die trail cam...  ;D ;D ;D

Nadat die donkie eers behoorlik begin vrot het het hulle bosvarke gekry
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Bosvark Aas

Post by iceman1982 »

Naand manne
Het vandag n drom Hominy Chop aangemaak. Het die chop met water aangemaak en die molasse by gegooi .(Corn Candy).Hy's nou so papperasi. Gaan laat hy nou staan vir n ruk(so 2 weke) voordat ek hom uitvat. Wil net weet van die manne af, terwyl hy nou so staan en gis, gooi ek verder enigiets by? As die water verdamp, gooi ek nog n bietjie water by en roer weer dan, of los ek hom net so uit? Ook, die manne wat by die aas sit, wat is julle ondervinding met die maan en sukses?
Dankie julle
Groete
Marius
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
daantjie

Re: Bosvark Aas

Post by daantjie »

Self dink ek nie die maan helderheid maak baie verskil met of hulle gaan inkom of nie, en dan wanneer deur die nag, want dis maar gewoonlik die laaang wag ;D

Maar as die maan mooi helder is kan jy hulle natuurlik beter sien soos hulle inkom, hang af van hoe "oop" jou voerplek is.  Jy kan "solar" ligte by Makro of so n plek koop, hulle laai deur die dag met sonkrag, en hulle het n sensor wat hulle laat aanskakel as die son sak. Gebruik n rooi of groen filter om die "wit" lig te kleur, sommer met selefaan wat mens vir geskenke gebruik, werk mooi.  Die rooi lig is beter vir jou eie nagvisie.  Nog n tip, vat n verkyker saam, help as die maan mooi helder is, dan kan jy hulle van ver af sien inkom, so draai-draai en stop-stop.  Hulle is baie wakker as hulle na die aas toe kom, maar as hulle eers vreet kan jy maar rustig deur die teleskoop kyk en mooi skoot plaas (ek stel voor bladskoot, hulle is bedonnerd as hy kwes ou maat).  Hulle vreet hulself lekker dik vir oulaas, raserig en niksvermoedend ;D

O ja, ek ploeg bietjie hier met ander man se kallers, alles wat ek weet van bosvark trap het ek by Freek geleer, hy is die meester ;D

Sterkte en baie geduld, hoor!
daantjie

Re: Bosvark Aas

Post by daantjie »

Sorrie net verduidelik met hierdie ligte, hulle moet by jou voerplek staan, of naby, sodat jy die varke by die voer beter kan sien.  Jy sal dalk die ligte so n week of wat moet los dat hulle dit gewoond raak, hulle is baie skugter met nuwe goed by die voer.  Plus jy wil dalk die lig op n fris staander staanmaak, die varke sal sommer teen die ding gaan skuur naderhand en dan breek hulle jou ligte ook nog, deel van die sport van spekskiet! ;D  Hierdie is basies tuinligte wat jy langs jou "driveway" en so aan sit vir mooigeid, as jy wil weet watter ligte om te koop.  Dit hoef nie n moerse ligkol te gooi nie, net so n flou liggie by die voer is reg.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Bosvark Aas

Post by Freek »

Oom Daantjie,

Sien jy het mooi op gelet in die klas... ;D ;D Ek mis die ou jagmaat van my, lekker om saam met iemand iets aan te pak wat dieselfde passie het.

Manne, ek het ook aller hande resepte probeer vir lok aas, op die ou einde van die dag werk mielies, shake-shake, grondbone meel, semels en pattats lekker (ook al 'n rondloper donkie geroer en die vrot karkas het die bosvarke mooi gelok) maar my beskeie ondervinding het geleer dat as jy wild en wakker tekere gaan raak so 'n voerplek 'n duur speel plek. Ek verkies maar om die ding so ekonomies moontlik te bedryf, voer prys speel hier seker die grootste rol. As die mielie prys laag is (onder R900/ton) gooi ek mielies so nie gebruik ek Mielie Maroek (afval produk tydens die produksie van glukose en ruik net soos gewone maroek -koste = R550/ton). Vark se tjend kan hierdie lekkerny nie uitlos nie, mens lok hulle 'n hele paar plase van jou af nader. Enigste nadeel is die goed moet in JHB afgehaal word en vervoer koste kan duur raak as jy v?r bly. Ek laai maar elke keer 'n bakkie of sleepwa vrag as daar plaas toe gery word.

Tydens die winter wanneer die eintjies en veldkos skaars is kom hulle gereeld in voerplek toe, tydens die somer maande raak die besigheid 'n ander storie - kos is dan vollop beskikbaar in veld en is die besoeke by die voer plek meer wissel vallig. Wat beteken dat jy moontlik lang ure in die skuiling gaan sit voordat jy 'n geleentheid gebied word om bosvark te skiet.

Daai lig plan het ek en Daniel vervolmaak omrede ons nie toegang gehad het tot nagsig teleskoop ens. nie, so ons moes 'n plan maak aangesien ons nie net op volmaan aande wou jag nie. Die LED liggies gooi net genoeg lig dat jy die vark se buitelyne deur die teleskoop in die nag kan sien as hy op die aas is - glo my dit werk. Voerplek is dan so 30m vanaf skuiling. Deesdae het die nagsig teleskoop op my roer die LED liggies vervang en jag mens makliker aangesien jy nie die varke kans hoef te gee om aan die vreemde liggies gewoond te raak nie.

Baie belangrik tydens so 'n jag is om 'n geligte skuiling te gebruik wat die jagter toelaat om so 3m bo die grond die bosvarke te kan inwag. Ek het die gevolg trekking gemaak dat hulle nie maklik jou reuk optel in so 'n skuiling nie. Julle kan hier gaan kyk hoe lyk 'n voorbeeld van my jag skuiling www.hunting-chair.co.za Dit is 'n eenvoudige praktiese skuiling wat slegs op een hout paal staan en gemaklik 2 jagters en hul uitrusting kan huisves. Vir die self doen man sal dit nie 'n probleem wees om so 'n skuiling te bou nie.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Bosvarkie
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Thu Sep 30, 2010 11:45 am

Re: Bosvark Aas

Post by Bosvarkie »

Hi Manne

Iceman as jy baie sukkel sal ek jou help met jou voer plek.
Ek skiet so +\- 40 varke 'n jaar met die Boog en geweer dit is nou net met kliente.
Die homuny chop wat jy van praat is die varkies hier in die Oos Kaap nie so lief voor nie
ek weet hulle eet dit wel hier as dit baie droog is wat dit nou wel is.Miskien werk dit vir jou.
Ek voer mielies wat gegis word.Dit werk maar die beste.Jy moet ook maar vir jou feeder probeer aanskaf
of die brandstof sal jou gou dood maak om elke twede dag te gaan voer.Dit is ook wat die meeste jagter so gou laat moet op gee.
Ek het ook nou twee voerpleke met so 15 varke op.Het laasweek twee daar gepiets.Die een was so 55kg
en die ander so 57 kg karkas.Die twee voerpleke kos so R800-00 net aan voer per maand.

Soos ek vir my vriende se.Jou eerste vark gaan jou R5000-00 kos.Dit is nou alle voer en brandstof en die regte ligte met reos (bimmers) en alles.

Stuur 'n PM as jy hulp soek

Groete

Bosvarkie
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Bosvark Aas

Post by baboonstalker »

Hi julle varke,

Werk die voer met hominy chop of gegiste mielies ook vir die europese wilde varke?
Ek en 'n maat wil 'n voerplek opstel vir die wilde varke wat die boere so pla en ek sal bietjie raad waardeer.

(ek neem aan jy moet soos 'n vark dink om 'n vark te uitoorl? ;D)
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Bosvark Aas

Post by Christo »

baboonstalker wrote: Hi julle varke,

Werk die voer met hominy chop of gegiste mielies ook vir die europese wilde varke?
Ek en 'n maat wil 'n voerplek opstel vir die wilde varke wat die boere so pla en ek sal bietjie raad waardeer.

(ek neem aan jy moet soos 'n vark dink om 'n vark te uitoorl? ;D)
Ek wil asseblief saam..............
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Bosvark Aas

Post by Monrique (SJ) »

Christo dit sal darem wragtig lekker wees! Groetnis SJ
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Bosvark Aas

Post by baboonstalker »

Julle sal eers julle vark "credentials" moet wys! ;D
Ek sal julle laat weet as ons plek het.
As iemand dalk weet van manne wat las het van die otters kan julle ook gerus maar laat weet, ons help graag!
Pieter

PS. ek maak 'n wilde vark thread oop sodat ons nie van die punt afdwaal hier nie.
http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?t=3
Last edited by baboonstalker on Fri Oct 08, 2010 8:36 am, edited 1 time in total.
Bosvarkie
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Thu Sep 30, 2010 11:45 am

Re: Bosvark Aas

Post by Bosvarkie »

Hi Julle

Net so iets vir die varke jagters
Onthou altyd hier om te help

Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image

Groete

Uit die bos
Post Reply