Boretech Copper Remover

Post Reply
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Boretech Copper Remover

Post by JohanvB »

Ek het een van daai geriffelde "jags" waarom jy die lappie draai en dan die "muti" opsit en deur die loop stoot...

Nou, die "jag" is mos van bras gemaak nie waar nie...maar as ek die Boretech op daai lappie sit en dit syfer deur na die "jag" is die lappie sommer klaar blou...so nou weet ek nie of daar koper is of nie in my loop nie en of dit die "jag" is wat die blou kleur afgee nie...

Hoe maak julle?
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Boretech Copper Remover

Post by alecjohnson »

Die "jag" is brass nie koper nie. Ek het dit gebruik voor M98 ontdek is. Dit behoort nie te verkleur nie. slegs as dit deur die loop gestoot is moet dit verkleur.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Boretech Copper Remover

Post by JohanvB »

Hallo Alec...wel dit doen...nou gegoogle, hulle sê mens moet 'n "nie" brass "jag gebruik..nou waar kry ek dit??
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Boretech Copper Remover

Post by alecjohnson »

Soos wat lyk jou "Jag"

Soos die
http://ts4.mm.bing.net/th?id=H.4907976252588331&pid=15.1
of die
http://ts1.mm.bing.net/th?id=H.4970996287866152&pid=15.1

Ek gebruik die tweede prentjie sn (die een wat op die goedkoop geel en grys stok pas.

Die Boreteck het geen effek op myne nie.

Dalk is daar koper op die "Jag" self wat met die boreteck reageer?
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Boretech Copper Remover

Post by JohanvB »

Ja het die tweede prentjie se jag...
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Boretech Copper Remover

Post by JPS »

Safari en outdoor het jags wat nie reageer met koper nie.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Boretech Copper Remover

Post by JohanvB »

Dankie sal maar daar gaan kyk...
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Boretech Copper Remover

Post by alecjohnson »

hoop jy kop reg! As jy wil probeer om die ding oor nag te laat le in van die boretech en kyk wat gebeur :-\
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Boretech Copper Remover

Post by JohanvB »

nee hel, nou nou is daai jag weg oor nag...opgevreet deur die boretech!!
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Boretech Copper Remover

Post by JPS »

Noors ek dink dit is boretech jags, as jy die geel of grys skoonmaak rod.het koop 'n male to female converter wat jy voor op jou skoonmaak rod skroef om die jags te gebruik.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Boretech Copper Remover

Post by JohanvB »

Dankie
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Boretech Copper Remover

Post by PWV »

Noors, spoel die goed, direk nadat jy dit gebruik het, in lampolie (paraffien) af. Ek het 'n ou kruitblik met lampolie en druk sommer die punt van die stok daarin as ek klaar is en vee met 'n ou lap af.

Groetnis
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Boretech Copper Remover

Post by wlm »

Pieter Willem Vorster wrote:Noors, spoel die goed, direk nadat jy dit gebruik het, in lampolie (paraffien) af. Ek het 'n ou kruitblik met lampolie en druk sommer die punt van die stok daarin as ek klaar is en vee met 'n ou lap af.

Groetnis
Die wenk hoort mos ook by "gadgets"?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Boretech Copper Remover

Post by Capt. Yoda »

Die bortech jags het n male draat wat jy moet inskroef.Ongelukkig is die meeste skoonmaak stokke (parker-Hale tiepe) hier by ons ook met die male draat op so hul gaan nie in/op draai nie.
Safari verkoop die Boretech jags en borsels maar ek het vir my die female-female/male converters wat op die male draat van die stok in draai en dan die boretech jag/brush vat van america in gevoer
http://www.sinclairintl.com/gun-cleanin ... 43842.aspx
http://www.brownells.com/userdocs/products/p_234000078_1.jpg

Safari verkoop so ver ek kan onthou Boretech se rods wat die male draat kan vat maar hulle is mal duur
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Boretech Copper Remover

Post by Eugene »

Ek het een Boretech rod gekoop vir, ek dink, R480 en gebruik hom op al met kalibers en al die "jags" pas op hom! Dit is 'n netjiese duursame stok en vir my was dit die geld werd!
Aim small, miss small
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Boretech Copper Remover

Post by Capt. Yoda »

Eugene wrote:Ek het een Boretech rod gekoop vir, ek dink, R480 en gebruik hom op al met kalibers en al die "jags" pas op hom! Dit is 'n netjiese duursame stok en vir my was dit die geld werd!

R480 is glad nie sleg nie.Ek was seker hul is hier by die R1000
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Boretech Copper Remover

Post by Eugene »

Ja, ek het ook so gevoel en myne werk op die Hornet, 6.5 en 308!
Aim small, miss small
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Boretech Copper Remover

Post by Francois Marais »

Middag manne

Kry hulle by S&O.....Bore Tech se proof possitive jags, hulle gee nie koper af nie.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Boretech Copper Remover

Post by LongWolf »

Brass is an alloy made of copper and zinc; the proportions of zinc and copper can be varied to create a range of brasses with varying properties.[1]

http://en.m.wikipedia.org/wiki/Brass
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Boretech Copper Remover

Post by JohanvB »

Het vir my van die gekry...werk goed..http://www.gicombatsupplies.co.za/news.php?article=313
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Boretech Copper Remover

Post by Capt. Yoda »

Noors wrote:Het vir my van die gekry...werk goed..http://www.gicombatsupplies.co.za/news.php?article=313

Noors het jy dit in Sa gekry en vir Jag gewere?
Ek soek al lank na dit maar kry net vir hand wapen hier in SA
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Boretech Copper Remover

Post by JohanvB »

Wel ek het die 9mm gevat vir my 375 en wag vir die 243/6mm vir my .270, gekry by City Guns..
Post Reply